Middag
Kan iemand my op regte pad sit . Ek wil MS 200 agter 28gr 7.5 hael laai . Lading so 22.3 ? Sal hy werk , sien net 7 en 6 in Somchem se boekie .
CR
MS 200
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: MS 200
Dit gaan rerig net oor die gewig. Die grootte van die korrels maak nie saak nie. Jy kan maar die #6 of #7 se data gebruik. Ek doen dit al vir jare met die MP200 data.
Of so iets
-
blaser
- Hero Member

- Posts: 1609
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: MS 200
ms is baie goed maar s121 werk net so goed en is baie goedkoper
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: MS 200
Korrek. Onthou net dat S121 minder spasie gebruik, dus moet jou pluisie langer wees om steeds die dop korrek te vul met die kombinasie. Jy kan ook 'n karton-skyfie gebruik om ekstra spasie op te neem. Plaas hom onder die hael.blaser wrote:ms is baie goed maar s121 werk net so goed en is baie goedkoper
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: MS 200
Of jy kan 'n 2.75 duim dop gebruik i.p.v. 'n 3 duim dop. Maar dan moet jy 'n 50c onder die dop sit by die crimping die om die regte vou te kry.Alwin wrote:Korrek. Onthou net dat S121 minder spasie gebruik, dus moet jou pluisie langer wees om steeds die dop korrek te vul met die kombinasie. Jy kan ook 'n karton-skyfie gebruik om ekstra spasie op te neem. Plaas hom onder die hael.blaser wrote:ms is baie goed maar s121 werk net so goed en is baie goedkoper
Of so iets
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 723
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: MS 200
Jy bedoel seker 67mm dop ipv 70mm? In Suid Afrika is 3" 12Br ammunisie byna ongehoord van. Die 50c tip is seker net van toepassing vir 'n Lee LoadAll?Harambe wrote:Alwin wrote:blaser wrote:
Of jy kan 'n 2.75 duim dop gebruik i.p.v. 'n 3 duim dop. Maar dan moet jy 'n 50c onder die dop sit by die crimping die om die regte vou te kry.