Middag almal dit is weer tyd vir nog 'n lekker BASA shoot op ons Fred Everett range in Bronkhorstspruit. Dit gaan baie spesiaale skietdag wees met die inlywing van ons splinternuwe baan. Ja dit is reg ons het nou ekstra baan bygebou wat beten dat ons in totaal die skietdag oor 4 bane gaan hardloop. Vir baie pret en minder wag voor elke baan omdat die deelnemers meer versprei word.
Vir die wat nie weet nie ons het ook nou elektroniese punte stelsel wat dan op groot skerm die dag se rangllys uitwys. Stof af die groter kalibers 9.3mm en groter en kom toets jou en jou toerusting se vernuf op ons bane. Vir die wat nie groot kalibers besit nie jys is meer as welkom om die bane te skiet met ander kalibers en juniors is ook seker die belangrikste deelnemmers vir die toekoms van ons sport. Bring daardie .22's of groter wat hulle kan hanteer.
Na die tyd kuier ons almal lekker in die lapa oor die dag se gebeure en lekker jagstories.
Nie lede is inskrywing R200 vir seniors R150 vir veterane en juniors kan dalk R100 wees ek is nie seker nie en senior BASA lede se inskrywing is R150. Ek sal julle opdateer oor die bane sodra ek meer informasie hoor hoeveel skote benodig word.
Daar is koeldranke en kos deur die dag te koop bring net jou eie stoele en drankies en vleis vir die braai vir die Lapa.
Hoop om julle te sien vir die wat die laaste keer voor somer nog die lekker reuk van kruit wil ruik en die terugskop in jou skouer terwyl iets jou storm wat kan byt en stamp.
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Mon Sep 04, 2017 2:01 pm
by DWB
My plekkie is al geboek en betaal!
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Wed Sep 06, 2017 4:16 pm
by Fanta300
Moet ons vooraf inskryf of kan ons maar net opdaag?
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Wed Sep 06, 2017 4:48 pm
by DWB
Julle kan op die website vooraf registreer (makliker) of net opdaag!
Hoop julle kom groet darem!
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Wed Sep 06, 2017 5:29 pm
by Rigby
Middag Menere
Fanta, dit help ons baie as jy voor die tyd kan inskryf. Ons is besig om n nuwe elektroniese scoring sisteem te implementeer (Frederick het al daarna verwys), en pre-registrasie help net om die oggend se inskrywings effe gladder te laat verloop. En soos Deon sê, die detail is op die website.
Inskrywings sal middel volgende week sluit (detail ook op die web).
Sien uit om julle te sien.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Thu Sep 07, 2017 12:45 pm
by Frederik
Vandag bevestig 20 skote oor 4 bane dit gaan lekker vet pret wees.
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Tue Sep 12, 2017 6:33 pm
by Fanta300
Hallo Frederik, lyk my ek het te laat geslaap. Vooraf inskrywings het reeds Maandag gesluit. Ek en my skoonseun wil graag kom skiet. Hoe laat moet ons opdaag as ons wil deelneem?
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Tue Sep 12, 2017 6:40 pm
by Rigby
Fanta - ons staan al van 7uur reg vir inskrywings terwyl jy solank n lekker koppie kan drink.
Skote begin al 8uur klap.
Sien julle Saterdag
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Tue Sep 12, 2017 6:43 pm
by Frederik
Oom Fanta soos wat Rigby se sien julle Saterdag.
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Tue Sep 12, 2017 8:23 pm
by Fanta300
Dankie, sien uit na die dag
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Wed Sep 13, 2017 7:01 am
by Rigby
Goeie more Menere
Ek het gou op ons website gaan loer - pre-registrations is wel nog oop. Dit sluit amptelik vanaand (alhoewel daar iewers n nota flikker wat sê dit sou al Maandag toemaak - ons het besluit om tot op #99 oop te bly, juis om soveel moontlik skuts kans te gee om te pre-register).
Ja, registrasie vir vorige shoots is gesluit - maak net seker julle click op registrasie vir die 16/9 shoot. Jy gaan dan vir jou detail gevra word (soos kaliber / gewig etc). Lede en besoekers moet ook net seker maak hulle click op die regte tab aan die begin van registrasie.
Sien julle Saterdag
Groete
Christo
Nog een werksdag manne en dan is dit speeltyd. Ek en my seun gaan sommer saam ander BASA manne by ons skietbaan kamp vir die naweek. Sien julle Saterdag oggend!
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Sun Sep 17, 2017 3:33 pm
by Frederik
Wel wat 'n lekker naweek was dit nie. Die shoot was baie lekker en het jou lekker getoets oor die 4 bane. Hier is 'n skakel van my seun op baan 3 met sy 6.5x55 hy het baie mooi geskiet en baie trots op hom Pa sal moet ligloop want hy het dieselfde hoeveelheid raakskotte as ek gemaak.
Deon, (DWB) het ook baie goed gevaar geluk en daar was 84 skuts deur die bane deur die dag dit was baie suksevolle dag gewees. Die jongmense het dit ook baie geniet kyk net hoe vuil hulle almal is hulle is ons toekoms in skiet en jag.
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Sun Sep 17, 2017 3:39 pm
by DWB
Was vet pret soos altyd! Man moet mooi kop hou.
Oom Fantie, ek het julle mis gekyk.
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Sun Sep 17, 2017 7:58 pm
by Fanta300
Ai, ek is hartseer dat ek op die nippertjie moes uitsak. Gelukkig is die kleinseun, wat in die hospitaal was nou weer by die huis. Hoop ek kan die volgende een maak.
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Sun Sep 17, 2017 8:05 pm
by Frederik
25 November boek die datum nou al vas as julle klaar betaal het vir die dag wat julle gemis het kan julle admin vra om net die geld te skuif na die 25st se skietdag.
Jammer om te hoor oor kleinseun, sterkte.
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Sun Sep 17, 2017 9:25 pm
by DWB
Reg so. Bly dit gaan beter
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Wed Sep 20, 2017 9:25 am
by Frederik
Basie geluk Deon met jou plek in die top tien vir die jaar en dit nogal op jou eerste jaar by BASA.
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Wed Sep 20, 2017 9:28 am
by spekieries
Hey Deon jou Yster, lyk my jy en daai 404 loop soos 'n muis met slippers.
Re: BASA shoot 16 September 2017
Posted: Wed Sep 20, 2017 9:32 am
by DWB
Hahahaha Dankie manne!
Ek is baie in my skik!
Baie geluk ook aan ons mede forum lede:
Rigby (Christo Els no2 en sy broer Benand No1)
Frederik No9!