Page 1 of 1
Ranger T 127gr +p+
Posted: Sat Nov 11, 2017 9:28 am
by Ashley
Môre julle.
Ek het gou vanogg n paar van die bogenoemde rondtes in 9mm gaan skiet.
Die idee was om hulle te herwin, en te kyk wat maak hulle.
Ek het maar net vinnig in n paar droë telefoon boeke in geskiet, op so 7m afstand, maar was baie telleurgesteld in die resultale.
Soos ek sê, die "toets media" was droog, so is dit dalk wat die swak ontplooiing veroorsaak het?
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Sat Nov 11, 2017 9:56 am
by LoopSoosStroop
Dit kan wees Ashley, droë papier is maar 'n tawwe kalant. Ek het hulle al in wetpack in geskiet, het soos die advertensie fotos gelyk.
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Sat Nov 11, 2017 1:09 pm
by Ashley
Ek glo ook dit was die rede ja... die ammo word wêreld wyd gepreis as uitstekende SV ammo.
So ek sal maar later weer n wetpack toets doen.
Dankie
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Sat Nov 11, 2017 9:35 pm
by Alwin
Hierdie ammu word ontwerp om uit te sit in water-bevattende stowwe, soos lewende weefsel, maar om nie uit te sit in droë materiale nie. Dit is sodat hulle deur enige versperrings en klerasie kan gaan en die regte teiken kan bereik. Hulle verrigting in droë materiale behoort vergelykbaar met gewone volmantels te wees.
Nog 'n nuwe generasie SV rondte wat goed presteer in die opsig, is Hornady se Critical Duty. Die plastiekprop in die neus is deel van die plan.
Die toetse in gekalibreerde gelatien, met verskillende materiale voor die gelatienblokke, is gepubliseer. Tante Google sal die goed kan opspoor.
As jy self die uitsetting wil toets, probeer goed deurweekte telefoongidse of kanne met water.
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Sun Nov 12, 2017 7:55 am
by Ashley
Goeie verduideliking, dankie Alwin
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Mon Nov 13, 2017 8:12 am
by Carl
Ashley ek sien jy skiet nie met 'n Glock nie...

maar dit is nie die probleem nie. Jou toets het nie veel waarde nie soos Alwin reeds uitgelig het. Die waarde wat jy wel gekry het is dat jy die pistool kon toets vir funksie met die ammunisie.
Ek dink jy kan maar die FBI ens se toetse vertrou.
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Mon Nov 13, 2017 8:24 am
by Swede
Alwin wrote:Hierdie ammu word ontwerp om uit te sit in water-bevattende stowwe, soos lewende weefsel, maar om nie uit te sit in droë materiale nie. Dit is sodat hulle deur enige versperrings en klerasie kan gaan en die regte teiken kan bereik. Hulle verrigting in droë materiale behoort vergelykbaar met gewone volmantels te wees.
Nog 'n nuwe generasie SV rondte wat goed presteer in die opsig, is Hornady se Critical Duty. Die plastiekprop in die neus is deel van die plan.
Die toetse in gekalibreerde gelatien, met verskillende materiale voor die gelatienblokke, is gepubliseer. Tante Google sal die goed kan opspoor.
As jy self die uitsetting wil toets, probeer goed deurweekte telefoongidse of kanne met water.
Alwin, baie dankie vir die verduideliking. Net een vraag, logike se vir my dat hierdie droe materiaal meer weerstand bied as water-bevattende stowwe, sal dit nie die gevolg he nie dat die koel dan baie meer sal ontplooi/uitsit nie.
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Mon Nov 13, 2017 8:59 am
by savage(P Coetzer)
Ek het so paar maande gelede n groot bosvark beer met daai ranger t’s geskiet. Die vark was so 4m van my af gewees en albei koeels het reg deur die vark se borskas gegaan en onder die vel by die ander kant se blad gesit. Hulle het presies soos veronderstel gemaak al het die een swaar been getref. Sal niks anders in my pistool dra nie.
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Mon Nov 13, 2017 9:17 am
by Harambe
Gebruik dalk een van daai 5l waterbottels wat almal deesdae verkoop.
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Mon Nov 13, 2017 9:59 am
by Ashley
Carl wrote:Ashley ek sien jy skiet nie met 'n Glock nie...

maar dit is nie die probleem nie.
Ek dink jy kan maar die FBI ens se toetse vertrou.
Dankie Carl. Ek vertrou wel my CZ ja

