Page 1 of 1
Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Fri Sep 29, 2017 12:02 pm
by DWB
Dagse manne,
Weet julle dalk van 'n geweersmid wat hierdie kits aanhou of waar mens dit kan kry?
Dankie
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Fri Sep 29, 2017 12:26 pm
by Edu
Dalk verbeel ek myself maar ek het gehoor mens kan dit by Thor kry?
Boodskap vir Dawie Nel, hy sal weet.
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Fri Sep 29, 2017 1:33 pm
by tripodmvr
Vir my is die "cock on closing" vinniger synde jy momentum het met die slot toe stoot. Jou rede vir die moontlike verandering?
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Fri Sep 29, 2017 2:29 pm
by DWB
Dankie Edu, Dawie het nie.
Oom Marius, dis vir iemand wat dit soek vir 'n Grootwild geweer
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Fri Sep 29, 2017 3:00 pm
by tripodmvr
Ek verstaan dit nie heeltemal nie, synde die Enfield baie vinniger kan skiet as die "cock on opening" gewere. Die P14 is 'n baster tussen die twee tipes as ek dit nie mis het nie.
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Fri Sep 29, 2017 3:22 pm
by DWB
Ek dink daar wil jy nie weerstand ervaar as jy die slot vinnig moet toe maak nie, maar ek weet nie, ek het 'n M98.
Ek probeer maar net hierdie ou help
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Fri Sep 29, 2017 3:47 pm
by DWB
Lyk my die man se behoefde is om 'n rondte te kan kamer en sy slothefboom bo te hous, soos op 'n m98, en dan net die hefboom te kan afdruk wanneer dit sulke tyd raak. As jy grootwild jag is daai splitsekonde baie belangrik!
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Fri Sep 29, 2017 6:25 pm
by Nella
Ek het so ruk terug een gekoop. .weet daar was nog een op die rak
Sal more gou vir jou uitvind
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Fri Sep 29, 2017 6:40 pm
by DWB
Dankie!
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Thu Oct 05, 2017 8:43 am
by DWB
Dagsê Nella,
Kon jy dalk toe uitvind of jy een kan kry?
Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Thu Oct 05, 2017 2:22 pm
by Nella
Ek vra onverskoning. ..was daar gewees en het heeltemal vergeet van dit.
Maar het hulle gou gebel...hulle het nog een in voorraad.
Hoop jy sit...R4500

Re: Opsoek na Cock on Opening stel vir P14
Posted: Thu Oct 05, 2017 2:25 pm
by DWB
Liewe genade!
Dankie, ek stuur jou 'n PM.