Page 1 of 2
Watter 7mm?
Posted: Thu Dec 07, 2017 7:32 pm
by Morne Van Der Merwe
Naand Manne,
Ek het besluit om vir 'n 7mm te laat bou. Ek het klaar die loop aangeskaf, Krieger HV 30" 1:8.
Ek al so baie gelees oor die verskillende 7mm kalibers, en nou is ek eers deur mekaar.
Die geweer wil ek gebruik vir F-ope skiet.
Vir my altyd lekker om ander mense se insette en opinies te hoor.
So ver op die lys:
.284 Win
.284 Shehane
7mm RSAUM
En dan watse aksie sal voorgestel word?
Sien uit om te hoof wat jul sĂȘ.
Groete
Morne
Re: Watter 7mm?
Posted: Thu Dec 07, 2017 7:43 pm
by Hein M.
Ek is nie 'n kenner nie
Dink jy moet 'n kaliber kies wat die groefdraai die beste sal komplimenteer...
Sterkte met jou (heerlike) keuse - en al die opwinding wat daarmee saamgaan
Mooi aand!
Re: Watter 7mm?
Posted: Thu Dec 07, 2017 8:18 pm
by Apie
7mm Tombi dalk ook byvoeg?
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Watter 7mm?
Posted: Thu Dec 07, 2017 9:07 pm
by Arnold
284 win en as jy vra gebruik sommer n BAT
Re: Watter 7mm?
Posted: Thu Dec 07, 2017 9:40 pm
by Ds J
Morne Van Der Merwe wrote:
Die geweer wil ek gebruik vir F-ope skiet.
Mea culpa et absolvo me!
Ek kon nie die kansie los nie.
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 8:14 am
by Riaan Kriel
7mm-08

Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 8:21 am
by Supacow
284 of 7-300wsm
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 8:21 am
by ruaanb
280 Ackley Improved miskien? Nie 'n kenner nie maar dit is een wat bly maal in my kop.
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 8:21 am
by Ashley
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 8:23 am
by LoopSoosStroop
Straight .284 Win.
Ek sou hom sommer op 'n Howa lang aksie gebou het, en geld spandeer het op glas, kolf en sneller.
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 8:27 am
by Kallie Fernhout
Arnold wrote:284 win en as jy vra gebruik sommer n BAT
As jy geld het vir n BAT dan het jy geld vir n paar lope dan sou ek sommer 7wsm of 7saum
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 8:37 am
by Arnold
Maar daai ouens het nie Lapua doppe nie

Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 8:37 am
by Capt. Yoda
284Win, 284 Shehane of as jy wil snaaks wees 284KMR.
Die snaakse dop ontwerpe kom en gaan in ope maar almal gaan gewoonlik terug na 284 win of Shehane in 7mm.
Vir n aksie praat met Chrisjan hier op die forum oor die aksies wat hy verkoop, beste wat jy gaan kry vir jou geld
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 8:56 am
by Frikkie Coetzee
7mm Tombi en 7mm08 is een oudig net nie kompeterend nie. Nie een van hulle kan die swaar koeels skiet met genoeg spoed om die groter 7mm te kompeteer nie. Die 284 en 284 Shehane werk ewe goed met die 180gr Dir RSAUM gee bietjie meer spoed en bietjie minder loop lewe.
As jy F Ope gaan skiet gaan jy iets in die 180gr gewigsklas moet skiet teen 2850 of beter. Kyk water Lapua dop gaan jou daar kry en watter die set jy kan kry. Doppe en dies gaan vir my meer deurslaggewend wees as die spesifieke dopontwerp. Ongelukkig gaan jy moet doppe maak vir die 284 en 284 Shehane van 6.5-284 doppe af. Ek dink RSAUM is in selfde bootjie maar ek is onseker.
Alhoewel ek n 284 Shehane het dink ek die gewone 284 is net so goed veral met Vihtavouri se kruite.
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 9:10 am
by Arnold
Frikkie, hoeveel spoed/dop volume wen die Shehane?
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 9:37 am
by Capt. Yoda
Jy kan die Win teen dieselfde spoed skiet as die Shehane die S gaan dit net met bq minder druk doen. Jy "wen" seker so 50fps met die Shehane. Ek dink JanS het een keer vir my gese die voordeel van die Shehane hier is/was met 385 kon jy genoeg kruit in kry om die spoed te maak waar die bq minder spasie in die Win dit moelik gemaak het om al die 385 in te kry. Ek dink die Shehane tel so net oor die 3gr calacity op
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 10:09 am
by Ben
Morne jy smokkel nou lekker met jou eie Brein!
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 10:14 am
by Frikkie Coetzee
Arnold wrote:Frikkie, hoeveel spoed/dop volume wen die Shehane?
Arnold
Die Shehane wen min teenoor die standaard 284. As jy Vihtavouri skiet sal ek nie Shehane toe gaan nie. Toe ons net 385 kom skiet was hy sombietjie beter.
Ek skiet 180 gr Hybrids teen 2840 fps met 55 gr S385 lot14.
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 10:18 am
by LoopSoosStroop
Frikkie Coetzee wrote:
Ek skiet 180 gr Hybrids teen 2840 fps met 55 gr S385 lot14.
Dis darem lekker performance daardie. Hoe lyk ES en SD?
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 10:25 am
by Frikkie Coetzee
Pieter.
Ek het lanklaas gemeet. Gaan nou weer ladings oor ontwikkel vir SA's. Loop het nou so 1250 skote deur. Toe lading ontwikkel het was my ES onder 12 fps.
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 10:37 am
by Andre308
Frikkie Coetzee wrote:Arnold wrote:Frikkie, hoeveel spoed/dop volume wen die Shehane?
Arnold
Die Shehane wen min teenoor die standaard 284. As jy Vihtavouri skiet sal ek nie Shehane toe gaan nie. Toe ons net 385 kom skiet was hy sombietjie beter.
Ek skiet 180 gr Hybrids teen 2840 fps met 55 gr S385 lot14.
Frikkie, wat is die loop lengte op hierdie geweer?
Andre
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 10:44 am
by Frikkie Coetzee
30"
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 11:02 am
by Tokka777
Vir n aksie praat met Chrisjan hier op die forum oor die aksies wat hy verkoop, beste wat jy gaan kry vir jou geld
Capt. Hoe lyk sy aksies
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 11:40 am
by Capt. Yoda
Glo my volgende roer sal ook op hom gebou word. Daar is nog een of 2 manne wat hulle verkoop maar CJ se pryse is baie goed.
Re: Watter 7mm?
Posted: Fri Dec 08, 2017 1:01 pm
by Morne Van Der Merwe
Dankie vir almal se insette, ek het n spesifiek 7mm in gedagte gehad, toe so paar oproepe gemaak, my te rus gestel sal nie n fout maak nie.
Presies wat hier bo gese is, het my toe laat besluit die 7mm.
Die reamer is bestel.
284 Shehane gaan dit wees.