Page 1 of 1

bosbok hond vir gekweste bokke

Posted: Tue Sep 13, 2011 10:29 pm
by saimportsuplies
naand manne. as enige iemand dalk weet waar om bluetick of redict honde of harrier te kry, laat weet my asb, ek soek vir nou om gereed te maak vir volgende jaar.
dankie solank
francois

Re: bosbok hond vir gekweste bokke

Posted: Tue Sep 13, 2011 10:33 pm
by Sako75
Ek het al saam ouens gejag wat langbeen foksies gebruik om gekweste en "dood in die bos" bosbokke op te spoor.  Werk soos 'n droom.

Re: bosbok hond vir gekweste bokke

Posted: Wed Sep 14, 2011 7:25 am
by Shindzela (Pierre)
Ek weet van iemand wat 75% Bloedhond 25% Doberman kruisings het, was eergister daar om te kyk. Soek self 1 vir spoor sny. Het gesien hulle het die basics vir spoorsny maar kort bietjie disipline en aandag. Hulle is nou so 18 maande oud (4 reuns).

Re: bosbok hond vir gekweste bokke

Posted: Wed Sep 14, 2011 7:40 am
by Gerhard
Onthou...

Dit vat n hond n goeie 2 jaar se elke dag ondervinding voor n hond regtig hard begin werk op bloed spoor..

As jy n hond het wat mooi geleer is is hy vir jou goud werd as jy baie met kliente jag.

Re: bosbok hond vir gekweste bokke

Posted: Wed Sep 14, 2011 8:10 am
by henried
Verlede jaar op 'n plaas gejag waar die boer 'n border collie gebruik, sy was 18 maande oud. Sy het 'n vriend se springbok 4 km getrack indie donker.

Re: bosbok hond vir gekweste bokke

Posted: Thu Sep 15, 2011 6:46 pm
by Graham W
francois
ek het n bluetick rufrug teef wat baie goed werk op bok spoor, ek het haar geteel n gsp op haar gesit.
ek weet van 3 van die kleitjies wat baie goed werk  ek wag net dat sy weer op hitte kom dat ek weer kan teel
as jy belangstel moet jy net skree
graham

Re: bosbok hond vir gekweste bokke

Posted: Sun Sep 18, 2011 10:49 am
by tobie
Ek het n kelpie wat baie goed spoor vat.haar eintlike werk is maar skaap,maar n baie goeie jag hond.jy kan maar n kollie ook vat....hulle luister darm

Re: bosbok hond vir gekweste bokke

Posted: Sun Sep 18, 2011 11:20 am
by .::Alwyn-U::.
Francois

Waar is jy gelee? ek is in die oos-kaap. Ek het n friend wat pak blueticks het waarmee ons bosvarke jag...  ons sal kan plan maak.

PM my as belangstel.

Groete
Alwyn

Re: bosbok hond vir gekweste bokke

Posted: Sun Sep 18, 2011 10:36 pm
by saimportsuplies
dankie solank manne vir al die raad. ek het al baie jare honde en dit is maar hoekom ek weet wat vir my die beste werk...
my honde is net al oud en kan nie meer teel. ek moet nou maar weer nuwes leer terwyl ek nog honde het wat hul kan help leer
dankie
francois