Page 1 of 1

Peuter is `n slegte ding!

Posted: Thu Feb 15, 2018 9:00 am
by Johan van Wyk
Hier is `n uitstekende rede hoekom mens nie met ou swartkruit dubbels moet lol nie!

http://auctions.holtsauctioneers.com/as ... &saletype=

Re: Peuter is `n slegte ding!

Posted: Thu Feb 15, 2018 9:29 am
by Johan Nel
Johan,
Ek volg nie mooi nie. Is die wapen verander, of nog oorspronklik. Gewaardeer vir 30 000 tot 40 000 pond. Wat ek lees lyk sy "pedigree" nog skoon, maar hulle verwys na "reproofing" ?

Re: Peuter is `n slegte ding!

Posted: Thu Feb 15, 2018 9:54 am
by tripodmvr
Lyk asof nuwe visier en korrel opgesit is.

Re: Peuter is `n slegte ding!

Posted: Thu Feb 15, 2018 10:38 am
by Johan van Wyk
Dit was oorspronklik `n swartkruit .577 gewees waarvan die kamers langer gemaak is en herproef is na `n Nitro toe. As dit `n Full Monty .577/3"/750-grein/100-grein was sou hy TEN MINSTE 3 pond swaarder gewees het. Baie van die gravering is ook after-market.

Anders as haelgewere gaan gewere gaan nie uit proef uit nie tensy iets baie drasties gebeur soos `n nuwe loop, herkamer, ens, ens, ens.

As dit `n regte .577 was met die resep soos hierbo genoem was hierdie `n GBP70K geweer gewees, enige dag van die week. As hy GBP 30K op die hamer maak sal ek verbaas wees. Iewers is egter `n narcissis wat eendag in die nabye toekoms `n 10,5 pond .577 gaan besit. Hy gaan waarskynlik nie baie met hom skiet nie...