Page 1 of 1

SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Wed Mar 28, 2018 2:47 pm
by Wildjagter
Middag Manne

Ek wil asb graag hoor of enige iemand al met een van hierdie te doen gekry het? Hoe is die kwaliteit en vermoƫ vergelykende met iets van soortgelyke prysklas? Veral terugvoer van praktiese toetse van ranging op wild sal baie waardeer word.

Baie dankie

Cobus

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Wed Mar 28, 2018 8:16 pm
by tripodmvr
Loer hier onder. Daar is verskeie plasings oor die Sig.

https://www.longrangehunting.com/thread ... st-1361330

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Thu Mar 29, 2018 8:04 am
by Wildjagter
Dankie oom. Het die web gescan vir reviews en het videos gekyk van reviews, maar het net gewonder of iemand hier nie praktiese ondervinding van een het nie.

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Thu Mar 29, 2018 8:31 am
by 6mmMusgrave
Hi Wildjagter

Pm my jou nommer ek het al van die sig range finderd aan kliente verkoop dan kan jy by hulle uitvind wat hulle dink. Maar almal was nog gelukkig.

Groete Jacques

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Thu Mar 29, 2018 8:44 am
by Wildjagter
Dankie Jacques. PM gestuur

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Thu Mar 29, 2018 9:00 am
by joe rocket
Het al n 8 ton trok wat ry op 1.5km gerange.

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Thu Mar 29, 2018 10:11 am
by ruaanb
Ek het die Kilo2000 en het nou die dag 'n makou op 903m gerange.

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Thu Mar 29, 2018 10:35 am
by Wildjagter
Dankie

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Thu Mar 29, 2018 1:18 pm
by Gian_dP
Ek het ook kilo 2000. Ek kan springbok/vlakvark uit die vuis range tot 850m.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Thu Mar 29, 2018 1:19 pm
by Wildjagter
Bakgat. Dankie

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Thu Mar 29, 2018 8:09 pm
by Capt. Yoda
Julle mam kan duidelik bitter stil staan

Re: SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Fri Mar 30, 2018 11:39 am
by Ockert1992
Hi julle,

Ek het so tydjie terug bietjie die Kilo1250 en Kilo2200 bekyk en getoets.

Volgens my is die Leica se glas en beeld helderheid so kort koppie voor die Sig.

Maar op spoed, maklik range en die Hyper Scan funksie van die Sig Kilo2200 sal ek moeilik die Leica 2000 en 1600 bo hom kies.

Vir R2000 minder is die Kilo1250 bitter goeie waarde vir die skut wat dit net vir jag wil gebruik. Hy het nog geboue gerange tot op 1150m.

Ek het kan egter nie'n opinie lewer oor die Leica 2700 nie. Ek wil hom nog beloer

Groete
Ockert

SIG Sauer Kilo2200 Rangefinder

Posted: Fri Mar 30, 2018 3:59 pm
by LRLaubscher
Ek het n Sig Kilo 2400 ABS
Dis n monster rangefinderZ hy tel springbokke op tot n 1000m. Range bosse en nome tot 1600m En dis in real life condition. Nie laat middag of vroeg soggens waneer die lig en mirage loop nie. Dan range hy tot ander kant 2000m. Die Leica se glas mag dalk net net beter wees. Maar die verskil voel ek is persoonlike voorkeur meer as observasie.


Sent from my iPhone using Tapatalk