Page 1 of 1

Buffel met 375 h+h

Posted: Thu Sep 29, 2011 8:34 pm
by fanie17
Ek gaan in 3 weke Buffels skiet in Zim.Ek wil my 375 h+h gebruik.Kan iemand met ondervinding my se watse koels ek moet gebruik
Dankie Fanie

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Thu Sep 29, 2011 9:31 pm
by Geno
Oom Faan,
Ek sou voorstel om 270 of 300 grein monolitiese koe?ls soos Barnes-X te gebruik.
Hulle het al baie buffels planke toe gestuur.
Lekker jag, dis 'n great ervaring!

Groete,
Eugene

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Thu Sep 29, 2011 10:02 pm
by tripodmvr
As jy nie Barnes kan kry nie is GS Custom ook 'n goeie roep.

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Thu Sep 29, 2011 10:59 pm
by Nico Harris
ek het ook gehoor die 380gr rhino is bja giftig! sit blykbaar die 375 in n nuwe klas!!!

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 6:57 am
by blaser
tripodmvr
wat se gewig maak gs custom vir die 375

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 7:30 am
by BLOK
Stupid vraag, en nie dat ek van die koels hou vir gewone jag nie maar is dit nie dalk waar die Impala's goeie werk verrigting gaan gee nie. Daai skok effek saam met die solid.

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 8:00 am
by tripodmvr
remington wrote: tripodmvr
wat se gewig maak gs custom vir die 375
Platneus solid - 270gr
HV Holpunt - 265 en 300 vir grootwild

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 8:02 am
by tripodmvr
BLOK wrote: Stupid vraag, en nie dat ek van die koels hou vir gewone jag nie maar is dit nie dalk waar die Impala's goeie werk verrigting gaan gee nie. Daai skok effek saam met die solid.
Impala in my opinie is bietjie lig (200gr) as daar been getref gaan word. Het gekry day\t koeel omklink in BWB se skouerbeen.

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 10:51 am
by Boesman
Hallo Fanie

Sjoe, dit klink verskriklik lekker en ek is skoon jaloers. Het jy nog tyd om ladings te ontwikkel? Alhoewel, hier maak bench rest akkuraatheid nou nie meer saak nie. Ek hou van so swaar as moontlik en so solid as moontlik. Maar as daar nie meer tyd vir herlaai is nie, is ek heel gemaklik met PMP se 286gr Super Solids. Ek het ook baie goeie groeperings daarmee gekry.

Hou ons op hoogte van jou keuse EN van jou jag.

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 11:42 am
by Lourens
Hi Fanie,

As ek jy was het ek 'n 300gr Barnes TSX of die nuwe 350gr Barnes TSX gelaai, geen buffel sal bly staan as jy hom in die vitals stamp met een van daai nie....

net my 2c....

Groete,
Lourens

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 2:32 pm
by Francois Marais
Oom Fanie

Enige van die super softs, Swift A-Frame, of die Rhinos, maar ek sal by 350gr stop, of die Barnes nommertjies, vir n eerste skoot, en dan n paar solids daarna, PMP se solids is heel goed....pasop vir n solid op n eerste skoot, hy skiet maklik deur n Buffel.....

Geniet die jag, en hou ons op hoogte, met n paar fototjies natuurlik.....

Mooi loop
Francois

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 2:40 pm
by Gerhard
Francois Marais wrote: Oom Fanie

Enige van die super softs, Swift A-Frame, of die Rhinos, maar ek sal by 350gr stop, of die Barnes nommertjies, vir n eerste skoot, en dan n paar solids daarna, PMP se solids is heel goed....pasop vir n solid op n eerste skoot, hy skiet maklik deur n Buffel.....

Geniet die jag, en hou ons op hoogte, met n paar fototjies natuurlik.....

Mooi loop
Francois
Goeie raad Francois

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 2:54 pm
by Janjak
Ek sal op die 375 gaan vir Rhino se 340gr en dan n Monolithic Solid soos PMP of Dzombo op bystand.
Daai 340gr loop bietjie stadiger en sal n barshou slaan.

Die Rhino punte wat ek uitgehaal het verloor so 1 of 2 grein en een van hulle was op n buffel se knoppe (met n 9,3x62).

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 6:38 pm
by fanie17
Dankie manne
Ek het gedink aan Rhino of n h mantel in 300gr ek sien dat swaarder baie stadig is.Miskien sal 350 gr nog werk.Het nog tyd.

Re: Buffel met 375 h+h

Posted: Fri Sep 30, 2011 7:59 pm
by Francois Marais
Oom Fanie
Rhino of n h mantel in 300gr
Moet net nie Nosler se Partition vat nie, hulle is n rapsie sag........

Mooi loop
Francois