Page 1 of 1

.22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 8:12 pm
by Sniper66
Ekt gehoor die .22 Hornet en die 223 se punte is die selfde,is dit waar?

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 8:16 pm
by spekieries
Ja dit is. Die deursnee van die punt is .223 alhoewel my Hornet die .224 punte verkies.

Groete

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 8:36 pm
by Sniper66
Hoekom ek vra is my neef het n laaistel vir sy .22 Hornet en vir sy 243,op sy .22 Hornet koop hy sulke mooi blink doppies met blink punt en rooi tip,ek wil vir my later n dice set kry dat hy vi my van daai mooi partone kan laai,so dan kan ons die punte en kruit se geld deel.

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 8:38 pm
by Christo
spekieries wrote: Ja dit is. Die deursnee van die punt is .223 alhoewel my Hornet die .224 punte verkies.

Groete
Op Pointblank se lys van kalibers is die .22 hornet 'n .223 en die .223 is 'n .224 . Waar is die slimmer manne?

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 8:50 pm
by Pvdw
Ek is als behalwe slim maar het gehoor die ouer Hornets skiet 223 en die nuweres 224. Moet my net nie vra watter is oud en watter nuut nie ??? ??? ;D ;D

Peet

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 8:56 pm
by Sniper66
Sal maar hoor wat die ander se,as dit so is dan kan ek en my die kostes deel en elkeen gaan wen.

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 9:23 pm
by Hein M.
Pvdw wrote: Ek is als behalwe slim maar het gehoor die ouer Hornets skiet 223 en die nuweres 224. Moet my net nie vra watter is oud en watter nuut nie ??? ??? ;D ;D

Peet
Jy is reg. 

The .22 Hornet's ancestry is generally attributed to experiments done in the 1920s using the black-powder .22 WCF at Springfield Armory.[2] Winchester adopted what had so far been a wildcat cartridge in 1930, producing ammo for a cartridge for which no commercially made guns yet had been built. It wasn't until 1932 that any company began selling commercially made guns for the cartridge.

Older guns generally have a slower twist rate of 1-16" (or one turn in every 16 inches (410 mm) of barrel length) for lighter bullets with a .223 caliber dimension. Newer guns feature a faster 1-14" twist for 40 to 45-grain (2.9 g) bullets in the more standard .224 caliber.


Geleen by Wikipedia...

So, as jy 'n ou gun het, kyk wat die twist van die loop is.  Goeie begin om die eintlike kal. vas te stel.



Mooiloop!

Hein

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 9:31 pm
by Sniper66
Hein dis n 223 Voere made in Germany,my pa het hom nuut gekoop in 1982,hoe kyk mens hoeveel die twist is?

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 10:29 pm
by saimportsuplies
ek het die selfde probleem en vrae gehad.
dag se
die ding staan so...jy moet jou loop laat meet of dit n .223 of n .224 is. die .223 loop wil die . 224 punte nie mooi skiet nie en jou druk is te hoog en so kry jy ook nie die spoed wat jy soek nie. so vir .223 loop koop jy .223 punte en vir die .224 loop koop jy .224 punte wat dan met ander woorde die selfde as die 223 rem of 222.50. of 222 rem is want hul loop is .224
MAAR, en n groot MAAR
jou hornet vat n kort ronde punt punt so op die boksie punte moet staan hornet anders moet jy die punt te diep in die doppie in druk om die petroon in die mag te kry en dan is jou jump na die lans te veel.
lang storie kort, maak seker jy koop Hornat punte en nie .224 vir 223 rem nie.
hoop dit help, net my 2c
francois

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Mon Sep 19, 2011 11:48 pm
by HUNTER
Is .223 = 5,56mm en .224 = 5,59mm wat se die manne met die instrumente om te meet? Want soos ek dit het is die .22 kaliber 5,59mm.

Hunter

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Tue Sep 20, 2011 4:56 am
by Gerhard
Sniper66 wrote: Ekt gehoor die .22 Hornet en die 223 se punte is die selfde,is dit waar?
Sniper,

Bevestig gou gou net...

Praat ons van 2 verkillende kalibers?

Die 22 Hornet en 223 Rem?

Soos reeds ges? is die "ouer" Hornets se deursnee .223

Maar al die nuwe gewere is .224 duim.

Dit beteken jy kan 45gr SP wat jy vir n Hornet laai ook in n 223 Rem geweer skiet want die deursnee van die loop is .224...

Hoop dit antwoord jou vraag...

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Tue Sep 20, 2011 8:26 am
by Sniper66
Dis reg ja .22 Hornet en .223 Voere. Ek dink my geweer en my neef se geweer is amper die selfde ouderdom.As ek weer afgaan plaas toe dan sal ek nou mooi kyk wat staan op die boksie van daai punte,maar my neef het my gese die punte is die selfde,dalk druk hy net die punt verder in die doppie in soos jy se saimportsuplies.

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Tue Sep 20, 2011 8:57 am
by Hein M.
Sniper66 wrote: Dis reg ja .22 Hornet en .223 Voere. Ek dink my geweer en my neef se geweer is amper die selfde ouderdom.As ek weer afgaan plaas toe dan sal ek nou mooi kyk wat staan op die boksie van daai punte,maar my neef het my gese die punte is die selfde,dalk druk hy net die punt verder in die doppie in soos jy se saimportsuplies.
Kort en lank

Jy kan die koeels oor en weer skiet, maar die rondeneuspunt 45gr Hornet punte is meer herlaaivriendelik en daar is nie drukprobleme nie.

Ek het meer weer vrekgesukkel met daardie rand wat vorm as jy die .244's (V-Max) seat in die Hornet dop - jy moet hom dieper seat om in die magasyn te pas... 

Mooiloop!

Hein


Hein

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Wed Sep 28, 2011 9:49 pm
by Sniper66
Ek het die op n Forum gekry.


Here is one way to look at it. Both the .223 & .22-250 (and .220 Swift) all shoot the same bullets, .224" in diameter but at different velocities. Per any given bullet weight the .22-250 will shoot the same weight bullet roughly 400 FPS faster than a .223 (and the .220 Swift may well add another 100 FPS onto that). To achieve that extra velocity the .22-250 burns roughly 1/3 more powder than a .223.

Op my neef se Hormandy v-max boksie staan 224 en sy gewone lood  punte se boksie staan daar 223 op,dis net die kruit wat verskil tussen n slow en n fast burning.

Re: .22 Hornet en 223 punte?

Posted: Sat Oct 01, 2011 11:27 am
by Sniper66