Page 1 of 1

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Thu Sep 22, 2011 3:52 pm
by BLOK
Lyk na n goeie waarde vir geld kopie, veral sonder die paralaks verstellings

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Thu Sep 22, 2011 3:58 pm
by JPS
myne is geboek. ;D

Groete

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Thu Sep 22, 2011 4:06 pm
by Johan JvR
dis nou jammer...ek het al klaar my ou 7x57 kleilat belowe hy kry 'n Nightforce. Dis mos waarmee die top 7 geskiet het  :angel:

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Thu Sep 22, 2011 5:02 pm
by .::Alwyn-U::.
Dolph

Wanneer gan hulle in die winkels wees? Baie bly daar is 'n 3-9x40 nou!

Groete
Alwyn Uys

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Thu Sep 22, 2011 5:29 pm
by Ponkie
Alwyn

Ons ry gou volgende week erens tussen klas uit Safari toe. Ek sal ook baie graag deur hulle wil kyk en ek like dit baie dat Oom Dolph se hy sal geld terug gee as scope nie gelike word nie. Dit vat 'n man om so deal te maak! ;)

Gle egter dat die vorige reviews kop toe gevat was en die feit dat hulle sonder paralaks verstelling uitkom is vir my klaar 'n pluspunt!  :)

ns. Dalk kan oom Piet sy review op die forum plaas, dit sal mos net goeie publisiteit wees??

Groetnis
Ponkie

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Thu Sep 22, 2011 5:40 pm
by MEERKAT
Dolph was by die Boland ope met 'n paar van die telescopes, en eerlikwaar beter waarde vir geld gaan ons ver soek voor. Die scopes is baie helder , die wat paralakse het verstel heel gerieflik.

Dan is daar nog 'n keuse tussen 'n baie besige kruis en bloot die normale kruise.

Sal verseker een koop as Dolph vir my geweertjie gee ;D ;D
Mooi loop en sterkte met die projek

Groetnis
MEERKAT

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Thu Sep 22, 2011 5:47 pm
by .::Alwyn-U::.
Ponkie

Dis reg ou maat ons moet gaan! Ek kyk na die tactical vir my 243.

Groete
Alwyn

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Fri Sep 23, 2011 7:52 am
by Ponkie
Oom Dolph

PUIK review! Dis mos wat 'n man wil hoor! Ek sal beslis na een kom kyk vir my broer. sy cz 30-06 behoort voor Dec goedgekeur te wees.

Groetnis en sterkte
POnkie

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Fri Sep 23, 2011 10:18 am
by Lourens
Ek is sommer baie opgewonde oor hierdie goeie nuus!! Wil juis my Bushnell Elite 7-21 mil-dot wat op my 7mm RM is skuif na my .243 en dan 'n nuwe scope kry vir die 7mm RM. Wonder waar kan ons sien hoe lyk die scopes? EK was vinnig op Rudolph se website, dalk het ek dit net misgekyk? Gaan hulle ook sulke groot verstelknoppe he en gaan die verstelknoppe oop wees of gaan hulle doppies he? Daai TS kruishaar op 'n 3-12x50 lyk vir my na die regte medisyne!!  ;D

Groete,
Lourens

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Fri Sep 23, 2011 10:26 am
by Geno
Dags? Rudolph,

Net gou 'n vraag ivm die volgende op jou website:

http://www.rudolphoptics.com/services/facts.html
Tube Diameter

Most popular diameter is either 1 inch or 30mm.  A large diameter tube collects and transmits more light to the eye.
Ek was altyd onder die indruk dat 'n 30mm buis slegs meer verstellings-ruimte het. Het jy 'n persentasie van hoeveel meer lig 'n 25mm teenoor 30mm buis deurlaat?


Groete,
Eugene

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Fri Sep 23, 2011 11:01 am
by Piet Breedt
Rooijakkals wrote: Ek is sommer baie opgewonde oor hierdie goeie nuus!! Wil juis my Bushnell Elite 7-21 mil-dot wat op my 7mm RM is skuif na my .243 en dan 'n nuwe scope kry vir die 7mm RM. Wonder waar kan ons sien hoe lyk die scopes? EK was vinnig op Rudolph se website, dalk het ek dit net misgekyk? Gaan hulle ook sulke groot verstelknoppe he en gaan die verstelknoppe oop wees of gaan hulle doppies he? Daai TS kruishaar op 'n 3-12x50 lyk vir my na die regte medisyne!!  ;D

Groete,
Lourens
Die een wat ek getoets het, het gewone turrets met doppe op gehad. Die turrets se clicks was ongelooflik positief. Van die beste wat ek nog gesien het

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Fri Sep 23, 2011 1:35 pm
by .::Alwyn-U::.
Oom Dolph

Ek het 'n voorstel, wat van 'n scope wat standaard uitkom met die camo dip? soos Oom se 30-06  (soos ek nou kan onthou)..

Die geweer is ook op die website. Ek wil dit laat doen vir my geweer en toekomstige Rudolph scope toe dink ek net dit sal nice wees as daar 'n model wees wat klaar uitkom met die camo dip.

Net 'n gedagte...

Groete
Alwyn

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Fri Sep 23, 2011 5:23 pm
by JPS
Manne, soos julle weet wag ek mos nou al rukkie vir die scope so toe Dolph my gister kontak en se hulle is hier is myne bestel en betaal net daar en dan, ek het die 4-16x50 met TS reticle bestel.

