My bors wil bars van trots!

Post Reply
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

My bors wil bars van trots!

Post by Leon Crous »

Hello manne,
Gister na-middag draai gaan ry by die beeste. Ek sukkel met die jakkies. Nog nie kalf verloor die nuwe kalfseisoen nie maar wel in die verlede. Toe ek Saterdag namiddag by koeie was, toe is daar 3 jakke wat tussen die koeie en kalfies rond draf....dis wanneer ek op my senuwees raak!
Enewel, so is boetie Lourens op my case....dis mos pappa se beeste maar die kalfies is synne ;)
Moun Sondag heel dag en gister na speelskool dat hy die jakkelse wil gan skiet voor hulle sy kallers eet!
Nou Ouboet Constandt (9) skiet al baie mooi met die "groter" gewere maat Lollie het maar nog nou die dag eers met die 222 begin skiet - nadat hy natuurlik eers Daisy, Windbuks en 22 baasgeraak het. Maar papa se jagtersbloed loop sterk deur die manne se are!

Laai boetie (6 jaar) in bakkie so by 17h45 gister namiddag en ry gou draai by beeste. 222 moet saam! (O ja, dit is mos die beste jakkels geweer?)
Stop by kamp se hek lat die mannetjie die hek kan oop maak. Hy kom by die hek en steek vas. Kom terug geloop na my ruit en sê ewe hardegat: "Pappa, gee my geweer ek wil die jakkels skiet."
My f...k, ek het nog nie eers begin jakkels soek nie, ... watter jakkels?
"Gee aan pappa, hier staan hy en hy gan weghardloop!"
Met groot skok sien ek die swerkatter staan so op 50m.
Nou ja maats, dis 'n man se werk om jakkels te skiet, nie 'n kind s'n nie en ek spring uit met die Sako'tjie.
Draf voor om bakkie om oor hek te skiet maar boetie sit al teen die hek.
"Druk hom net deur die hek lat ek kan dead rest skiet" - kry ek opdrag.
Nou toe, so besluit ek net daar dat hy dan maar moet gooi as hy dan nou so goed is!
Sit die geweer netjies deur die hek sodat hy mooi op boetie se hoogte (in lyn met sy skouertjie) op die kruis pyp lê.
Dit als in sekondes....en die jakkels staan of hy vasgemaak is!
Haal geweer oor en los....
Lourensie druk die safety vorentoe en die skoot loop... heeltemal te vining na my mening, maar die jakkie dop, spring op en hol so 15m. Toe is sy asem en bloed op!
Netjiese hartskoot op +- 60 tree!!!Pappa se yster!

Manne, ek begin sommer weer skree, maar die trane loop van vreugde en trots.
Nella sal fototjie opsit.
Groetnis,
Leon.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: My bors wil bars van trots!

Post by Nella »

Geluk aan die jong man! Wel gedaan.
IMG-20171024-WA0003.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Just smile and wave boys >:D
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by Jake1 »

Geluk aan julle altwee!
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2344
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by henried »

Te lekker, goed gedoen.
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by the kid »

Wow, dit is nou n nice storie, geluk en dankie dat jy met ons gedeel het.
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by jamalley »

Baie mooi gedoen
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by Plaashaas »

Yster! Geluk. Baie bly die Jakkals het saam gespeel en die game verloor
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: My bors wil bars van trots!

Post by ruaanb »

Ag dis te lekker hoe die jong span vooruitgaan. Baie geluk!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by spekieries »

Hey jou "Bulperd" boerseun!!!!!!!!!!!!!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by joe rocket »

Baie gelik aan die jong man! As ek dit nie mis het nie skuld jy hom R 500. :laugh:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by PWV »

Ramkat!!!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My bors wil bars van trots!

Post by DWB »

Mooi man! Welgedaan boetman!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by Suikermuis »

Netjies man!
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: My bors wil bars van trots!

Post by Grenslyn »

Baie mooi. Dit is hoe 'n seun moet grootword.
Hein
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by toelie »

Laaitie kom nou mooi reg, geluk man
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
lekkerjag
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sun Sep 25, 2016 6:46 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by lekkerjag »

Mooi so grootman!!!!!
Lekker om te weet die kinders stel van kleins af belang
koos 2
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by koos 2 »

Pragtig !!!
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1185
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by heywillie »

Mooi so jong man !
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: My bors wil bars van trots!

Post by win270 »

Jakkals se Moses!! Baie geluk!!
GooseMan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Thu Oct 12, 2017 10:38 am

Re: My bors wil bars van trots!

Post by GooseMan »

Lekker man Jongman!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: My bors wil bars van trots!

Post by Frederik »

Netjies Geluk
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by DawieKotze »

Netjies Boerklong!!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 429
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: My bors wil bars van trots!

Post by Leon Crous »

Dankie manne. Ja hel, ek is trots op die outjie!
Pappa darem R200 in sy spaarbus gegooi (hy spaar vir "paintball-gun" :'( )
Vanaand kom jakkelsjagter. Boetie wil weet hoekom ek iemand anders in kry. Want: "Ek kan hulle mos skiet!" reken hy my te vertel.
Mar ja, ons praat weer.
Groete,
Leon.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by Ben Remington »

Ai dis lekker...baie geluk aan die jong man.
Ali308
Newbie
Newbie
Posts: 21
Joined: Thu Sep 14, 2017 3:20 pm

Re: My bors wil bars van trots!

Post by Ali308 »

Yster!!! Baie geluk en mooi skoot.
Post Reply