Page 1 of 1

Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 8:45 am
by Bennie Bester
More Almal,

Ek sit met n bietjie van n tameletjie. My kleinseuns 4,5en 6 vra aanmekaar "Oupa, wanneer gaan ons ook kan skiet?"
Ek het besluit op n windbuks, want ek wil nie he hulle moet n vrees vir skiet ontwikkel nie. Hulle moet dit regtig opwindend en lekker vind en graag daarna weer wil skiet.
My probleem is dat ek laas in die 1960's met n windbuks te doen gehad het. Dit was n Gecado 25 en ek weet nie eens meer wat sy uiteinde was nie.
Watter windbuks sal julle aanbeveel wat nie te duur is nie en darem n balon op 15m kan raak skiet?
Ek is seker daar is heelwat lede wat in dieselfde bootjie was en my goeie raad kan gee.

Groete Bennie

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 8:53 am
by tripodmvr
Gamo en Hatsan is van die gewildste "springers" wat ek sou voorstel vir sulke jong manne. PCP windbukse is baie meer gevorderd en 'n basiese veer of "gas ram" windbuks dink ek sou beter werk. Slaan Google en kyk wat is alles beskikbaar.

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 8:59 am
by joe rocket
Die seuns raak vinnig groot, ek sal kyk na n .22 of 223. Koop sommer al drie dan is jy die beste oupa in die wêreld. :laugh:

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 9:28 am
by Ammion
Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 9:30 am
by Ammion
Walther LGV

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 9:32 am
by Klein Chris
Vind uit wie in jou omgewing werk aan windbukse en aan wat se soort en vervaardiger. Kry dan die 1 wat gediens/herstel kan word deur die plaaslike persoon

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 10:03 am
by Meteor
Ammion wrote:Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S
Hierdie is die windbukse waar mens eintlik moet begin koop. Hulle het hout kolwe, skiet akkuraat en is met duitse ingenieurswese aan mekaar gesit.

Hulle gee nie voor om die spoed of daai spoed te skiet en is meer gefokus op konstante spoed, skoot vir skoot, wat meen akkuraatheid kom bo barbaarsheid.

Hulle het van die lekkerste snellers wat ek al gevoel het...of ek is maar net oor jare se gebruik verlief gemaak :o .

Hulle kos nuut R5000-R6000 maar kan opgetel word vir tussen R2500-R3500 as u geduldig op die internet kyk.

HW30 is bietjie skaars op die oomblik en ek self soek een vir sus se kind. Hy is bietjie kleiner as die HW50 en hy sal kinders beter pas maar ek glo die HW50 is klein genoeg vir 'n seun van 8-10 om heel dag mee te loop.

Ons het al lang gesprekke gehad oor PCP windbukse maar ek self voel 'n kind leer nie skiet met so wapen...of n teleskoop. Dit kom eers later. Sy fondamente moet op 'n knaknek windbuks met oopvisiere gebou word.

Groete
U

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 10:32 am
by Capt. Yoda
Luister na wat Ammion se

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 11:12 am
by Arnold
Ammion wrote:Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S
Ek moet eintlik ook een kry en stem 100% saam met die keuse!

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 11:31 am
by Harambe
Klein Chris wrote:Vind uit wie in jou omgewing werk aan windbukse en aan wat se soort en vervaardiger. Kry dan die 1 wat gediens/herstel kan word deur die plaaslike persoon
Ja, jong. Dis mos nou maar een van die nadele van in die 3de wereld bly. Dis ook waarom ek 'n Glock gekoop het eerder as 'n CZ. Want ek het geweet ek sou nie hoef te sukkel met parte en herstelwerk nie. Maar dit moet nou nie in daai afgesaagde argument ontaard nie, ek is heel gelukkig met die ding.

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 12:21 pm
by johannvdg
Ammion wrote:Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S
Goeie advies, behalwe dat die 50 dalk te groot gaan wees vir die manneties, my seun was maar 'n lang skraal laaitjie, en ek het vir hom die HW25L gekry op 5 jarige ouderdom, en noudat hy hom uitgeroei het, sal sy sesjarige sussie hom oorvat.

