Page 1 of 1

Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 8:55 am
by Vergo10
Dagsê. So met my 20 jaar reunie met my skool maats wil die manne en maninne graag 'n karoo skapie spit. Ek het dit nou goed gedink om sommer 'n springbokkie ook te kry vir spit, maar dit wil voorkom dit is nie 'n algemene gebeurtenis nie. Ek kon net die rooibok en ***vark threads kry en niks anders nie.

Wat is julle opinie van 'n springbok spit, of sal 'n takbok dalk 'n beter opsie wees, die is darem nie te vêr van skaap af nie??

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 8:57 am
by ruaanb
takbok gaan 'n beter opsie wees in my opinie vir so iets.

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 9:02 am
by BenJacobs
Takbok, in my ervaring, is minder wild oom.
Wat ons egter altyd doen met die spit van wild, is om twee pakkie marinade te meng (sparerib en garlic steak). Dan spuit ons dit in die vleis met inspuiting. Oom sal egter meer as twee pakkie moet gebruik.
Groete Ben

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 9:06 am
by joe rocket
Springbok ooi sal mooi loop. Gebruik knorr se italiaanse slaai sous, suurlemoen, growwe swart peper, knoffel en crown se sixgun spice. Jy sal die bok in die koeelkamer al 3 dae voor die spit moet bedruip met slaaisous en suurlemoen. Koop n spuit kannetjie gooi marinade in bottel en spuit ruim 3 keer per dag. Bedek ribbes met tinfoelie op die spit. Moenie vleis te gaar maak nie. Medium rare sal mooi loop. Bedruip bok verder met slaaisous terwyl jy spit.

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 9:18 am
by Vergo10
Twee probleme met die boonste replies....die eerste is die "Oom" gedeelte... :laugh: :o , ek voel nog soos 'n matriek seun... ++>: , maar ek hoor die marinade en paar dae voor die tyd voorbereiding. Tweede probleem is die koelkamer hang deel, as Kaap stadsjapie en die feit dat ek 'n paar honderd km's moet ry vir my wild jag is my koelkamer 'n Defy 482l freezer, sal dit werk om die karkas te laat hang vir 'n paar dae op die plaas, dan vries en dan weer hang vir 'n paar dae voor die spit?

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 9:45 am
by joe rocket
Vries in vrieskas haal uit wanneer tyd vir funksie is en reel met slagter om bok in koelkamer te plaas. Of spit twee lammers dit gaan minder moeite wees. ;D

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 11:06 am
by FHM
Hier is ook lekker wenke http://kampkosenwenke.weebly.com/
(ek sien nie Springbok nie)
Hier is wel n resep vir 'klein wildsbok' waaronder ek glo n springbok ook maar klasifiseer ;)
http://www.boerekos.com/recipe/spitbraa ... marinades/

(hel nou raak my maag dun....)

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 11:46 am
by Vergo10
Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 11:48 am
by FHM
Vergo10 wrote:Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.
Daar het jy jou antwoord - hou op rondkrap en nooi my ook ++>:
Hel ek raak nou honger!!!

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 12:06 pm
by Vergo10
FHM wrote:
Vergo10 wrote:Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.
Daar het jy jou antwoord - hou op rondkrap en nooi my ook ++>:
Hel ek raak nou honger!!!

Ek gaan deur daai webtuistes en jissss dit maak my lus vir braai. Ek was nou amper vir 40 weke op 'n braai dieet by my huis want die vroutjie kon dit nie oor haar hart kry om houtskool te eet nie want sy mag nie medium-rare vleis geeet het nie...gelukkig kom dit volgende week tot 'n einde as die nuweling sy verskyning gaan maak...dan braai ek elke dag en gaan sommer begin met daai volstruis resepte.

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 12:07 pm
by Willeboer
Nou is ok lus vir spit. Het so paar maande terug by n spit iets nuuts geleer. Die braaier het lemon twist koeldrank en aromat mengsel gebruik om skaap te spit. Was lekkerste vleis wat ek al by n spit ge eet het. Springbok spit nog nie probeer nie, maar ylo hy sal vrek lekker wees.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 12:28 pm
by FHM
Vergo10 wrote:
FHM wrote:
Vergo10 wrote:Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.
Daar het jy jou antwoord - hou op rondkrap, en nooi my ook ++>:
Hel ek raak nou honger!!!

Ek gaan deur daai webtuistes en jissss dit maak my lus vir braai. Ek was nou amper vir 40 weke op 'n braai dieet by my huis want die vroutjie kon dit nie oor haar hart kry om houtskool te eet nie want sy mag nie medium-rare vleis geeet het nie...gelukkig kom dit volgende week tot 'n einde as die nuweling sy verskyning gaan maak...dan braai ek elke dag en gaan sommer begin met daai volstruis resepte.

Ja ek het ook begin brompens kry na al daai lekker prentjies van braai kosse op daai links, eishhh

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 12:43 pm
by Viking
FHM wrote:
Vergo10 wrote:Dankie....sal wenke volg. Ek het ook maar gedink om liefs n ekstra skaap te borg, maar die span eet amper nooit wild en ek wou hulle bietjie bederf met iets anders.....klink of skaap spit en size 20 wilds pot die oplossing is.
Daar het jy jou antwoord - hou op rondkrap en nooi my ook ++>:
Hel ek raak nou honger!!!
Dis loshande die beste oplossing!!

