Page 1 of 1

Nuut

Posted: Thu Mar 22, 2018 1:00 pm
by Jakes de Beer
Jis manne. Lekker om op so forum aan te sluit - moes dit lankal gedoen het. Ek is maar n gewone jagter wat nou en dan raad soek en ek sien sommer al klaar die is die plek. Lekker dag vir almal.
Groete.

Jakes

Re: Nuut

Posted: Thu Mar 22, 2018 1:04 pm
by Gawie(13mm)
Welkom Jakes.

Nou dat ons klaar blad geskud het kan jy ons vertel waarmee jy skiet en al daai ander vervelige inligting. >:D
Waar in die wereld noem jy "huis"?

Re: Nuut

Posted: Thu Mar 22, 2018 1:11 pm
by Jakes de Beer
Gawie(13mm) wrote:Welkom Jakes.

Nou dat ons klaar blad geskud het kan jy ons vertel waarmee jy skiet en al daai ander vervelige inligting. >:D
Waar in die wereld noem jy "huis"?
Jis Gawie

Ek bly in die Paarl. Skiet met 270 Musgrave en begin nou grand raak met self laai, silencer ens. Sal maar sien.

Groete
Jakes

Re: Nuut

Posted: Thu Mar 22, 2018 1:20 pm
by Viking
WELKOM Jakes...nog n man vir ons .270 bende!

Hou by daai roer en wees trots daarop...!

Re: Nuut

Posted: Thu Mar 22, 2018 1:26 pm
by Jakes de Beer
Viking wrote:WELKOM Jakes...nog n man vir ons .270 bende!

Hou by daai roer en wees trots daarop...!
Baie dankie Viking. Ja nee - ek is mal oor die kaliber, het ook n 243 Sako wat nog sal kom as my Pa nie meer kan skiet nie. Wil nog net een ander kaliber he en dis n 300 Win Mag. Ek stuur vir jou n boodskap op die foon.

Lekker dag.

Jakes

Re: Nuut

Posted: Thu Mar 22, 2018 1:31 pm
by Gawie(13mm)
Nou moet jy mooi dink voor jy die volgende vraag beantwoord.;D
Boishaai of Gim? Landbou en Labori is natuurlik die veilige opsies, maar 'n man met 'n .270 in sy kluis weet hoe om houe te vat. >:D

Re: Nuut

Posted: Thu Mar 22, 2018 1:50 pm
by joe rocket
Welkom Jakes. Gawie Jakes is n stoere
Boishaai ondersteuner. Sy seun in Kleinboishaai. Hy is oorspronklik van die Ooskaap. Ek gaan hom help om die "mincer" aan die skiet te kry. Regte boerseun.