"Slow cooker"
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
"Slow cooker"
Waar kry ek of wie het enige resepte vir n Slow cooker.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: "Slow cooker"
Gebruik enige potjie kos of bredie resep.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: "Slow cooker"
Heinz, Joe is reg. Ons kan dit seker 'n moerbei pot noem. Gooi die bestanddele in waarvan jy hou en laat dit simmereer totdat gaar of dan die vleis sag is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: "Slow cooker"
My gunsteling kos is jong skaaprib met bietjie sout oor of as my ma 'wit kos' maak.
Omdat ek nie weet hoe baie jy wil weet van dit gaan ek maar raai oor spesifiek hoe dit werk.
Ek glo dit volg maar n potjie metode, sy maak heel moontlik eers die vleis bruin in olie. Dan sit sy die deksel op en kook dit totdat die vleis sag is. Dan gooi sy aartappels en wortels in en as dit sag is is dit klaar. Daar is n kans dat sy dalk klein bietjie sout en pepper al ingooi wanneer die groente ingaan of die groente ingooi direk na die vleis bruin gekook is maar ek is nie seker. Volgens wat ek dink gaan die groente eers in as die vleis bietjie sagter gekook is en die sout en pepper kom in as dit klaar is.

Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: "Slow cooker"
Soos genoem, gooi alles in en kook tot sag , klaar.
Groete
Henning
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: "Slow cooker"
My Wilds Skenkel of Wilds Nek resep vir die Slowcooker:
1 groot uit gekap in klein stukkies
1.5 kg wilds skenkels of nek en 500 gram skaap stowe vleis
750 ml Hoender aftreksel OF 750 ml donker craft bier soos 'n Irish Red Ale
3 Eetlepels vars gemaalde Koljander
1 Teelepel Wonder peper
1 Teelepel Naeltjies
3 Teelepels Sout
1 Teelepel Witpeper
4 Eetlepels bruin asyn
Voorverhit die Slowcooker. Braai vleis in warm pan tot buitekant bruin is en pak in lae in slowcooker. Verhit die hoender (of bier) aftreksel in 'n pot en gooi die speserye en uie in en laat prut vir so 15 minute. Moet nie koue vloeistof oor warm pangebraaide wildsvleis gooi nie want dit maak hom taai. Gooi vloeistof oor vleis en bedek en kook tot sag (4 ure op High). Die laaste uur sit jou aartappels en wortel stukke wat min of meer selfde grootte gesny is by en bedien saam met Basmatie rys wanneer groente sag is.
Vir ekstra smaak druk ek bietjie suurlemoen sap op die vleis na dit op die bord geskep is. Die volgende dag ontbeen jy die oorskiet (indien daar is) en maak pasteie daarvan.

“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
Plant
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Tue Mar 15, 2011 6:10 pm
Re: "Slow cooker"
Ek like die slowcooker kwaai - Meer tyd om my wynversameling te verminder.
Vat n lam se blad (been in).
Smeer met mengsel van olyfolie, Worchester sous en suurlemoensap. (Los vir nag in yskas in braaibak).
Sny n ui of 2 onder in die slowcooker in sodat vleis nie direk aan bodem raak nie.
Volgende oggen, haal blad uit en smeer heel met doree bruin uie sop.
Gooi so 100 ml water in onder op die uie, en die res van die droee sop in die pakkie.
Plaas boud bo op, sit op low en maak gaar vir 8 ure.
Saam met n gebraaide aartappel, en die sous oor n rysie loop hy mooi.
En indien daar oorblei, saam met n soet mostertjie die volgende dag op jou broodjie.
PS, werk vir boud, en ook n heel skaap nek ook.
Groete.

Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: "Slow cooker"
Heinz, van die ouens dink dis net moerbei en kos vir tandlose bakkie jagters (geen verwysing na oom PW nie!)Heinz Petersen wrote:Waar kry ek of wie het enige resepte vir n Slow cooker.
'n Brisket ontbeen of Kortrib wat so stadig gekook is met soja, gemmer, knoffel en rissies gaan maak 'n draai op die kole en kom terug dat min manne dit sal weerstaan.
Wildsbene en kookvleis, uie, lourier blaar, spatsel asyn, swartpeper... kook stadig en dan het jy goeie basis vir wildspastei.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: "Slow cooker"
Oom Heinz,Heinz Petersen wrote:Waar kry ek of wie het enige resepte vir n Slow cooker.
Ek het erens so resepte book wat saam met my slow cooker gekom het. Ek sal bietjie vir hom soek.
Het toevallig gister SWB skenkels in myne gaar gemaak.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3613
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: "Slow cooker"
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: "Slow cooker"
Daars hy nou.
Dankie Boesman, Plant en Carl. Dit is wat ek wil hoor.
Klomp moerby manne hier.
Dankie Boesman, Plant en Carl. Dit is wat ek wil hoor.
Klomp moerby manne hier.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: "Slow cooker"
Heel skaapnek, met jou gunsteling marinade. Kook hom tot net voor hy nou van die been afval. Dan is dit kole toe met hom (alles word beter met kole). As jy aptyd het is dit 1 nek per persoon!! Dis nou nie mooi eet nie so moenie die skoonies nooi of dit vir 'n 1st date maak nie! 
O ja en enige water blommetjie bredie gaan goed werk. Ek sou net nie die blomme ook onder druk kook nie, kook met die deksel af tot hulle net reg is.
O ja en enige water blommetjie bredie gaan goed werk. Ek sou net nie die blomme ook onder druk kook nie, kook met die deksel af tot hulle net reg is.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: "Slow cooker"
Kry 'n skaapboud, steek hom vol gaatjies met 'n skerp mes en vryf hom dan met biltong speserye en gooi 'n klomp braaisous soos Spur se "basting sauce" oor hom. Gooi so twee koppies kookwater in die slow cooker, en dan sit jy die boud in. Laat hom vir so 3 ure op 120 grade gaar word. As jy wil kan jy die ding voor die tyd in die oond grill vir so 15 min, maar dis nie 100% nodig nie. Al die sappe, water en souse maak sommer 'n lekker aftreksel wat jy met 'n bietjie room kan meng om 'n lekker "gravy" te maak.
Vreet hom van die been af soos jy nog altyd wou.

Of so iets
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: "Slow cooker"
Yesterday Boesman, Plant en Carl, julle het my nou 10 stappe vorentoe in die lewe gegee. Dankie
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: "Slow cooker"
Dis wat ek met hom maak:
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=121& ... slowcooker

"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: "Slow cooker"
Twee dinge oor slow cooker.
Voeg by minimum water want die vleis en groente maak hul eie water-gravy.
Groente vat lank om te kook in die slow cooker so voeg dit by in die begin.
Slow cooker werk op sy beste as jy die kos in hom sit in die oggend en as jy in die aand by die huis kom is hy doek sag.
Groete
Henning
Voeg by minimum water want die vleis en groente maak hul eie water-gravy.
Groente vat lank om te kook in die slow cooker so voeg dit by in die begin.
Slow cooker werk op sy beste as jy die kos in hom sit in die oggend en as jy in die aand by die huis kom is hy doek sag.
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: "Slow cooker"
Ek leer hom nog. So dankie vir al die inligting.henning wrote:Twee dinge oor slow cooker.
Voeg by minimum water want die vleis en groente maak hul eie water-gravy.
Groente vat lank om te kook in die slow cooker so voeg dit by in die begin.
Slow cooker werk op sy beste as jy die kos in hom sit in die oggend en as jy in die aand by die huis kom is hy doek sag.
Groete
Henning
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: "Slow cooker"
My mond water eintlik as ek al die resepte so deur lees
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees