Jakkals roep kursus Ventersdorp
Posted: Mon Dec 18, 2017 5:30 pm
More almal,
Hiermee die inligting vir kursus op 3 Maart 2018 te Ventersdorp:
Kursus beslaan 'n volle dag en dan 'n gedeelte van 'n nag tot ongeveer 22h00. Daar is 2 x praktiese demonstrasies nl. 'n middag roep (dagroep) sonder 'n voertuig en 'n nagroep demonstrasie vanaf 'n voertuig.
Die Kursus begin om 08h00 en word alle fasette gedek wat die volgende insluit: die loopgewoontes en sosiale gedrags patrone van jakkalse en rooikatte asook die manier van vang en vreet, kleintjies, seisoene ens.
Die roepmetode word in detail behandel met 'n oorsig oor ander metodes van beheer bv. Slagyster, hokke ens. 'n Belangrike aspek van die kursus is die behandeling van die gebruik van klanke maw. Watter klanke word wanneer en onder watter omstandighede gebruik. Verder word daar ook op die dagroep van jakkalse en rooikatte gekonsentreer wat baie goed met die boerdery praktyk inskakel. Die lesing word in 1 uur sessie gehou met 45 min teoretiese lesings en 15 min breuk. Middagete is gewoonlik tussen 1-2 en aandete gewoonlik om en by 7 ur of na die praktiese demonstrasie.
Daar word ook verskillende video snitte gewys van praktiese gevalle wat ek afgeneem het om moeilike jakkalse en situasies te hanteer. 'n CD en DVD word ingesluit by die kursus en is die koste verbonde aan die kursus R1500-00 per persoon met 'n maksimum van 20 persone.
Ek moet einde Januarie getalle deurgee aan lodge, so die eerste 20 manne wat my bel en betaling doen se plek is gebook vir die kursus.
Leon
063 551 1186