Enige spit se sukses hang af van die vleis wat genoeg vet het om oor die vleis te drup terwyl jy spit....daai kite vlieg nie met 'n springbok of die meeste wild nie, omdat die vet in wild "ontbreek".

Enige bedruip sous mengsel is net om te keer dat die vleis uitdroog en om smaak te gee. Die meeste souse kleef aan die vleis en is dikwels geneig om aan te brand.

Kry 'n DIK naald en spuit jou skaap IN met italiaanse slaaisous 'n dag voor die spit en braai met hitte onder die boude en blaaie. Bedek eers die ribbes met tinfoelie anders droog jou rugstring en ribbes te veel uit. maak oop vir die laaste uur en gee dan matige kole.

Die wildspot se sukses is juis die feit dat die droë snitte met genoeg vog in kontak kom terwyl jy die vleis gaarkook. Smaak middels soos Joe beskryf sal goed werk in die wildspot.

Geniet die kosmakery!

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 1:36 pm
by Ds J
Enkele gedagtes:

Springboksenings is taai. Hy het baaaaie tyd nodig om sag te word, verkieslik oor n stadige hitte.

Olie of vet is ook nodig, anders droog hy uit soos n bokom.

Ons laat droee"r wildsoorte gewoonlik drie dae in marinade in die yskas le. Dit sal moeilik wees met n karkassie, maar nie onmoontlik nie.

Vrugtesmake werk goed met springbok.

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 1:45 pm
by Gawie(13mm)
Daar neffens Beauford Wes, by Ko-Ka Tsara, het hul een jaar 'n paar springbokke op 'n staan spit gehad tydens 'n spanskiet kompetisie. Ook ingespuit voor die tyd en goed bedruip tydens die braai. Hulle het die vleis met 'n vurk van die been geskraap.
Kwyl en nou op my foon. ;D

Re: Springbok spit???

Posted: Thu Mar 22, 2018 7:13 pm
by lekkerjag
Probeer gerus streaky bacon wat in balsamiese asyn geweek is, stop dan die springbok met soveel as moontlik bacon. Bedruip dan vleis met n bietjie olie om uitdroging te voorkom. Bedek ribbes met foelie is n goeie plan.

Re: Springbok spit???

Posted: Fri Mar 23, 2018 8:46 am
by andre007
Nou nie juis oor Sbok nie maar wel spit. Moenie tyd mors met daai beesspuite wat mens by die Kooperasie / Apteek koop nie, die goed verstop net die heeltyd. Koop sommer een van daai insekdoder spuitkanne, die goedkoopste wat jy kan kry bv https://www.pricecheck.co.za/offers/834 ... re+Sprayer

Enige fabrikaat werk, sny die Allu pyp op die end waar die spuitkoppelaar sou aankom teen n hoek af soos n spuitnaald sin, met daai dik pyp sukkel jy nie om growwe doepa in die vleis te kry nie, mens maak sommer genoeg aan en stoor dit saam die karkas in die koelkamer en spuit in wanneer jy verbyloop, met daai doepapomp blaas jy daai bok/skaap 2 Bar op!

O ja. Daai Allu pyp is lekker lank. Deel hom in 2, die 1 is dus n naald en die ander het die spuitkop aan, as die vleisie draai gebruik jy jom omkort kort jou doepa op te sproei wat deur n fyn sif gegooi is.

Weetnie van Sbok nie maar het al wel vet Ribbok ooi, Takbok ooi, Skapies en Varkies help maak en eet!

Re: Springbok spit???

Posted: Fri Mar 23, 2018 9:45 am
by Viking
andre007 wrote:Nou nie juis oor Sbok nie maar wel spit. Moenie tyd mors met daai beesspuite wat mens by die Kooperasie / Apteek koop nie, die goed verstop net die heeltyd. Koop nommer een van daai insekdoder spuitkanne, die goedkoopste wat jy kan kry bv https://www.pricecheck.co.za/offers/834 ... re+Sprayer

Enige fabrikaat werk, sny die Allu pyp op die end waar die spuitkoppelaar sou aankom teen n hoek af soos n spuitnaald sin, met daai dik pyp sukkel jy nie om growwe doepa in die vleis te kry nie, mens maak sommer genoeg aan en stoor dit saam die karkas in die koelkamer en spuit in wanneer jy verbyloop, met daai doepapomp blaas jy daai bok/skaap 2 Bar op!

O ja. Daai Allu pyp is lekker lank. Deel hom in 2, die 1 is dus n naald en die ander het die spuitkop aan, as die vleisie draai gebruik jy jom omkort kort jou doepa op te sproei wat deur n fyn sif gegooi is.

Weetnie van Sbok nie maar het al wel vet Ribbok ooi, Takbok ooi, Skapies en Varkies help maak en eet!
Andre007,

Jou plan hoort beslis in die "boer maak 'n plan seksie"!!

So lyk myne...
Vleis spuit.jpg

Re: Springbok spit???

Posted: Fri Mar 23, 2018 10:34 am
by Bennie Bester
More Vergo,
As jy hangplek soek vir springbok, kontak my op 07een28vyf9077.
Groete Bennie