Leer my van bosvarke asb!

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Leer my van bosvarke asb!

Post by James Wilson »

ek wil al lankal bosvarke skiet. ek skiet gereeld vlakvarke en ek dink ek het n redelike ervaring van hulle en hulle gedrag in my wereld opgedoen.  ek geniet dit egter baie om varke te skiet en sal graag wil bosvarke begin skiet. ek hoor soveel stories oor die b/varke. hulle is glo vreeslik agresief en so aan en so aan. party mense le hulle voor ander jag hulle op die voet. die een algemene storie is dat almal dit as n reuse avontuur ervaar en baie geniet. verder het n baie swak jagseisoen agter die rug. ek weet nie eidelik hoekom ek die jaar so min gejag het nie, maar toe ek weer sien was die seisoen verby. nou verstaan ek die manne jag die b/varke die hele jaar?

ek is baie lus om iewers vir my so jag te boek en kyk of ek paar van die varke te kan omdop.  ek wil egter nie onvoorberei daar aankom nie. so die aspekte wat nie vie my bekend is nie is onder andere:

- waar kom die varke voor
- tipies die afstand waarop die varke geskiet word, ek kry die idee dis naby skote waarop jy skielik moet skiet
-min kaliber benodig
-is dit oorwegend nagskiet
-is dit oorwegend voorsit of te voet

ek beplan om my 308 met 180grn te laai

dankie tog!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Gerhard »

Daar is baie manne hier wat meer van die onderwerp af weet as ek...

Maar,

Jy kan breed glimlag as jy een skiet...

n Paar is nie so maklik nie... lol

Praat met Henslin en Nico Harris.

Ek sou s? hulle is die van 2 eksperts op die gebied as ek nou so vinnig dink.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Rasmus »

Jagbehep

Dit verskil maar van plek tot plek. Die varke kom bitter wyd voor toe ons die eerste keer gaan probeer het was dit Lydenburg se wereld ander dag gehoor die manne skiet al in Bronkhorstspruit en ook Secunda :o

As jy hom op die voet raakloop is jy bitter gelukkig, maar daar waar hulle nie baie gepla word nie gebeur dit tog. Vroeg oggend voor sonop en laat middag.

Dan kan jy hom op n voer plek skiet voorsit metode, met volmaan of as jou voerplek belig word enige tyd, die varke raak n lig vinnig gewoond. Ander manier is met honde, as jy weet waar die varke loop dan soek die manne vroeg oggend spoor en laat die honde dan los op die spoor. Die honde jaag die varke uit of keer hulle vas.

Hier moet jy die regte manne ken hulle nooi nie sommer enige man nie.

Afstande redelik naby tot ver afhangend van terrein.

Kaliber............... My swaer het nou die dag n groot sog met die 223 geklop, maar die groter 30 kaliber gunne werk eenvoudig beter daar is nie altyd tyd vir mooi skiet nie.

Nag of dag afhangend van waar jy skiet.

Soms kry jy n klomp ander kere een een.

Die varke kan aggresief raak, maar in my opinie slegs as hulle vasgekeer word. Daai tande is bitter skerp en moer gevaarlik iewers op die forum is n foto van n persoon wat getand is deur n vark. n Paar honde is ook al honde hemel toe agv die varke.

Dit bly n bitter lekker jag of dit nou oor honde is of voorsit dit is verslawend.

Vat juis komende donderdag aand my pa uit hopelik kan ons bietjie weer varkvleis kry..
Last edited by Rasmus on Mon Sep 26, 2011 3:23 pm, edited 1 time in total.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by BLOK »

Nou toe James

Reel vir ons n trippie ek sal ook laaik van daai varke stamp. Ek dink nogal dit is n bilewenis om met so pak honde die ding te doen of so nag voorsit by die voerplek.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Gerhard »

Blok,

As daai honne begin gesels in die suiker riet raak dit sports.

Man moet maar hardloop fiks wees voor jy dit try.

Voorsit by voerplek is weer iets heel anders maar die adrenalien skop net so lekke soos wanneer jy met die honne besig is...

Is net so verslawend in dien nie meer as jakkals jag...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by DWB »

Praat bietjie met Andy ook, hy ken van.