Die behoorlike funksionering van die ammo in die geweer was ook n ander toets wat ek wel wou doen ja.
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Mon Nov 13, 2017 10:22 am
by Harambe
Jy kan ook altyd jou eie balistiese gel maak met gelatien. Dis in elk geval al wat die egte balistiese gel is. Of jy nou 'n boks gummi bears by makro gaan koop en smelt en of jy dit self by die huis wil maak, is jou eie besluit. Maar dit kan gedoen word. Die gel is eintlik maar net daar vir konsekwentheid sodat almal dieselfde toets kan doen, maak nie saak waar in die wereld jy is nie. Skiet net 'n normal "round nose" in sodat jy dit kan vergelyk met jou hollowpoints en kan terugverwys na die FBI se toets.
Bv. as hul toets gewys het die round nose penetreer 17 duim, en joune net 16, dan weet jy jy moet jou sommetjies met 17 maal en 16 deel om by dieselfde antwoord as die FBI te kom.
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Mon Nov 13, 2017 4:50 pm
by Alwin
Swede wrote:Alwin, baie dankie vir die verduideliking. Net een vraag, logike se vir my dat hierdie droe materiaal meer weerstand bied as water-bevattende stowwe, sal dit nie die gevolg he nie dat die koel dan baie meer sal ontplooi/uitsit nie.
Die ding wat die holpunt-koeël laat uitsit is die hidroliese drukking in die holte. Om hierdie drukking te kan veroorsaak, moet die teiken-materiaal genoeg water (of soortgelyke vloeistof) bevat en swaar genoeg wees (genoeg digtheid hê). Enige droeë materiaal gaan net die gat toe stop sonder om uitsetting te inisieer. Die uitsondering is as jy hulle in harde grond inskiet, maar dan sit hulle nie normaalweg uit nie, hulle word plat geslaan.
Die idee is dat hulle nie uitsit as jy deur dun mure, houtstrukture, ruite of kardeure skiet nie. Soms kan die versperring se harde materiaal die holte toepak en dan voorkom dat die koeël uitsit as dit die skelm agter die versperring tref. Dis die rede hoekom Hornady byvoorbeeld 'n plastiek-insetsel in die holte gebruik, wat voorkom dat daar iets is om toe te pak.
Die eerste vereiste vir SV ammunisie is genoegsame penetrasie. Uitsetting is sekondêr. Die uitsetting moet dus nie die eerste vereiste van penetrasie belemmer nie. Nie so maklik om al die kriteria te balanseer nie. Daarom dat die vervaardigers groot somme geld op navorsing en ontwikkeling spandeer. Die verkoopprys van die ammunisie weerspieël die koste.
Dis oor hierdie redes wat die onderskeie Winchester Ranger T-series so gewild is. Dis van die nuutste ontwikkelings met beproefde verrigting, maar teen die helfte van die koste van ander vergelykbare soorte.
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Mon Nov 13, 2017 6:18 pm
by Apie
'n 'One shot stop' gebeur gewoonlik net as die rugmurg of brein getref word. Daarvoor kort jy penetrasie.
Vir die skoot wat nie die bogenoemde tref nie soek jy soveel moontlik 'expansion'
Moelike een om aan te voldoen...
As ek reg onthou is die Ranger die SD rondte wat sy rigting die beste hou deur glas of so iets. As jy bv deur jou kar se voorruit moet vuur.
As ek nou daarin dink kom die Peregrine Bush Buster draad weer in my geheue op....
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Ranger T 127gr +p+
Posted: Tue Nov 14, 2017 8:30 am
by Swede
Alwin wrote:Swede wrote:Alwin, baie dankie vir die verduideliking. Net een vraag, logike se vir my dat hierdie droe materiaal meer weerstand bied as water-bevattende stowwe, sal dit nie die gevolg he nie dat die koel dan baie meer sal ontplooi/uitsit nie.
Die ding wat die holpunt-koeël laat uitsit is die hidroliese drukking in die holte. Om hierdie drukking te kan veroorsaak, moet die teiken-materiaal genoeg water (of soortgelyke vloeistof) bevat en swaar genoeg wees (genoeg digtheid hê). Enige droeë materiaal gaan net die gat toe stop sonder om uitsetting te inisieer. Die uitsondering is as jy hulle in harde grond inskiet, maar dan sit hulle nie normaalweg uit nie, hulle word plat geslaan.
Die idee is dat hulle nie uitsit as jy deur dun mure, houtstrukture, ruite of kardeure skiet nie. Soms kan die versperring se harde materiaal die holte toepak en dan voorkom dat die koeël uitsit as dit die skelm agter die versperring tref. Dis die rede hoekom Hornady byvoorbeeld 'n plastiek-insetsel in die holte gebruik, wat voorkom dat daar iets is om toe te pak.
Die eerste vereiste vir SV ammunisie is genoegsame penetrasie. Uitsetting is sekondêr. Die uitsetting moet dus nie die eerste vereiste van penetrasie belemmer nie. Nie so maklik om al die kriteria te balanseer nie. Daarom dat die vervaardigers groot somme geld op navorsing en ontwikkeling spandeer. Die verkoopprys van die ammunisie weerspieël die koste.
Dis oor hierdie redes wat die onderskeie Winchester Ranger T-series so gewild is. Dis van die nuutste ontwikkelings met beproefde verrigting, maar teen die helfte van die koste van ander vergelykbare soorte.
Dankie Alwin, daar leer ek weer