We'll vanoggend laat weet Dolph my die scope is opgetel en die tracking nommer is deurgegee. Hopenlik lewer DHL more af... Hoop maar maar more is mos vakansiedag :(

Dolph Dankie vir die vlinke diens en die aanbod wat jy ons manne gemaak het.
Sodra ek hom ophet en deur sy passies gesit het gee ek terugvoering.

Groete
JP

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Sat Sep 24, 2011 10:16 am
by Beretta
Rudolph
Ek het n lynx scope hoe gaan ek weet of jou scope beter is as wat ek het.
Groete
Beretta

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Sat Sep 24, 2011 10:25 am
by Rooies
Dolf

Ek wil ook soos Alwyn weet of daai modelle ook in camo beskikbaar is.

groete
reds

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Sat Sep 24, 2011 12:10 pm
by .::Alwyn-U::.
Rooies

Net om my en jou vraag te beantwoord. Ek was guster by S&O gewees en Oom Dolph was daar toe vrae ek hom sommer. Hulle kom nie so uit nie MAAR S&O doen dit vir R400 vir die scope en R900 vir die geweer.

Ek gaan eerste week in Oktober vir my die 4-16x56 aanskaf.

Groete
Alwyn

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Sat Sep 24, 2011 3:42 pm
by Armand Steenkamp
dolph,

Daar is nie dalk n moontlikheid dat die 4-16x56 met parralaks verstelling gaan uitkom nie?

Groetnis

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Sat Sep 24, 2011 3:57 pm
by safric
Armand,

Nie huidiglik in die 1" H1 4-16x50mm model nie, maar dit is wel beskikbaar in die 30mm T1 4-16x56mm model!

Ek wou juis nie 'n paralaks verstelling vir die 1" modelle gehad het nie - daar is te veel ouens (veral jagters) wat dit nie soek nie!
Die paralaks vir al 3 x 1" modelle is ongeveer op 100 meter ingestel en tot op 300meter is daar so te se geen verskil in die kwaliteit van die sig nie!
Met die 4-16x50mm moet jy net die vergroting afdraai as jy wil nader skiet as 50meter!

Groete

Rudolph

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Tue Sep 27, 2011 11:40 am
by wlm
Dolph
Sal kom kyk as ek weer in die Kaap is.
Hierdie reeks kan alle jagters in die klas van eerste vuurwapen-eienaar tot net voor die heel duurste spesialis-teleskope se behoeftes bevredig.
Bou vir ons 'n skoop wat kan "Yellow Submarine" speel terwyl 'n man vir die springbokke sit en wag!
Willistongroete

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Tue Sep 27, 2011 11:51 am
by JPS
Manne,

Gister myne gekry. Kon nog nie die scope opsit nie sal dit in die week nog doen wil net 100% seker maak ringe is perfek gelap. Alles lyk wel heel goed op die stadium. Scope kom saam met 'n pen lens skoonmaker ook.

Groete
JP

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Sun Oct 02, 2011 7:21 am
by Frikjordaan
Sien in die tegniese beskrywing van die Rudolph 1" teleskope dat die buiskonstruksie beskryf word as "intregrated tube".
Baie ander gesien wat verwys na " One Piece Aircraft Alluminium tube".
Sou graag verneem wat die term "intregrated Tube" beteken?
en of daar 'n verskil is tov. struktueele sterkte.

Term is vir my onbekend en weet nie waarna dit verwys nie

Sou wou dink dat 'n teleskoop wat met soveel sorg bedink en vervaardig was verseker ook "in bakkie ry en veld gebruik' in gedagte gehou het, en dat die buiskonstruksie sterk genoeg is vir lang term gebruik met onvermydelike stampe en stote van gewere wat amper daagliks gebruik word.

Vir my belangrik want wil 3-12x 50 Rudolph aanskaf meestal oor die goeie "review en "fov" met lae vergroting, moet kan wyd soek, en versekering van betroubare waarborg.
Baie dankie.
Frik   

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Mon Oct 31, 2011 2:17 pm
by Philip
Rudolph Optics wrote:
Beretta wrote: Rudolph
Ek het n lynx scope hoe gaan ek weet of jou scope beter is as wat ek het.
Groete
Beretta

Ek het mos die aanbod gemaak - koop een en as jy nie van hom hou nie, stuur jy hom terug en ek gee jou geld terug!

Groete

Rudolph
Rudolph,
Ek het die naweek na jou teleskope gekyk en ek gaan jou beslis ondersteun.Jou produkte lyk of hulle die Afrika kondisies kan trotseer.Wat se model sal jy aanbeveel vir my 308 tot so 300m.
Groete
Philip

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Fri Nov 18, 2011 9:03 am
by Frikjordaan
Rudolph.

Is julle van plan om die 4-16 x50 met 1 duim met parralaks fokus in te voer.
.
Sal baie graag na so een wou kyk.
Groete
Frik

Re: Rudolph 1" (25mm) Teleskope

Posted: Tue Dec 13, 2011 3:35 pm
by Stefan764
Oom Frik

Sien Rudolph is seker op vakansie dat hy nie antwoord nie  ;D

Die 4-16x50mm modelle gaan vir eers sonder paralaks uitkom. Soos Dolph gese het, die oorgrootte meerderheid van die mark wat hierdie teleskope koop soek nie die paralaks verstelling nie. Die feit dat hy feitlik paralaksvry is van 100 tot 300m maak ook redelik baie op hiervoor.

Manne ek kan nou se dat die trugvoer op hierdie H1 (die een-duim jagteleskope) net positief is. Kersvader was nou al n hele paar keer hier gewees om enetjie "aan-pa-van-pa" onder die boom te sit hehe  ;D

Groetnis
Stef