Page 1 of 1

Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 11:17 am
by BLOK
Wat dink julle manne van die scope is daar iemand plaaslik wat hom gebruik. Ek moet vir die nuwe 243 n scope bestel vir jakkals skiet, en vir klein Blokkies om mee te jag en dink hy lyk nie te sleg nie.

Hier is link na hulle site.

http://www.burrisoptics.co.uk/fourx.html

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 11:25 am
by Geno
Blok,
Jy kan hom maar aanskaf, hy sal mooi werk!

Groete,
Eugene

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 11:33 am
by BLOK
Ek kry net ni plek wat verkoop van hulle nie >:(

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 11:44 am
by BLOK
Ludwig

Nie eers hulle nie :-\

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 11:46 am
by BLOK
Het van julle manne al van UK af scopes ingevoer want lyk my dis al waar ek gaan kry >:( >:(

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 11:51 am
by Geno
Ek het 'n vriendin met voordele in die UK, sy kom een of ander tyd die kant toe. Dalk kan sy hom saambring?

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 11:52 am
by DWB
Geno is dit nou Oom Beretta se dogter?  ;D

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 11:55 am
by Vosman
Nou wag ek vir Beretta se terugvoer!

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 11:59 am
by BLOK
As dit nie Beretta se dogter is nie klink dit nogal asof ek ook haar byvoordele sal kan geniet :-* ;D ;D

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 12:23 pm
by GreyGhostGear
Blok,

My suster kom die 15de of 16de  SA toe daar van die moddereilandjie af, as jy so vinnig 'n besluit wil neem en dit is 'n "no hassles' proses, kan ek met haar chat en dalk kan sy vir jou enetjie saam bring..
Groete,
Petrie.

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 12:28 pm
by BLOK
Petrie

eK WARDEER, KOM ONS HOOR EERS WAT SE DIE MANNE WAT WEET KAN MENS VAN DAAR INVOER WEET NIE WAT SE DIE WET NIE :police:

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 1:54 pm
by GreyGhostGear
Blok,

Is reg, skrou maar as ons kan help..

Cheers,
Petrie.

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 3:25 pm
by Beretta
Vosman, DWB
Ek watch julle. ;D ;D ;D Blok jy en Geno kan maar geniet. ;D ;D My dogter is ver van daardie eiland af en sy word baie goed opgepas. ;D ;D ;D.Jagmaar jy moet jou sussie mooi oppas. ;D ;D jy kan die body guards leen as jy wil.
Beretta

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 4:30 pm
by BLOK
Het ek nou al vir jou gesurf en vandag en lekker baie oor die scope koop gedink.

Die Burris 3-12x56 wil my voorkom of dit net n UK produk is prys is omgeskakel +- R7200, nou kom die vergelyking Meopta 3-12x56 Meostar R1 30mm Rifle Scope se prys uit die VSA is +- R6800 vir R400 minder en ons weet ons kan van daar invoer sonder moeite, nou die groot vraag ook van die VSA kan ek die Zeiss 3-9x50 Conquest Rifle Scope kry vir +- R4800 nog n R2400 goedkoper as die Burris en nou wonder ek sal die Zeiss se kwaliteit, en lens clarity dit nie eerder regverdig om hom te vat ipv die ander twee nie, is daai 6x werklik nodig of jeuk ek net weer waar dit nie moet nie.

Wat se die manne

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Thu Sep 08, 2011 7:36 pm
by DWB
Ek dink ek gaan more vir my 'n staalborsel koop, vir die dae wanneer dit erg jeuk. Soek jy ook een?

Re: Burris FourX 3-12x56 illuminated

Posted: Fri Sep 09, 2011 1:59 pm
by BLOK
DWB

;D ;D ;D ;D

En as ek kla geskuur het wat koop ek. :-\ :-\