Page 1 of 1

.270 vaar toe beste by PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 8:48 am
by win270
Ek weet daar is baie goedige gekorswel op hierdie forum oor die .270. Vroeer hierdie week sien ek toe die laaste episode van Wild & Wragtag (DSTV kanaal 144) van huidige reeks en daar's toe 'n insetsel oor 'n onlangse Pro-Amm skietkompetisie. En die wenner met die kleinste groepering was . . . .270 met 130 grein patrone.

Nie te vrot nie of hoe?

:laugh: :laugh:

Re: .270 vaar toe beste met PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 8:50 am
by joe rocket
Daai groep was 2.5mm.

Re: .270 vaar toe beste met PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 8:56 am
by James Wilson
Ek het n stukkende horlosie in my laai, hy is twee keer op n dag reg!

Re: .270 vaar toe beste met PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 9:21 am
by toelie
Blinde hoender pik ook soms n mielie pit raak...........

Re: .270 vaar toe beste met PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 9:22 am
by Supacow
As jul nou marakkas wil sien moet daai man daai 270 hier kom probeer verkoop as n pmp groeperingsroer

Re: .270 vaar toe beste met PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 9:26 am
by Viking
Hier gaan ons ALWEER!!

Langenhoven het gesê "Leë pyp hou toe jou kraan...dan sien die mense jou vir n vol kraan aan!"
Kraan.jpg

Re: .270 vaar toe beste met PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 9:28 am
by Hein M.
James Wilson wrote:Ek het n stukkende horlosie in my laai, hy is twee keer op n dag reg!
++>:

Re: .270 vaar toe beste met PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 9:32 am
by joe rocket
Viking wrote:Hier gaan ons ALWEER!!

Langenhoven het gesê "Leë pyp hou toe jou kraan...dan sien die mense jou vir n vol kraan aan!"
Kraan.jpg

Langenhoven het ook baie bollie kwyt geraak. ++>: ......

Re: .270 vaar toe beste met PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 9:36 am
by heywillie
joe rocket wrote:Daai groep was 2.5mm.
op point blank afstand geskiet ?

Re: .270 vaar toe beste met PMP ProAmm skietkompetisie

Posted: Wed Oct 04, 2017 9:42 am
by jdpretorius
win270 wrote:En die wenner met die kleinste groepering was . . . .270 met 130 grein patrone.

:laugh: :laugh:
Daai een sin se dit alles !
Al daai 270 haaters kan volgende jaar ma weer probeer >:D