Page 1 of 1

Watter tipe Jag / Skiet vereeniging

Posted: Tue Feb 20, 2018 11:00 am
by Boerboel
Ek behoort aan Sadpa en ook aan NHSA,

Maar ek wil nou kyk om aan te sluit by 'n jagters tipe vereeniging. NHSA is great en sal beslis by hulle bly, maar wat lekker is van Sadpa (Idpa) is die saam met ander skiet en die saam leer.

Ek dink daar is veldskiet, en dan die verskillende jagters vereenigings, wat is die verskil en wie skiet uit Rooikraal skietbaan of is naby Alberton / Oosrand.

Wat sal julle voorstel

Re: Watter tipe Jag / Skiet vereeniging

Posted: Tue Feb 20, 2018 11:17 am
by tripodmvr
Ek het in 1995 by SA Jagters Vaaldriehoek aangesluit alvorens al die wetlike vereistes daar gestel is oor nuwe lisensies. Eerstens my toegewyde jagstatus verkry en meer oor jag en die natuur geleer (Ek jag toe al van 1986). Ek het dus 'n groot klomp jagtersvriende deur al die jare gemaak.

Ek het in 1999 op die bestuur van Vaaldriehoek begin dien en is nog deel daarvan.

My redes vir my betrokkenheid is as volg:-

1. Uitstekende organisatoriese opset rakende opleiding, skietoefeninge en ondersteuning van die lede deur 'n permanente personeelkorps.
2. Opleidingsmateriaal wat aan wetlike aspekte voldoen en erken word en ook geskoei is op internasionale standaarde - status van toegewyde jag en sportskutstatus word elektronies op datum gehou.
3. Toegewyde takbesture wat die bal aan die rol hou.
4. Versekering van toerusting en regsaanspreeklikheid as deel van jou ledegeld.
5. SA Jagter tydskrif wat maandeliks ontvang word.
6. Kameraderie en kompetisiegees tussen lede en takke.
7. Onderhou van skietbane en skietgeleenthede.
8. Groot klem op die elektroniese media om jou inligting op datum te hou.
9. Die gevoel dat jy aan 'n groot familie behoort.

Re: Watter tipe Jag / Skiet vereeniging

Posted: Tue Feb 20, 2018 12:22 pm
by Grenslyn
Ek stem volkome saam met Tripodmvr. Ek het in 1999 aangesluit.