Page 1 of 1
Springbokke in B-wes
Posted: Wed Nov 22, 2017 8:01 pm
by Ajviljoen260rem
Goeie naand manne
Ek is opsoek na paar springbokke om teskiet vir die 2018 jag seisoen in die Beaufort Wes distrik wat nie n. Arm of n been sal kos nie. Enige verwysing sal waardeer word
Groete Adriaan
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Wed Nov 22, 2017 8:43 pm
by Heinds
Sterkte, dit is BITTER droog daar. Baie boere laat jag nie op hulle plase van verlede jaar af nie. Hoop jy kom reg.
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Wed Nov 22, 2017 11:20 pm
by Leon Crous
Hierdie is nie 'n jag-soek forum nie!
As jy wil deel wees, stel jouself voor en doen dit op die regte manier....lees die reels.
Doen dit en almal sal meer as bereid wees om raad en info te gee.
groete,
leon.
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Wed Nov 22, 2017 11:55 pm
by Bennie Bester
Sjoe Leon jy gaan die jong man heeltemal afskrik. Hy het hom al self voorgestel.
Groete Bennie
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 6:08 am
by Jake1
Leon Crous wrote:Hierdie is nie 'n jag-soek forum nie!
As jy wil deel wees, stel jouself voor en doen dit op die regte manier....lees die reels.
Doen dit en almal sal meer as bereid wees om raad en info te gee.
groete,
leon.
Leon gaan lees die reels m.b.t. hantering v nuwe lede. Hierdie forum is o.a. ook n jagsoek forum as jy mooi gaan kyk is hier tot n onderafdeling vir jag geleenthede ook. Jou pos kom moontlik bietjie kru voor en kan potensiële nuwe lede afskrik.
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 6:11 am
by jankraay
Jake1 wrote:Leon Crous wrote:Hierdie is nie 'n jag-soek forum nie!
As jy wil deel wees, stel jouself voor en doen dit op die regte manier....lees die reels.
Doen dit en almal sal meer as bereid wees om raad en info te gee.
groete,
leon.
Leon gaan lees die reels m.b.t. hantering v nuwe lede. Hierdie forum is o.a. ook n jagsoek forum as jy mooi gaan kyk is hier tot n onderafdeling vir jag geleenthede ook. Jou pos kom moontlik bietjie kru voor en kan potensiële nuwe lede afskrik.
+1
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 7:31 am
by Leon Crous
Jule is dood reg.
Jammer, dit was onnodig.
Bloed het maar bietjie gekook oor ander goed en toe verkeerdelik "ge-vent".
Sorry pêllie.
Groete.
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 8:38 am
by Ajviljoen260rem
Heinds wrote:Sterkte, dit is BITTER droog daar. Baie boere laat jag nie op hulle plase van verlede jaar af nie. Hoop jy kom reg.
Dit is darm nou slegte nuus daardie, ek het verneem hulle het reen gekry maar blykbaar is ek dan verkeerd.
Groete Adriaan
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 8:39 am
by Ajviljoen260rem
Leon Crous wrote:Jule is dood reg.
Jammer, dit was onnodig.
Bloed het maar bietjie gekook oor ander goed en toe verkeerdelik "ge-vent".
Sorry pêllie.
Groete.
Geen probleem Leon
Groete Adriaan
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 9:25 am
by Krobb
Welkom by die forum Adriaan
Gaan kyk onder jaggeleenthede, Weskaap. Daar is manne van B wes wat adverteer. Hulle posts is al oud maar ek dink as jy van hulle kontak kan hulle jou op die spoor plaas van ander boere in die omgewing.
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 9:52 am
by finch
Leon Crous wrote:Jule is dood reg.
Jammer, dit was onnodig.
Bloed het maar bietjie gekook oor ander goed en toe verkeerdelik "ge-vent".
Sorry pêllie.
Groete.
Heel te verstane. Dit is immers diè tyd van die jaar waar almal maar bietjie krapperig is en moeg is om deur 2017 geskop te word terwyl jy lê.
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 12:12 pm
by Ajviljoen260rem
Krobb wrote:Welkom by die forum Adriaan
Gaan kyk onder jaggeleenthede, Weskaap. Daar is manne van B wes wat adverteer. Hulle posts is al oud maar ek dink as jy van hulle kontak kan hulle jou op die spoor plaas van ander boere in die omgewing.
Dankie Krobb, ek het al klomp keer daar gekyk.

Wou net hoor of hier nie dalk iets nuuts is nie. Jagplek is soos party manne se visvang “spots” en hulle deel nie graag nie. Haha

Meskien is hulle mede deelsaam vandag
Groete Adriaan
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 1:04 pm
by Dewitt
Ajviljoen260rem wrote:Heinds wrote:Sterkte, dit is BITTER droog daar. Baie boere laat jag nie op hulle plase van verlede jaar af nie. Hoop jy kom reg.
Dit is darm nou slegte nuus daardie, ek het verneem hulle het reen gekry maar blykbaar is ek dan verkeerd.
Groete Adriaan
Jy is heeltemal reg, daar was goeie reen so week terug. Hier is 'n man se nommer, as hy nie het kan hy jou dalk op 'n spoor sit.
Jaco Viviers - 0823738237
Re: Springbokke in B-wes
Posted: Thu Nov 23, 2017 4:10 pm
by Ajviljoen260rem
Dewitt wrote:
Jy is heeltemal reg, daar was goeie reen so week terug. Hier is 'n man se nommer, as hy nie het kan hy jou dalk op 'n spoor sit.
Jaco Viviers - 0823738237
Dankie Dewitt,
Sal hom def n luitjie gee. Is bly vir die boere in daardie omgewing
Groete Adriaan