Page 1 of 4
Mes Maak beginner
Posted: Fri Oct 13, 2017 12:00 pm
by GooseMan
Goeie dag daar,
So, ekt besluit om die "hobby" aan te pak na ure se videos kyk en rond speel op die internet.
Ek gaan probeer n mes maak vanuit n ou fyl. Ek het gelukkig 'n "grinder", "beltsander" and ander fyle om die mes mooi af te werk. Ekt op youtube gesien ek kan die mes verharden sommer in die braai met kole en n haardroer en dan "quensh" in kookolie.
Ek glo ek sal kan werk maak met die gereedskap wat ek het en lekker "elbow grease".
Enige wenke van die gesogte mesmakers op die forum vir n beginner wat hierdie project en hobby will aanpak.
groete
Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri Oct 13, 2017 12:28 pm
by Harambe
Ek het een van die goed gekoop. As jy 'n paar gate in 'n baksteen kan maak kan jy jou eie oondjie maak. Hy's effe lig in die broek vir net so gebruik, maar as jy hom in 'n bedekte area soos lg. hol baksteen gebruik, maak hy die staal mooi rooiwarm.
https://www.takealot.com/alva-torch-can ... ID40724755
en gas
https://www.takealot.com/alva-butane-ca ... ID40724749
Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri Oct 13, 2017 7:39 pm
by Wildeboer
Kyk bietjie by Midas ook vir die gas-stelltjie, ek dink hul kan dalk goedkoper wees. Bou 'n oondjie om die vlam warmer te laat maak met gips en sand/sement mengsel, werk soos n bom. Amerikaners noem dit "coffee can forge" en wys op Youtube hoe om dit te bou.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Sat Oct 14, 2017 9:42 pm
by HennieL
GooseMan wrote:
So, ekt besluit om die "hobby" aan te pak na ure se videos kyk en rond speel op die internet.
groete
Wel GooseMan, soos hulle in Ingels sê - Welcome to the dark side...
Dis 'n deksels lekker "hobby", maar daar is so 'n paar dinge wat ek sal aanbeveel om dit makliker/lekkerder vir jou te maak:
Ekt op youtube gesien ek kan die mes verharden sommer in die braai met kole en n haardroer en dan "quensh" in kookolie... Ek gaan probeer n mes maak vanuit n ou fyl
Pasop vir moderne vyle - baie van hulle is lae-koolstof staal wat dan ge "case harden" is. Hierdie staal sal nie behoorlik verhard nie, en jy kan baie tyd mors om 'n mooi mes te maak en dan wil hy nie behoorlik sny nie want die staal is sag.
Ek sal aanbeveel dat jy probeer om 'n Nicholson vyl in die hande te kry. Hulle vyle is van 1095 staal gemaak, wat lieflik verhard as jy dit reg doen.
"having said that" sal ek nie aanbeveel dat jy 'n Nicholson vyl probeer verhard met jou eerste mesmaak poging nie - hierdie staal moet vir 'n paar minute "soak" teen die regte temperatuur voordat jy dit "quench", en dis nogal moeilik om die temperatuur net reg te hou as jy nie 'n elektriese oond het nie. Hierdie spesifieke staal benodig ook 'n baie vinnige afkoeling (van omtrent 780°C tot onder 450°C in minder as 0.5 sekondes...), en jy sal of 'n spesialis quenching olie moet gebruik, of in water moet quench (wat moontlik kan veroorsaak dat die lem kraak...). Hoekom behou jy nie net die vyl se oorspronklike hardheid nie. Grind die tande af en vorm jou mes op die belt grinder (sonder om die staal te laat warm word...), en temper dan net die mes teen ongeveer 200°C - 230°C.
Persoonlik sal ek aanbeveel dat jy vir jou eerste paar messe liewers 'n bekende staal (soos 5160 of O1) koop by iemand soos KMTS of North West Knives & Supplies - dan kan jy konsentreer om 'n mooi mes te maak, en die kans dat jou staal reg verhard sal word is baie beter.
Wat jy ookal doen, geniet dit

Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 7:14 am
by ZKK
Goeie more Goosenman.
Ek sal baie sterk aanbeveel dat jy vir jou eerste mes iets soos 5160 gebruik.
Dit is regtig n fantastiese staal en dit is iets soos R65 vir n meter lengte by KMTS, so dis regtig goedkoop,en jy werk met bekende staal.
5160 werk veral lekker vir jou groter messe.
Ek sal ook aanbeveel dat jy vir jou eerste mes eerder die verharding profesioneel laat doen, dit kos R50.
Jy sal sien, mens spandeer baie baie ure op mens se eerste mes.
So mens wil nie al daai handewerk ongedaan maak net om uit te vind jy het swak staal, of jy het die lem opgefoeter met die verharding nie.
Maak as n eerste projek vir jou n lekker kamp/bowie/chopper mes.