Kyk gerus Ghosts of darkness en Africa Boared, dit maak 'n man lekker lus.

http://www.safari-vision.com/
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Bosvarkie
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Thu Sep 30, 2010 11:45 am

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Bosvarkie »

More

As julle manne sal Oos Kaap toe ry kan ek altyd iets reel voorsit of met honde ;D

Kyk na van die fotos wat ek gepost het by Crop and other damages.

Groete
Bosvarkie
Last edited by Bosvarkie on Tue Sep 27, 2011 7:34 am, edited 1 time in total.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by theedge »

Bosvarkie wrote: More

As julle manne sal Oos Kaap toe ry kan ek altyd iets reel voorsit of met honde ;D

Kyk na van die fotos wat ek gepost het by Crop and other damages.

Groete
Bosvarkie
Bosvarkie waar in OosKaap is jy
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by James Wilson »

Ok, dankie vir die terugvoer. So waar in die land is bosvark jagte beskikbaar?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by BLOK »

jAMES

Lyk my ons sal n span moet opmaak en by Bosvarkie in die ooskaap moet gaan draai. Dan doen ons sommer n voorsit en honde jag dink dit kan nogal lekker wees.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by James Wilson »

Blok, wat beteken dit vir die pad vorentoe? Reel ons dit deur wie? Wat is die kostes? Ek bedoel om te se dat ek vErwag niks verniet nie, ons saL betaal vir die vooreg.      O ja ek hoor daar is al van die varke in Ligtenburg se werelde. Ek bedoel nou nie Wouter is n bosvark nie. Voor die bosvarke nou weer kla.  lol!!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Rasmus »

Jagbehep

Waar bly jy? In Lichtenburg se wereld weet ek daar is van die europese bosvarke wat uitgekom het. Hulle is van daar tot in Ottoshoop.

Ons is in Middelburg ek moet nog my hide bou maar voer al lank.

Groete
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by BLOK »

James

Bosvarkie het mos nou genoem as ons bereid is om na sy kant toe te ry kan hy dit vir ons reel. Ek gaan nou gou PTA toe maar sal hom more n pm stuur. Soos jy se ons verwag niks verniet nie maar wil nou ook nie n bosvark plaas koop nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by BLOK »

Rasmus

Ek is in Potchefstroom en James (jagbehep) bly in Christiana, as jou hide op is by die voerplek gaan jy dan net self jag of ook ander soos ons uitvat. (Teen vergoeding natuurlik)

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Bosvarkie
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Thu Sep 30, 2010 11:45 am

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Bosvarkie »

Hi

Ek is in Port Elizabeth julle moet net praat dan begin ek gou 'n nuwe voerplek.

Groete
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Rasmus »

Blok

Die plan is om mense te vat.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
300Winmag

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by 300Winmag »

;D Het diesel - kan ry!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by James Wilson »

Rasmus wrote: Blok

Die plan is om mense te vat.
o hel, dan sal Blok nie kan gaan nie. 8)
Bosvarkie, dankie vir jou aanbod, jy is n bietjie ver. dankie nogmaals

Rasmus, is ny nou Middelburg TVl?  klink of ons gaan besigheid doen.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Rasmus »

Middelburg Transvaal ja
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by BLOK »

NOu daar is hy James

Sit ek of jy die bal aan die rol, wie reel met Rasmus en wanneer sal jou pas jy weet mos hoe is ek val net in die jag seisoen is mos nou kla.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Rasmus »

Hier kom n ding........... ;)

EK sal bietjie fotos neem van die huidige setup. Ons het al n paar varke daar geklap. Op die stadium is dit nog n plaas setup, maar vir die wat nie daaroor worry nie kan dit werk. Dit kan ook in n lekker kuier ontaard...................
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by James Wilson »

klink na my soort plek. ag vir die fotos
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by BLOK »

Rasmus

Klink baie lekker sit fotos dat ons kan sien man. Jy moet ook vir ons laat weet waneer pas so jag jou dat ek en James kan begin reel.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by Rasmus »

Maklikste is rondom volmaan dan is daar baie natuurlike lig......

Daar is egter n lig by die voerplek en hy pla vark se kjend glad nie. Laat ek bietjie kyk hoe loop die voerdery en die kamera opsit dan praat ons.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Leer my van bosvarke asb!

Post by BLOK »

Rasmus dit klink lekker laat weet net
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply