Page 1 of 1

Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Tue Apr 24, 2018 2:49 pm
by JJV
Hallo
Wil gou hoor, hoeveel % vet sit julle in jul wilds droewors?
Google reken tussen 10-30%.
Ek gebruik skaap vet en verkies dit nie te hard/droog/maer nie.
Dalk 25%?
Ek hoor graag jul opinie.

JJV





Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Tue Apr 24, 2018 2:55 pm
by Supacow
18.785%

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Tue Apr 24, 2018 4:00 pm
by ricus 1
25% is reg vir my. Dan kan jy hom ophang vir droewors ook. Sit net minder water in.

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Tue Apr 24, 2018 4:02 pm
by alecjohnson
Ek gooi 15% vir droog maak en 25% vir braai (baie braai mos nou uit)

Ek verkies skaapstert vir wors en brisket vir maalvleis

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Tue Apr 24, 2018 4:18 pm
by Langeraat
Ek gebruik 20% vet in my droeewors en 30% in die braaiwors. Werk lekker vir my sonder om te vetterig te wees.

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Tue Apr 24, 2018 5:10 pm
by Giepie
My lekkerste was nog so 25% brisket by wildsvleis vir braai en droog. Die braaiwors het ook nie dunner geword nie. Ons hou nie van vetterige vleis nie.

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Thu Apr 26, 2018 10:03 am
by Boesman10
15% vet in braai wors en 20% vet in droe wors

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Fri Apr 27, 2018 9:37 am
by JJV
Dankie almal ek gaan 20-25% probeer sodra die vliee met die groen brille verdwyn het.
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Thu May 03, 2018 11:13 am
by Smit@50
Wat sou julle se is die beste vir braaiwors brisket vet of varkvet ?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Thu May 03, 2018 11:55 am
by 6mmMusgrave
Ons gebruik nooit vet nie. Gewoonlik op so 6 na 7 springbokke se worsvleis maal ons n halwe lam by saam. En dan van dit maak ons braai en droeie wors.

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Thu May 03, 2018 2:36 pm
by Chevvy SS
Smit@50 wrote:Wat sou julle se is die beste vir braaiwors brisket vet of varkvet ?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Vark word galsterig na 'n tydperk, normaalweg 3maande. Indien jy gereeld wors maak, sal dit nie 'n probleem wees nie.

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Thu May 17, 2018 10:35 pm
by Smit@50
Het julle manne al n Maklike manier gekry Om vet vinnig in blokkies te Sny ? As julle het deel asb.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Fri May 18, 2018 3:09 am
by Heinz Petersen
Hou die vet in die yskas. Hoe kouer jou vet, hoe makliker sny dit.

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Fri May 18, 2018 5:39 am
by Pappabeer
Smit@50 wrote:Het julle manne al n Maklike manier gekry Om vet vinnig in blokkies te Sny ? As julle het deel asb.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Gevriesde vet sny maklik met n bandsaag. Anders sooos Heinz sĂȘ. Koue vet en n lang skerp butcher's knife. Ek sny gewoonlik 40kg se vet in blokkies en vakuum verpak dit in 3kg pakke soos ek dit later benodig.

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Fri May 18, 2018 4:49 pm
by Smit@50
Hoe lank kan brisket vet gevries word voor dit nie meer bruikbaar is nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wilds droewors se vleis vet %

Posted: Fri May 18, 2018 4:58 pm
by naas222
My vet sit ek deur mincer.. lekker grof en meng goed in by blokkies vleis