Want dit maak nie saak hoe lelik die mes uitkom nie, solank as jy goeie staal en goeie verharding het, gaan jy n praktiese mes he.
So groot kamp mes is lekker om houdjies te kap vir vuurmaak, of om blikke oop te maak (soos gese 5160 is n beer staal)
Groete en geniet hom
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 7:21 am
by Johan Nel
Ek sien GooseMan het nog nie weer opgekom vir asemskep hier op die forum nie, wat my laat wonder, Gooseman is nie dalk familie van Goose nie...?
Die manne gee goeie advies.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 9:01 am
by GooseMan
Goeie More Manne,
jammer het nog nie kom asem skep nie, was maar n woelige naweek.
baie dankie vir julle insette, na afleading van die bogenoemde, sal ek eerder 5160 staal gaan koop en dit probeer.
Ek glo ek sal dalk minder sukkel ook as ek weet die staal waarmee ek begin is die regte staal van die begin af.
@ZZK- Watter ouens kan ek nader om die verharding proffesioneel te laat doen? doen hulle ook die tempering?
Ek dink ek sal die eerste mes dalk proffesioneel laat verhard, en van daar af self probeer. 'n Mens leer mos maar die beste uit mislukkings.
waardeer al julle insette, en sal photos opsit soos ek aanvorder. Ek beplan om die naweek in die werk te spring.
Groete
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 9:15 am
by Harambe
Moenie my fout maak nie: slyp die ding VOOR jy hom laat verhard.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 10:23 am
by GooseMan
Hi Harambe,
ja ek het gesien dat lewe nogal heelwat kan vermoeilik. Dankie vir die herinnering.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 10:52 am
by ZKK
Jy gee sommer weer die messe in by KMTS en hulle stuur dit vir n ou om te verhard en temper.
Hier is nog so paar wenke:
Vir jou eerste mes, hou die ontwerp so eenvoudig as moontlik.
los alle brass guards en bolsters vir later as jy meer gevordered is.
Ek stel ook voor dat jy net 2 pins gebruik vir die eerste handvatsel.
(los ook die handvatsel liners vir later)
iets soos micarta, maak lekker handvatsels, want dit is klaar plat.
(as jy hout wil koop gaan jy dit in n blokkie kry, wat jy eers middeldeur moet saag en dan plat skuur, dit vat baie elbow greasy om die scales 100% plat te kry)
So begin met iets wat klaar plat is, en amper die regte dikte is, 6mm micarta sal goed werk.
Kry vir jou 24 uur epoxy vir die eerste mes. 5minuut epoxy is te min tyd as dit jou eerste keer is.
Met n vyl en jig, kan mens jou eerste bevel baie mooi vyl.
As dit kom by die finishing, sorg dat jy die regte skuurpapier gebruik.
So moet nie probeer om 100grit krapmerke met 400grit skuurpapier te verwyder nie.
Jy mors vrek baie geld en vrek baie van jou eie tyd.
Gaan een grit size op om die vorige grit se krappies uit te haal.
Dis nie die moeite werd om te probeer om n chopper n mirror polish te gee nie.
As jy eenkeer met hom gekap het, is jou finish m*&$%$#.
N patina werk baie lekker op 5160 en gee jou mes n lekker antique voorkoms.
Sterkte mens leer met elke mes baie uit jou eie foute uit.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 11:17 am
by spekieries
Nee moet hom nie slyp voor jy verhard nie. Indien jou lem so dun is sal hy brand op die geslypte oppervlak. Daar waar jou snyvlak is moet jy nie onder 1 mm dikte gaan nie. Harambe as jy 'n belt het slyp hy maklik.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 11:18 am
by GooseMan
Hi ZZK,
ja, ek stem saam. Ek sien KMTS het n lekker verskeidenheid van Micarta beskikbaar.
Ek hou nogal van die basiese skuur patrone wat mens kry deur net met die masjien te skuur en dan af te werk met fyn skuurpapier, 800 tot 1000 gritt. Ek sal later al die "fancy" afwerking probeer.
Ek het so paar dae terug een van my ou messe met lelike skerp-maak merke mooi gerestoreer met wat ek verwag was 600-800 gritt en to mooi glad gemaak met 1000gritt.
ek sal definitief jou raad volg met die poxy en die 2-pin voorstel.
cheers
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 11:27 am
by spekieries
Indien dit by tuisverharding kom is die mees vergewingsgesinde staal O1 tool steel en sy direkte broer by Bohler is K460. Dit is hoë koolstof staal en dit roes, maar die staal maak lekker skerp en hy hou sy snyvlak goed. Jy "quench" hom in 'n kombinasie van ou motor olie en diesel. As jy sou belangstel ek het 'n resep is 'n boek wat ek jou sal gee. Ek stem saam dat Micarta die beste grepe maak. Nie altyd die mooiste nie, vir my is mooi hout altyd die mooiste, maar 'n stabiele greep wat nie kraak, krimp, verkleur ,uitdroog of enige probleme gee nie.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 11:40 am
by Harambe
Moet ook nie vergeet om te kom afshow nie. Dis die beste deel.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 12:19 pm
by GooseMan
@Spiekeries, ek sal bietjie rondspeel met die verskillende stale.