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 12:30 pm
by Harambe
Ek sal vir jou so se: Die windbuks waarmee ek nog die beste kon skiet was so klein Dianatjie gewees. Ek het op 10 meter bossies raakgeskiet wat dunner as die pellet was. Ek het nou die dag na meer as 25 jaar weer een in die hand gehad en hy skiet nog net so lekker sag en raak. Dis nou wel 'n kleinerigie geweertjie en hy lyk ook nie juis fancy nie. Maar hy skiet 'n nathou.

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 12:33 pm
by Williel
Die Weirauch HW 35 het ek. Wat baie oulik van hom is, is die "locking device" wat maak dat die loop in posisie bly en nie rond beweeg nie, dus skiet hy bitter akkuraat met n teleskoop op. Dan ook n outomatiese veilgheidsknip wat veroorsaak dat jy met elke skoot dit eers moet druk voor die skoot sal afgaan.

Een groot voordeel van die Weirauch is dat jy geen plastiekvisier het nie, alles is yster en dit hou ek baie van.

Re: Watter Windbuks?

Posted: Mon Sep 18, 2017 12:48 pm
by Dirkvh
Ammion wrote:Weihrauch HW30S of Weihrauch HW50S
Stem

Re: Watter Windbuks?

Posted: Tue Sep 19, 2017 3:34 pm
by Bennie Bester
Hallo Almal,
Baie dankie vir julle insette. Ek het nou heelwat informasie wat my kan help met my besluit.
Groete Bennie

Re: Watter Windbuks?

Posted: Wed Sep 20, 2017 12:50 am
by Meteor
Harambe het net so lekker idee. In die dae toe ons nog bacon kon kry vir R4 was daar net twee name wat my gepla het. Diana en BSA.

My ouers het daai tyd 'n gelukkie gevang en daar het bietjie geld gekom vir iets wat ek wou he. Dit was toe dat ek my eerste geweer gekry het.

Die kooperasie hier in Oudtshoorn het twee wapens in ons prysklas gehad en altwee was net die beste. Ek het op die ou einde maar die goedkoper een gekry wat n BSA meteor was maar die Diana was van dieselfde kwaliteit met mooier kolf en beter visiere. Daar was eenvoudig niks om oor te kla met enige van daai twee.
As hulle nogsteeds so mooi is soos daai tyd sal ek enige tyd weer een neem.

Harambe my kunsie was om suurlemone op die stronk te skiet van 10 meter.

Re: Watter Windbuks?

Posted: Wed Sep 20, 2017 4:40 pm
by BenJacobs
Middag oom. Ek het so drie jaar terug 'n Crosman phantom persent gekry. Baie lekker geweer, lig en hy skiet noggal vinnig. Ek het al alles van 'n mossie tot 'n haas met hom geskiet. Hy is ook die mees akkuraatste windbuks (springer) wat ek nog mee geskiet het.
Groete Ben

Re: Watter Windbuks?

Posted: Wed Sep 20, 2017 4:47 pm
by Harambe
Meteor wrote:Harambe het net so lekker idee. In die dae toe ons nog bacon kon kry vir R4 was daar net twee name wat my gepla het. Diana en BSA.

My ouers het daai tyd 'n gelukkie gevang en daar het bietjie geld gekom vir iets wat ek wou he. Dit was toe dat ek my eerste geweer gekry het.

Die kooperasie hier in Oudtshoorn het twee wapens in ons prysklas gehad en altwee was net die beste. Ek het op die ou einde maar die goedkoper een gekry wat n BSA meteor was maar die Diana was van dieselfde kwaliteit met mooier kolf en beter visiere. Daar was eenvoudig niks om oor te kla met enige van daai twee.
As hulle nogsteeds so mooi is soos daai tyd sal ek enige tyd weer een neem.

Harambe my kunsie was om suurlemone op die stronk te skiet van 10 meter.

Ja nee jong. Ek het myne se spring later so pap geskiet dat die bosduiwe net bedonnerd geraak het as ek hulle raakskiet. My pa het hom dan maar gevat en iets aan die spring gedoen en dan was hy weer reg vir so halwe jaar. Ek wens ek weet wat van die dingetjie geword het.

Re: Watter Windbuks?

Posted: Wed Sep 20, 2017 5:21 pm
by Meteor
Solank hy net nie naby 'n amnestie periode verdwyn het :)