Page 1 of 1
Koedoe Kloue!
Posted: Mon Sep 12, 2011 12:43 pm
by foxripper
Het jul al so iets gesien? Sal dit wees oor die Koedoe dalk in Sand wereld bly of is dit n siekte?
[img width=358 height=480]
http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... G_0968.jpg[/img]
[img width=560 height=418]
http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... G_0967.jpg[/img]
[img width=560 height=418]
http://i1108.photobucket.com/albums/h40 ... G_0970.jpg[/img]
Re: Koedoe Kloue!
Posted: Mon Sep 12, 2011 12:44 pm
by Geno
Daai is heel algemeen in die sandveld.
Selfs sebras kry dit, klomp van hulle so gesien in die kalahari al.
Groete,
Eugene
Re: Koedoe Kloue!
Posted: Mon Sep 12, 2011 12:50 pm
by BLOK
Daai het ek al baie voorheen gesien in die kalahari daar tussen Bray Vorstershoop, selfs beeste donkies bokke en skape kry krul kloue, jy moet sien hoe sukkel so kudu om oor n teerpad te loop met sulke lang kloue
Re: Koedoe Kloue!
Posted: Mon Sep 12, 2011 1:39 pm
by Koos Barnard
Foxripper
Ek sluit by die ander aan oor die sandveldstorie - dis heel algemeen. Ek onthou hoe my pa vele skape se kloue met die knipmes getrim het toe hy 'n plaas in die Kalahari gehuur het baie jare gelede.
Re: Koedoe Kloue!
Posted: Mon Sep 12, 2011 1:42 pm
by foxripper
Ons het baie kudus op die plaas en daar is ook baie sand maar het nog nooit so iets gesien nie.
Miskien is die blare wat hy moet bykom om te vreet baie hoog en hy het dalk meeste van die tyd op sy agtervoete geloopÂ

Re: Koedoe Kloue!
Posted: Mon Sep 12, 2011 1:49 pm
by BLOK
Foxrip
Daai is nogal n mooi duknek bul waar in die wereld is hy geskiet
Re: Koedoe Kloue!
Posted: Mon Sep 12, 2011 1:56 pm
by foxripper
Blok, geen idee nie, het dit op email gekry en die man wat vir my gestuur het weet ook nie.
Re: Koedoe Kloue!
Posted: Fri Sep 16, 2011 4:40 am
by Gerhard
Ek het in 1996 n kudu koei geskiet met uitdunne op 91 Ammunisie Depot wat haar linker voorbeen gebreek het en herstel het.
Die kudu se linker klou het ook so uit gegroei.
91 AD is tussen Crese en Naboomspruit op die einde van die Springbok vlakte en baie sand wereld.
Ek het ook so n kudu bull op my game camera's gekry wat kom water drink het in Dwaalboom omgewing. Was n ou bul en het al begin kondisie verloor.
Ook redelik sand veld op die plaas.
Re: Koedoe Kloue!
Posted: Fri Sep 16, 2011 8:20 am
by Ponkie
Foxie
Baie algemeen in sandwereld. Ons blesbokke loop in 'n kamp waat nogals baie sanderige dele het en ons skiet gereeld daar van hierdie tipe outjies!
Groetnis
Ponkie