Page 1 of 1
Bozard&Co London opinie
Posted: Thu Oct 05, 2017 7:47 pm
by Wildeboer
Ek is 'n Bozard & Co vanaf London in dubbelloop aangebied maar ek kry nie rerig inligting op die web.
Enige iemand met 'n opinie wat dalk ene het?
Re: Bozard&Co London opinie
Posted: Thu Oct 05, 2017 7:56 pm
by Heinz Petersen
Re: Bozard&Co London opinie
Posted: Thu Oct 05, 2017 8:01 pm
by Wildeboer
Ek het reeds die bladsy besoek en probeer oplees tot waar hy die net die naam oorgekoop het maar baie dankie in elk geval.
Re: Bozard&Co London opinie
Posted: Thu Oct 05, 2017 8:51 pm
by tripodmvr
Wildeboer wrote:Ek het reeds die bladsy besoek en probeer oplees tot waar hy die net die naam oorgekoop het maar baie dankie in elk geval.
Hoekom kontak jy hom nie? Hy beveel epos aan en dan kan jy reël om fotos te stuur en 'n idee van prys te kry.
Re: Bozard&Co London opinie
Posted: Thu Oct 05, 2017 9:02 pm
by Wildeboer
Dis nogals 'n plan, baie dankie.
Ek het gehoop dat iemand op die forum wel oor 'n soortgelyke geweer beskik en terugvoer kon gee.
Re: Bozard&Co London opinie
Posted: Thu Oct 05, 2017 9:37 pm
by tripodmvr
Die Britse geweermakers is oor die algemeen bekend vir kwaliteit wapens. Watter kaliber is die dubbel?
Re: Bozard&Co London opinie
Posted: Fri Oct 06, 2017 1:02 am
by Pappabeer
Dis soos om te sê jy is n Toyota aangebied. Praat ons van n VX Cruiser, 'n HiAce, 'n 1983 Cresida of dalk n Venture?
Gee fotos met detail van die aksie, proefstempels op die flats, detail oor die kondisie, en dan kan mens ingeligte advies gee.
Re: Bozard&Co London opinie
Posted: Fri Oct 06, 2017 8:29 am
by Johan van Wyk
Bozard was `n winkel en het nie hulle eie vuurwapens vervaardig nie maar eerder wapens verkoop het wat vir hulle in Birmingham vervaardig is, waarskynlik deur Webley & Scott. W&S se beste was so goed soos enigiemand se beste.
Re: Bozard&Co London opinie
Posted: Fri Oct 06, 2017 9:08 am
by Wildeboer
Baie dankie vir die terugvoer sover. Die geweer is nie in my besit maar ek sal seker die naweek kans kry om te gaan kyk na hom.
Dis 'n 12boor kaliber, dubbelsneller met "Bozard & Co Panton St Havmarket London" bo op die rib geskryf. Daar staan ook "Nitro proofed" onder die lope geskryf, basies binne-in die aksie met die Engelse kroon daarby.
Die kondisie oor die algemeen is baie mooi, fyn grafeerwerk op die aksie homself. Hout is nerens gekraak nie en geen skroewe gestrip/gemors mee nie.
Wat sou so 'n tipe geweer werd wees, ballpark figure?
Re: Bozard&Co London opinie
Posted: Fri Oct 06, 2017 9:13 am
by 470rigby
Ek sal fotos moet sien en weet wat die loopdimensies is, dan kan ek jou dalk help
Ek is trots op Pappabeer dat hy deurgaans in kontak gebly het tydens sy uitgebreide wittebrood!!