Page 1 of 2
Braska Designator Rifle Scope
Posted: Tue Sep 13, 2011 8:26 pm
by Sniper66
Wat dink julle van Braska teleskope,ek kan die 1 kry vir so R2700]julle kan kyk by
www.braska.com en by die 1
http://www.barska.com/Designator_Rifle_ ... LASER.html
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 8:26 am
by Geno
Sniper66 wrote:
Wat dink julle van Braska teleskope,ek kan die 1 kry vir so R2700]julle kan kyk by
www.braska.com
Daai link is verkeerd
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 10:13 am
by DWB
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 2:06 pm
by Sniper66
Askies,so wat dink julle van hom?
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 2:33 pm
by Mac
,so wat dink julle van hom?
You really won't like my answer
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 4:17 pm
by Witpietskiet
Mac wrote:
,so wat dink julle van hom?
You really won't like my answer
Deel bietjie met ons asb
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 4:24 pm
by Sniper66
Mac jy kan maar jou mening gee,dis hoekom ek die topic geplaas het,op die staduim is dit my budget wat ek kan gaan,maar eks nie haastig nie.
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 6:16 pm
by Mac
As jy nie hastig is nie, spaar nog so bietjie geld, leen so bietjie geld, steel so bietjie geld, maar upgrade so bietjie, koop hom gaan jy spyt wees. Een van die outjies hier het twee gekoop omdat hulle goedkoop was. Hulle hou nie zero nie, die verstellings is heel uit, en verander van self, die windage turret op die een het af geval, was nie gestamp nie, die ander een se objective lens het uit geval. Ons praat hier van 'n .222 en 'n .243, nie magnums nie.
Loer bietjie rond, hier kom gereeld tweede handse bargains op die forum op, baie gunshops hou ook 2nd hand scopes aan, hoor by mense by jou skiet klub / jag vereniging of daar nie iets te koop is nie, of ruil uit met iemand wat iets wil he wat jy het. As dit by scopes kom, kry die beste wat jy kan bekostig, of nog beter, kry een wat jy nie kan bekostig nie, en skep iets anders af wat jy huidiglik dink is onmisbaar. As jy net wil jag, gaan eerder vir 'n fixed power scope, 6X of 8X, en begin spaar vir 'n variable as jy dink jy gaan hom later nodig kry.
Net my opinie, hoormaar by die ander mense ook, ek persoonlik sal nie Barska koop nie.
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 6:36 pm
by Sniper66
Dankie,ek wardeer jou opinie,my 223 het tans n 4x40 Tasco opwat 29 jaar oud is,as dit jou geweer was,watse scope sou jy opsit,kom ons se in n prysklas van tussen R2000 en so R5000? Ek wil hom so bietjie upgrade.
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 6:49 pm
by Jaco Swart
Sniper.
Ek het 'n Barska Benchmark 5-20 X 50 op my 243 en 22-250 en het nog nie probleme met hulle gekry nie. Die 243 is my bakkie geweer so hy vat maar stampe en stootte en hy is nog reg.
Ek het al bietjie gekyk na skemer skiet , en daar sal ek s? dat ek die vergroting moet afdraai om duidelik te kan sien. In die nag is hy ook nie te sleg nie.
Al die bg in ag geneem sal ek s? dat jy vir dieselfde geld 'n beter teleskoop sal kan koop.
Die Amerikaners is nie mal oor die scopes nie, maar tog word baie Barskas aan die weermag verkoop aangesien Barska fokus op militere scopes.
Groetnis
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 6:54 pm
by Mac
Dit is wat ek bedoel met kyk net rond. Hierdie is nogal glad nie 'n slegte scope nie.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=9.msg90510;topicseen#new
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 7:04 pm
by Monrique (SJ)
Mac ek stem saam met jou, daai is n mooi scope.
Sniper66
Anders gaan vir n Burris 4.5-14x42, jy sal nie spyt wees met hom op jou .223
Groetnis
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 8:25 pm
by Sniper66
Dankie vir julle replys,dit sou n goeie koop gewees het,ek wil net eers my opsies kyk,op die staduim is dit baie moeilik vir my,eks op die werk soek staduim,soos ek se ek wil net na my opsies eers kyk,sodat as my skip kom dat ek nie wik of weeg oor watse scope ek gaan vat nie.
Wat kos die Burris 4.5-14x42 ?
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 9:58 pm
by JPS
Sniper66 wrote:
Dankie vir julle replys,dit sou n goeie koop gewees het,ek wil net eers my opsies kyk,op die staduim is dit baie moeilik vir my,eks op die werk soek staduim,soos ek se ek wil net na my opsies eers kyk,sodat as my skip kom dat ek nie wik of weeg oor watse scope ek gaan vat nie.
Wat kos die Burris 4.5-14x42 ?
Sniper,
Vlt in Pta verkoop hom met die E1 reticle vir so R2909 kontant en op kaart vir so 5% meer so om en by R3059 of daar rond.
Groete
JP
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Wed Sep 14, 2011 10:40 pm
by Sniper66
Bie dankie Jps.
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 7:42 am
by BLOK
Koop klaar die Burris, jy sal nie spyt wees nie

Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 3:36 pm
by Sniper66
Ekt sover my besluit gemaak en dit sal Burris wees.
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 4:49 pm
by Monrique (SJ)
Dit is sommer n uitstekende besluit!!!!
Groetnis
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 4:51 pm
by Sniper66
Dankie,ekt gestraand lank op hulle web bladsy gekyk,klaar verlief geraak op hom,wat sal sy ringe kos?
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 4:53 pm
by BLOK
Jyt n baie goeie besluit gemaak, jy sal nie spyt wees nie myne het ek nou se 8 maande op en hy word hard gebruik is baie tevrede met hom
Blok
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 5:02 pm
by pietjacobs
Aih tog. Nou het julle weer dinge vir my moeilik gemaak. Ek wil ook einde va die maand ander scope opsit en my budget is ook maar so R4000 en het na die Lynx gekyk
Het VLT gebel, hulle sit hom nog verniet op ook as jy die Burris by hulle koop
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 5:03 pm
by Sniper66
Wat sal ek moet verander Ringe? Of die hele mountings ook?
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 5:10 pm
by Sniper66
Piet,daai verniet opsit gaan my n R1500 se petrol kos.Kuruman is bietjie ver van Pretoria af.haha
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 5:13 pm
by Monrique (SJ)
Stefan
Dit gaan dalk nie eers nodig wees vir ander ringe ens. Hoop net jou huidige ringe is mooi ''gelap''!!!
Groetnis
Re: Braska Designator Rifle Scope
Posted: Thu Sep 15, 2011 5:17 pm
by Sniper66
Jong Sj oor die gelap storie is ek nie seker nie,vandat ek ek geweer kon vashou skiet ek al,en dis nou eers wat ek begin met die fyner detail van gewere,eks maar basies nog nuut met die gud as mens dit so kan stel.