Page 1 of 1
Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 8:20 am
by Geno
Wie gebruik wat?
Ek kyk nogal na die Garmin Tactix Bravo.
Ek dra jare al nie meer horlosie nie, maar my vrou hou vol dat sy vir my een wil koop.
Toe ek nog vet, lui en hopeloos oorgewig was, sou ek met iets soos die Casio G-Shock Mudmaster of Blackout tevrede wees.
Maar nou dat ek so paar kilos afgeskud het en fiets trap dat die rook draai, begin ek neig na iets soos die Garmin fiksheids-horlosies wat met Strava, HR monitor ens. kan link.
Laat weet maar wat jul aanbeveel.
Groete
Re: Fietry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 8:21 am
by DWB
Om vir jou vrou te sê NEE...

Re: Fietry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 8:25 am
by Geno
DWB wrote:Om vir jou vrou te sê NEE...

Dis darm nie haar besluit gewees om te begin oefen nie.
Ek was siek en sonder energie.
Om 'n rant uit te klim vir 'n dag roep of agter 'n ribbok aan was baie werk en moeite.
Ek het sedert Januarie net kort van 2 broek groottes verloor en 9kg sover gedrop net deur suikers, koeldrank en stysels te sny. My gewig staan nou weer stil met spiermassa wat optel van oefening en ek voel sterker en gesonder sedert ek rugby op skool gespeel het.
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 8:31 am
by NicoSmit
Ek gebruik die Bryton gps op die fiets nou nie 'n horlosie nie maar hy doen alles gps link met strava baie nice app wat al jou data vir jou stoor moerse lang batt lewe jy kan 'n power meter en heart rate monitor bylas . gaan google daar is verskeie modelle en dis goedkoper as Garmin
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 8:37 am
by saswart
Dagse Geno,
EK gebruik 'n Garmin Forerunner 35 wat my vrou ook vir my gekry het. Lekker goedkoop en doen die basiese goed (tyd, afstand spoed, ingeboude HR ens). Het 'n app wat baie nice is en baie meer detail gee as die horlosie.
Of die beter een is die garmin forerunner 235. Hy doen als net binne die horlosie (en met app).
En dan as jy skat ryk vrou het kry vir jou die Fenix 5X - Jy sal hom kan gebruik met jag ook met maps wat jy kan aflaai. Ek verstaan ook jy kan soos 'n GPS punt merk (lees bok in veld) en dit later soek met die horlosie. Nie seker of dit so is nie maar iemand dit al genoem by winkel vir my
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 8:48 am
by Kallie Fernhout
Ek het so 3 maande terug vir my die Fenix 5 gekry, prys nogal grof maar n bul van n horlosie en nog nie een dag terug gekyk nie.
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 9:22 am
by PJS
Kallie Fernhout wrote:Ek het so 3 maande terug vir my die Fenix 5 gekry, prys nogal grof maar n bul van n horlosie en nog nie een dag terug gekyk nie.
Ek het die Fenix 3 gekoop toe die 5 nog nie uit was nie. Ek stem dis n bul van n oefen horlosie. Jy kan al die fiets sensors bykoop en ook n strap dra om jou lyf. Sy HR sensor op die pols werk redelik goed as ek Muurbal oefen. Sodra ek fietsry en mens se hand heeltyd gebuig op die handle bar is dan is hy nie altyd so akkuraat nie. Werk steeds baie goed. Ek gebruik myne vir draf, fietsry, muurbal en enige ander sport wat ek doen.
Ek het al baie verskillinde "excercise trackers" en oefen horlosies gehad. Ek sal NOOIT weer iets ander as Garmin koop nie. Dit is nie goedkoop nie, maar die moeite werd. Ek het ook al probleme met een horlosie gehad en hulle het hom vervang.
My vrou het ook een onlangs gekoop vir haar. Die nuwe Vivoactive 3. Hy het touch screen en is ook baie nice. Kan wel nie so baie verskillende sensors vat soos die Fenix reeks nie. Gaan lees wat se DC rainmaker daaroor.
