Page 1 of 1

Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Thu Sep 29, 2011 8:15 pm
by pietjacobs
Naand almal,

Ons het geleentheid gekry om die naweek in Ellisras vir oulaas ietsie te gaan jag. My bekommernis is obviously die hitte. Wat is die beste manier, as jy nou nie 'n koeltrok/wa het nie, om die vleis terug te bring. Ry ons vrieskas saam, skiet, slag, direk in vrieskas en as ons nie 'n vrieskas kan saam ry, is daar enige "tricks" om die vleis te beskerm of is die +-300km Ellisras toe nie te ver om oor bekommerd te wees nie

Of is ons gesaag  :o  :o  :o

Thx,
Piet

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Thu Sep 29, 2011 8:31 pm
by Blackie Swart
Naand Pietjacobs
Ek sorg maar altyd dat ek n klompie lee 2lt bottels het.Maak dit vol water op die boer se plaas en as dit moontlik is dat hy dit vries.Pak die gevrieste waterbottels tussen die karkasse.Ek maak maar my bakkie se kapvensters toe met karton sodat die son nie kan inskyn nie.Dit werk vir my en het al op n slag 1200km in bloedige hitte gery en geen vleis verloor nie.
Groete
Blackie

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Thu Sep 29, 2011 8:41 pm
by langloop
Ek stem saam met Blackie.

As dit slegs ongeveer 300km is, sou ek probeer om die terugtog aan te pak gedurende die koeler tyd van die dag.

Geniet hom!

Langloop

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Thu Sep 29, 2011 9:52 pm
by spekieries
Naand Piet

Ek sien jy is in PvR. Ellisras is so 4 ure se ry. As die boer 'n ordentlike koelkamer het en jou karkasse is goed afgekoel en jy ry vroeg oggend dink ek ook jy behoort nie 'n probleem te h? nie. Karkasse in 'n toe Venter waentjie of iets soortgelyks met gevriesde twee liter bottels sal jou vleis koud huistoe bring. Geniet dit en reguit skiet. 

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Fri Sep 30, 2011 7:40 am
by BLOK
As die karkasse koud genoeg in n koelkamer gehang het en jy ry vroeg genoeg of laat genoeg om die ergste hitte te vermy kan jy net die koue karkasse goed toedraai met koerante en dan komberse om die koue binne te hou en die hitte buite. As jy regtag baie ver wil ry dink ek die waterbottels wat gevries is is n goeie idee om saam toe te draai

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Fri Sep 30, 2011 8:26 am
by Yalair
Los die vel aan en maak koud in koelkamer al wat jy nodig het.

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Fri Sep 30, 2011 1:26 pm
by Coenie (Swift)
+1 Yalair, het al in Desember met Spring en Blesbokke so gery vanaf die Karoo

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Fri Sep 30, 2011 1:47 pm
by pietjacobs
Dankie ouens, die raad sal ek dan volg. Is klaar oppad  :laugh:

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Mon Oct 03, 2011 9:23 am
by pietjacobs
Ons het toe die vel opgelos en alles het mooi afgeloop. Dankie vir almal se raad. Nou het ek darem weer so paar stukkies biltong  ;D Hierso is een van die Roiibokke wat ons geskiet het:

[img width=560 height=420]http://i1214.photobucket.com/albums/cc4 ... ctober.jpg[/img]

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Mon Oct 03, 2011 11:25 am
by BLOK
Piet Vark

Mooi rooibok daai, bly jy het weer biltong waneer stuur jy dat ek jou resep proe ;D ;D

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Mon Oct 03, 2011 12:25 pm
by pietjacobs
BLOK wrote: bly jy het weer biltong waneer stuur jy dat ek jou resep proe ;D ;D
Reel vir ons weer 'n kursus of iets dan maak ons plan of hoe  ;)

Re: Vervoer van vleis die tyd van die jaar

Posted: Mon Oct 03, 2011 12:34 pm
by BLOK
Piet

Ek het hard probeer dat ons nog n tipe kursus kan doen maar lyk my die manne is moeg gejag en kursus die jaar. Sal maar kyk weer later volgende jaar want Jan / Feb het niemand weer geld ni dan help dit ook nie ek probeer reel nie.