Page 1 of 1
Geweer kroon skoonmaak na jy met Silenser skoonmaak
Posted: Wed Sep 07, 2011 7:14 am
by Flip Nel
Kan die gemors wat op die kroon aanpak as jy met 'n silenser skiet jou accuraatheid beinvloed as jy 'n redelike klomp skote skiet sonder om skoon te maak, bv. met 'n cull oor 'n paar dae.
Re: Geweer kroon skoonmaak na jy met Silenser skoonmaak
Posted: Wed Sep 07, 2011 7:21 am
by Monrique (SJ)
Flip
Dit kan verseker jou akkuraatheid laat afneem. Hou maar daai kroon so skoon moontlik.
Groetnis
Re: Geweer kroon skoonmaak na jy met Silenser skoonmaak
Posted: Wed Sep 07, 2011 7:34 am
by Wouter Roets
Flip
Gebruik n goeie carbon remover op n lappie op die kroon om daai aanpaksel te verwyder. Laat die chemikalie die werk doen en vermy koper borseltjies. Dit is die laaste plek van die loop wat jy wil beskadig! Wees maar bietje geduldig die produkte werk oor die algemeen baie goed. Maak net seker al die aanpaksel is weg. 2-3 Keer is gewoonlik al wat nodig is vir n kroon om te luk soos nuut.
Groetnis
Wouter
Re: Geweer kroon skoonmaak na jy met Silenser skoonmaak
Posted: Wed Sep 07, 2011 7:39 am
by BLOK
Baie baie fyn staalwol saam carbon remover nooit iets wat hom kan krap nie. Daai is jou geweer se goudwerd gedeelte
Re: Geweer kroon skoonmaak na jy met Silenser skoonmaak
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:04 am
by Flip Nel
Baie intresant dankie
Re: Geweer kroon skoonmaak na jy met Silenser skoonmaak
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:18 am
by bullseye
Ludwig eliminator kon ook nie my kroon skoon kry nie boretec se carbon remover is egter sy baas sit n nat lappie met boretec carbon remover op kroon vir 2 minute dan lyk kroon asof van draaibank af kom perfek skoon. Dis raad wat ek by jagtersdok of iemand op forum gekry het , nou dat ek daaroor dink ek dink jy het my op die spoor van boretec se produkte gesit.Ek sal nie maklik weer iets anders gebruik nie.Ek het van daai stainless steel jags bestel vanaf Brownells dit is nou 4 weke en het nog niks gekry nie.
Groetnis
Ben.
Re: Geweer kroon skoonmaak na jy met Silenser skoonmaak
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:56 pm
by wlm
Het" Boretec carbon remover" vir die eerste maal gebruik. Dit het aanpaksels op die "topstrap" ,rondom die "forcing cone" en die kamers van 'n Ruger SP101 met gemak verwyder.