Sy sit op haar fiets (MTB) die ouer model edge wat baie goed werk. Sy screen is lekker groot en mens hoef nie kort kort op jou horlosie te kyk om spoed ens te sien nie. Die edge word vasgesit op die fiets se handle bar en dan kan mens mooi alles sien. Hys is egter nogal duur.
As ek n tip mag gee. As jy besluit het wat jy wil koop dan gaan kyk jy op:
https://www.dcrainmaker.com
Daai ou verstaan van excercise trackers, sensors en oefen horlosies. Hyt het die high end omtrent al almal getoets.
Sterkte en well done met die gewigsverlies dis nie maklik om so baie af te gooi nie. Dis harde werk.
Mooiloop
PJ
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 9:36 am
by LoopSoosStroop
Aan die onderkant van die $$$ spektrum doen my Tomtom baie goeie diens, maar ek gebruik hom net vir hardloop, dra 'n R250 Xonix res van die tyd.
As mens eers data begin oplaai op Strava raak dit so effens verslawend.
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 10:40 am
by Vasbrand
Gebruik self n Garmin Fenix 3. Baie nice horlosie en hy is redelik "rugged". Mens kry gereeld goeie specials op die fenix 3 vandat die fenix 5 vrygestel is.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 10:42 am
by Bravo1
Geno, die Forerunner reeks is puik! Goeie waarde vir geld en daar is taamlik beskikbaar op die 2e hande mark ( bike hub en self google). Ekt n ou multisport nommer wat ek gebruik vir open water swims, hardloop en fietsry....was lekker goedkoop en werk mooi[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201803 ... 5ca07b.jpg[/IMG]
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 11:15 am
by Stephan86
Dan is daar altyd Suunto om oom na te kyk. Ek het die Ambit 3 wat uitstekend werk vir al my sporte, plus hul het die beste battery leeftyd. Ek gebruik dit ook vir jag en visvang. Suunto het die Traverse wat ook gebruik kan word vir Sport ma sy fokus is meer op buitelewe aktiwiteite.
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 11:30 am
by Yogi
Ek het nog die Garmin Fenix 1, Baie nice. sou sê hy ismeer rugged as my Casio GShock, gebruik hom vir draf, maar hoofsaaklik gekoop vir die jag. As jy bok geskiet het, merk die punt, of die kamp of die bakkie ook, veral as op nuwe plase in die berge jag. Dan kan jy sommer gou kort pad kry na jou waypoints. Kan jou routes en stap afstande, hoogte, lugdruk ens. volg. Die Fenix 5 is natuurlik tonne beter en as ek kon, hom more gekoop, maar mamma slag my af. Sy battery hou my heel dag in GPS mode en +- 30 dae gewoon.
Sou die garmin baie sterk aanbeveel.
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 11:54 am
by Basjan123
Hou in gedagte as jy fiets ry is die horlosie om jou arm en die skrif begin kleiner raak soos die ouderdom intree. Indien jy na iets soos die garmins of soortgelyk kyk, wat voor op die handle bars mount , kan jy net deur af te kyk al die nodige data sien, as ek moeg is en single track ry verkies ek albei hande op die stuurstang. Kyk of jy nie iemand kan kry wat jou albei kan leen en toets nie. Dit is 'n groot uitgawe om aan te gaan. Ek kan jou op 'n paar sites sit wie se pryse billik is. Gebruik ook daai dc rainmaker link daai ou maak uit van die tipe goed!!
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 11:58 am
by Geno
Dankie vir almal se insette!
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 12:56 pm
by Apie
Ek hou van die Suunto Ambit 3 Peak
Baie lang battery lewe.
Die Garmin's het beter UI so dis maar moeilik
Re: Fietsry en algemene computers/horlosies
Posted: Tue Mar 13, 2018 7:26 pm
by JJV
Kyk Polar V800, Polar was die mense wat die storie begin het.
Sent from my iPhone using Tapatalk