Ek sal jou verseker in kennis stel waneer ons naby is om die verharding te doen om daardie resep by jou te kry.
@harambe, ek sal fotos post soos ons aangaan!
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Oct 16, 2017 4:28 pm
by Johan Nel
Hier is ook sommer lekker leesmateriaal van sommige van die manne hier op die forum se pogings
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=137&t=51211
Re: Mes Maak beginner
Posted: Tue Oct 17, 2017 2:42 pm
by GooseMan
Dankie Johan, lekker stuk leesstof.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Nov 06, 2017 12:17 pm
by GooseMan
Goeie Middag
Na al ons gespekke in hierie draaf, kon ek nie meer langer still sit nie.
My eerste messe gemaak die naweek terwyl ek wag vir my ander toerusting om n ordentlike mes te maak.
Het nog nie my skuur papier belde ontvang nie, so hier alles omtrent met die Grinder en fylle gedoen.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri Nov 17, 2017 1:03 pm
by GooseMan
spekieries wrote:Indien dit by tuisverharding kom is die mees vergewingsgesinde staal O1 tool steel en sy direkte broer by Bohler is K460. Dit is hoë koolstof staal en dit roes, maar die staal maak lekker skerp en hy hou sy snyvlak goed. Jy "quench" hom in 'n kombinasie van ou motor olie en diesel. As jy sou belangstel ek het 'n resep is 'n boek wat ek jou sal gee. Ek stem saam dat Micarta die beste grepe maak. Nie altyd die mooiste nie, vir my is mooi hout altyd die mooiste, maar 'n stabiele greep wat nie kraak, krimp, verkleur ,uitdroog of enige probleme gee nie.
Hi Spekieries,
kan jy dalk vir my die Quench olie-diesel resep deur stuur.
groete
Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri Nov 17, 2017 1:44 pm
by FHM
GooseMan wrote:Goeie dag daar,
So, ekt besluit om die "hobby" aan te pak na ure se videos kyk en rond speel op die internet.
Ek gaan probeer n mes maak vanuit n ou fyl. Ek het gelukkig 'n "grinder", "beltsander" and ander fyle om die mes mooi af te werk. Ekt op youtube gesien ek kan die mes verharden sommer in die braai met kole en n haardroer en dan "quensh" in kookolie.
Ek glo ek sal kan werk maak met die gereedskap wat ek het en lekker "elbow grease".
Enige wenke van die gesogte mesmakers op die forum vir n beginner wat hierdie project en hobby will aanpak.
groete
Sterkte, kom wys ons hoe jy vordering maak, baie respek vir julle manne wat die mesmakery aanpak.
Probeer n ou
vyl - gaan beter werk

Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri Nov 17, 2017 2:53 pm
by Dries101
As ek mag n stuiwer in gooi. 5160 gaan jou maklikste wees om by die huis te heat treat. Nie 01 nie-01 kos ook 3 keer meer. Om die beste uit 01 uit te kry soek jy n 20 min soak op temp voor verharding. Dit is naas onmoontlik om dit reg te kry met gas of kool- as jy n digitale oond het dan is jou kop deur.
Jy kan n meter 6mm 5160 koop vir R100. n Ligte olie mengsel as jy moet selfgemaak gaan is 1 part motor olie, 1 part diesel, 2 parte ATF(gearbox olie)
Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri Nov 17, 2017 3:42 pm
by GooseMan
@FHM, sal julle op hoogte hou van die verwikkelinge. Ek sal definitief 'n
vyl probeer.
@ Dries:
ja ek het toe besluit om eerder 5160 weg te gaan.
Ek het al my goeters, staal, handvatsel materiaal ens bestel, wag vir aflewering.
Die 5160 by KMTS is R65 per meter.
dankie vir die olie resep.
Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri Nov 17, 2017 3:51 pm
by Dries101
GooseMan wrote:@FHM, sal julle op hoogte hou van die verwikkelinge. Ek sal definitief 'n
vyl probeer.
@ Dries:
ja ek het toe besluit om eerder 5160 weg te gaan.
Ek het al my goeters, staal, handvatsel materiaal ens bestel, wag vir aflewering.
Die 5160 by KMTS is R65 per meter.
dankie vir die olie resep.
Ek glo daai is 6mm by 25mm stock. by KMTS
Re: Mes Maak beginner
Posted: Fri Nov 17, 2017 8:19 pm
by spekieries
Jammer sien nou eers die boodskap. Ja ek het dieselfde resep as Dries. Dit kom uit die boek "The complete bladesmith."
Re: Mes Maak beginner
Posted: Mon Dec 18, 2017 2:02 pm
by GooseMan
amper Klaar, nog net verharding, handvatsels en skerpmaak.