Page 1 of 1

Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 12:05 pm
by Chris (vdB)
Dagse julle

Ek het asseblief julle advies nodig. Ek wil graag die jaar n' Gemsbok vel laat looi. Hoe moet mens te werk gaan as voorbereiding voordat jy die vel aflaai by die taxidermis. Kan mens die bloed af was van die vel sou daar op die vel kom. En hoe gemaak met die stert. Moet die stert aan die vel gelos word

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 12:36 pm
by Apie
Chris (vdB) wrote:Dagse julle

Ek het asseblief julle advies nodig. Ek wil graag die jaar n' Gemsbok vel laat looi. Hoe moet mens te werk gaan as voorbereiding voordat jy die vel aflaai by die taxidermis. Kan mens die bloed af was van die vel sou daar op die vel kom. En hoe gemaak met die stert. Moet die stert aan die vel gelos word
As jy dettol het was dadelik die bloed aan die haarkante af nadat jy jou fotos geneem het.


Ek was/spoel n vel in dettol oplossing en gooi oop en sout dan dik met growwesout.

Vou tou net voor jy ry en moenie in toe plastieksak los nie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 12:39 pm
by Chris (vdB)
Dankie Apie, en daai stert?

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 12:41 pm
by Apie
Chris (vdB) wrote:Dankie Apie, en daai stert?
Hy bly natuurlik!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 12:44 pm
by Chris (vdB)
Apie wat kos so Gemsbok vel se looi daar in julle geweste. Ek het n' prys gekry van R940 hier in Bloem. Is dit billik

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 1:01 pm
by Apie
Klink reg!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 1:02 pm
by Chris (vdB)
Dankie vir al jou raad

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 1:05 pm
by Viking
Apie wrote:
Chris (vdB) wrote:Dankie Apie, en daai stert?
Hy bly natuurlik!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Chris,

Die stert MOET uitgetrek/geslag word tot sover moontlik...dis net die KWAS gedeelte wat natuurlik bly. Anders gaan die brommers en maaiers jou kom besoek!!

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 1:25 pm
by Apie
Viking wrote:
Apie wrote:
Chris (vdB) wrote:Dankie Apie, en daai stert?
Hy bly natuurlik!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Chris,

Die stert MOET uitgetrek/geslag word tot sover moontlik...dis net die KWAS gedeelte wat natuurlik bly. Anders gaan die brommers en maaiers jou kom besoek!!
Net so!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 1:30 pm
by Chris (vdB)
Dankie Viking, ek sal sorg dat ek by staan wanneer hulle slag

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 3:21 pm
by Nella
As jy n groot genoeg plastiese drom het kan jy n versadige sout /water oplossing maak en die kompleet vel daar in dompel.
Maak seker die kompleet vel is onder water.
Ek sit dan sommer die drom saam in die koelkamer vir so dag of twee en haal dan die vel uit om te laat droog.
So doende kry die hele vel oral sout en verhoed n mens haar verlies .
Gemmie het baie growwe hare en verloor nogal maklik hare as hy nie reg behandle word nie

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 4:51 pm
by Chris (vdB)
Nella baie dankie vir daai raad, ek gaan beslis dit probeer

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Tue Feb 20, 2018 11:22 pm
by Pappabeer
Chris, gemsbok verloor baie baie vinnig hare. Moenie hom sleep vir fotos nie. Rol die dier net daar en dan op n PVC game stretcher of seil en laat n paar man hom op die bakkie laai. Indien hy wel opgetrek word kop eerste, maw saam met die haargryn. Vergeet dan van vêrder rondry en jag met jou bok in die son en maak spore slagkamer toe. Wees dan weereens versigtig dat hy nie sleep as hulle hom ophys met die block&tackle nie, en laat hy dan dadelik geslag, was en sout word.

Na hy gebrei is, plaas hom ook in n vertrek waar hy nie baie voet verkeer oor kry nie, hulle verloor maklik hulle hare so

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Wed Feb 21, 2018 5:03 am
by Chris (vdB)
Dankie vir jou raad Dewald. Ek begin nou wonder of dit nie dalk n' beter plan is om n' mooi Blouwildebees vel te laat brei in plaas van die Gemsbok. Het n' Blouwildebees vel minder haar verlies of is dit ook maar die selfde storie

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Wed Feb 21, 2018 8:39 am
by Pappabeer
Chris (vdB) wrote:Dankie vir jou raad Dewald. Ek begin nou wonder of dit nie dalk n' beter plan is om n' mooi Blouwildebees vel te laat brei in plaas van die Gemsbok. Het n' Blouwildebees vel minder haar verlies of is dit ook maar die selfde storie
Seker die sterkste van alle velle. Ek het een wat on 2006 geskiet is en nog mooi lyk. Moenie skrik vir die gemsbok nie. As jy hom skiet sien dit net dat jou primêre doel n trofee is en berei so voor.

Re: Gemsbok vel looi

Posted: Wed Feb 21, 2018 8:40 am
by Chris (vdB)
Reg so Dewald, baie dankie