Page 1 of 1

7 x 57 Ackley "reamer" gesoek.

Posted: Mon Oct 02, 2017 7:16 am
by Gawie(13mm)
Dagsê.

Laaaang storie kort: Ek is dringend opsoek na 'n 7 x 57 AI-"reamer" om my 7mm se kamer oor te sny. Nie een van die 5 geweersmede om my, het een nie.

Ek wil graag oor 3 weke Xsssa skiet met die roer.

Bel, epos, Whatsapp, koerier, posduif of stuur 'n tellegram. Ek wag angstig by die draadloos! ;D

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Mon Oct 02, 2017 10:17 am
by PWV
Ek simpatiseer met Gawie. Die smid wat sy Ackley gesny het, het nie so 'n goeie joppie gedoen nie en nou sit hy met die probleem om 'n nuwe kamer gesny te kry.
Sterkte!!

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Mon Oct 02, 2017 10:28 am
by Swede
Ek voel jou pyn Gawie!! Die .243AI kan seker ook deelneem daar by Xssa of hoe?

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Mon Oct 02, 2017 10:51 am
by DWB
Ek ken ook van daai klas van bollie.... 80 x 404 doppe later...

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Tue Oct 03, 2017 1:27 pm
by Gawie(13mm)
Baie dankie aan al my forum vriende dat jul die tyd afgestaan het om met my te simpatiseer. Dit het gekeer dat ek my polse afknaag. :P
My vriend Heinz het dit sy missie gemaak om my verdriet te verdryf en 'n "reamer" opgespoor.
Dankie maat.

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Tue Oct 03, 2017 1:38 pm
by Gian_dP
Bly jy het reggekom. Aan wie word die verantwoordelikheid van oorsny toevertrou?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Tue Oct 03, 2017 2:15 pm
by Gawie(13mm)
Gian_dP wrote:Bly jy het reggekom. Aan wie word die verantwoordelikheid van oorsny toevertrou?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Alfred Smith.

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 1:07 pm
by Gawie(13mm)
Ai manne.
Die reamer wat aan my beloof is, is toe al die tyd vir 'n standaard 7x57.

Ek soek dus nog 'n Ackley reamer.

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 3:03 pm
by PWV
Heinz kan die 7x57 reamer "modify"!

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 3:07 pm
by Gawie(13mm)
PWV wrote:Heinz kan die 7x57 reamer "modify"!
Oom, Heinz is goed, maar hy kan nie op water loop nie. ;)

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 3:34 pm
by Gian_dP
Kan jy nie die standaard reamer gebruik en dan net die ackley deel met n 243AI of tombi reamer klaar maak nie?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 3:42 pm
by Gawie(13mm)
Gian_dP wrote:Kan jy nie die standaard reamer gebruik en dan net die ackley deel met n 243AI of tombi reamer klaar maak nie?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
In prinsiep ja, maar dan is die kanse baie goed dat die uitkoms sieselfde gaan wees as wat dit nou is. :-[

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 3:50 pm
by Gian_dP
Gawie(13mm) wrote:
Gian_dP wrote:Kan jy nie die standaard reamer gebruik en dan net die ackley deel met n 243AI of tombi reamer klaar maak nie?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
In prinsiep ja, maar dan is die kanse baie goed dat die uitkoms sieselfde gaan wees as wat dit nou is. :-[
Dis waar.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 4:06 pm
by Swede
Gawie, seker omdat jy 'n Acley soek en nie 'n Ackeley nie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: 7 x 57 Acley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 4:28 pm
by Gawie(13mm)
Swede wrote:Gawie, seker omdat jy 'n Acley soek en nie 'n Ackeley nie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Jy spel net so sleg soos ek. ;D

Re: 7 x 57 Acley

Posted: Thu Oct 05, 2017 4:37 pm
by Gawie(13mm)
Van links na regs.
Standaard 243.
243 AI.
7 x 57.
7 x 57 AI.

Let op die ring merke op die 7 x 57 AI se dop, omtrent 6mm onder die nek.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20171005/22ac87c977ecc7c2a2c3e940f46d2bb3.jpg

Re: 7 x 57 Ackley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 4:48 pm
by LoopSoosStroop
Wat presies is die probleem, ek dog jy skiet al die geweer lank soos hy nou is met groot sukses? Hou die doppe nie?

Re: 7 x 57 Ackley

Posted: Thu Oct 05, 2017 5:38 pm
by Gawie(13mm)
Die kamer het 'n groef in.
Ek het die doppe nou 10 keer geskiet en 3 maal uitgegloei. Na die laaste uitgloei sarsie het die rif op die doppe al meer prominent geword soos ek die doppe in die kamer skiet. In so 'n mate dat die rif in die groef vassit en die doppe deksels moeilik uit die kamer kom. Geweld is al manier.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20171005/6840a5f94753880eaa47f0fd9bb31494.jpg

Re: 7 x 57 Ackley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 6:22 pm
by DiscoBiscuit
Dis nou vir jou 'n ordentlike strontjie. Gaan redelik loop lengte verloor, of hoe?
Verskoon die dom vraag, kan jy nie die agterste deel van die kamer met 'n " honing tool " bietjie gelyk stryk nie?

Sterkte,

Herman


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: 7 x 57 Ackley

Posted: Thu Oct 05, 2017 6:28 pm
by Gawie(13mm)
DiscoBiscuit wrote:Dis nou vir jou 'n ordentlike strontjie. Gaan redelik loop lengte verloor, of hoe?
Verskoon die dom vraag, kan jy nie die agterste deel van die kamer met 'n " honing tool " bietjie gelyk stryk nie?

Sterkte,

Herman


Sent from my iPad using Tapatalk
Herman, dit is juis agv. " boer maak 'n plan dat hy lyk soos hy lyk". >:D

Alle aanduidings, deur 'n paar bekwame kenners op die gebied, is dat ek basies die lengte van die nek gaan verloor, plus 'n mil of 2. Ons praat van 9mm op die meeste. Ek sal dan presies op 26 duim staan en niks verander volgens QL nie.

Re: 7 x 57 Ackley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 6:35 pm
by Heinz Petersen
Wees nou maar net geduldig en laat die JOB reg doen by Geofry. Hy was tenminste eerlik met jou oor n lap en las job.

Re: 7 x 57 Ackley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 7:07 pm
by Diesel Dog
Jy sal darem seker met nuwe doppe kan skiet tot jy n ruimer kan kry. As jy die doppe uitgloei moet jy vermy dat die hitte te ver teen dop afbeweeg dat die dop in die area waar die groewe in die kamer is nog hard bly.

DD

Re: 7 x 57 Ackley "reamer" gesoek.

Posted: Thu Oct 05, 2017 7:52 pm
by joe rocket
Daar is hy nou! Mnr Gloeiman jy moet luister hoe jy met jou doppe moet maak. ;D

Re: 7 x 57 Ackley "reamer" gesoek.

Posted: Fri Oct 06, 2017 8:06 pm
by Hein (Haan)
Gawie help FL Size nie bietjie om die rif terug te druk nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 7 x 57 Ackley

Posted: Fri Oct 06, 2017 10:04 pm
by Heinz Petersen
Hein (Haan) wrote:Gawie help FL Size nie bietjie om die rif terug te druk nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee, dit gaan glad nie help nie. Die groewe is klaar in die kamer gesny. jy gaan net jou tyd en geld mors. Begin van voor af en doen dit reg.
As daar n kort pad was, het die hoofpad daar geloop.