Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post by Geno »

Middag manne.

So gaan ek mos die naweek om 'n vriend te help sy eerste koedoe jag.
Op die plaas aangekom, is daar 'n PH (Met 'n PHASA keps op sy kop nogal) en 'n lokale klient (Rykgat konstruksie man van Bloemfontein af). Die einares van die plaas het nie een van die twee groepe laat weet van die dubbel-bespreking nie. Ons was nie tevrede met die reelings nie, maar nou ja, ons is nou hier, kan netsowel probeer.......

Die ander groep was vir 3 dae op die plaas, maar kon nie daarin slaag om 'n koedoe te skiet nie.
Die klient wou spesifiek 'n 60 duim bul skiet.

Nou hier is waar die siel-verkoop inkom:
Hulle het selfs in die aand met jagligte rondgery en koedoes gesoek. Is dit hoe waardig 'n bul van daai kwaliteit en klas moet vrek?????
Nou wonder ek: Sou hulle een geskiet het, wat sou hy vir sy ander maatjies vertel van die moerse 60 duim koedoe wat teen sy muur hang? Sou hy eerlik vertel dat hy hom in die nag geskiet het, of sou hy lieg en vertel van 'n helse bekruip sessie, son wat hom gebrand het, blase op sy hakke geloop in daai sand en dorings wat sy arms flenters gekrap het???????????????


Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post by James Wilson »

soos watse tipe ou het hy gelyk?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post by Geno »

My eerlike opinie, die PH en die klient het altwee soos die eerste tipe gelyk.......
Goed, beter, 6millimeter!
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post by Vlakvark »

Geno

Die einares van die plaas  is dit Koka #### Beestekraal
Image
Image
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post by Geno »

Vlakvark,
Nee mater, dis naby Roedtan.....
Goed, beter, 6millimeter!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post by Beretta »

Geno
Dink net as jy uit die bakkie geklim het met jou pers no sou julle die plaas dalk vir julle self gehad het ;D ;D ;D.Ek moet se dit is baie bad as so iets gebeur.As ek julle is vra vir n refund.
Beretta
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post by G-force »

60" Koedoe in die aand met spotlight is reg man.......maar dan moet jy hom bekruip en keel af sny met n okapi.Dan kan jy seker brag.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post by BLOK »

G-force stem op daai een

Beretta of dit of Geno het nou te seer gehad om die storie te kom vertel

Geno

Ek het n idee wie daai manne is het al voorheen van hulle jagterye gehoor. Ek dink persoonlik dit is meerendeels dan die wildsplaas bestuur wat blameer moet word en nie die klient nie. As hulle dit toelaat is daar soveel ander manne wat ook vir dit gaan swig en dit is baie sleg in die algemeen vir die hele jag bedryf. Om die tipe jag hok te slaan sal ek voorstel laat weet die nodige partye daarvan om dit stop te sit.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Siel verkoop vir 'n sestig-duimer

Post by Beretta »

Blok
Dalk was daar n sy kous wat geleer het ;D ;D
Beretta
Post Reply