Page 1 of 2
Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 8:37 am
by Arnold
Ek dog ek sit die plasing sommer hier by die fotos.
Ons is opsoek na n DSLR, nie entry level nie maar ook nie professioneel nie. Hoof doel is maar om die seuns se rugby games af te neem, stil en video, so daar is taamlike beweging betrokke en dit is in die buitelug in ons reënseisoen ...
Ek hou van Canon maar my oë is nie toe vir Nikon nie. Ek weet Sony, Panasonice etc. het ook goeie aanbiedinge maar ek mainstream probeer bly.
Budget vir kamera, 18-55 en 55-250 (2 lense in hierdie vergrotingsorde) is hier by +-R15k
Enige advies?
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 8:58 am
by Toyrsi
More Arnold.
As dit by SLR kameras kom kan jy maklik die bank breek.
As jy die kamera/lense in reen wil gebruik sal jy ongelukkig na die duurder outjies moet kyk.
Die intree vlak kan net n paar druppels vat dan werk hulle nie meer nie.
Kyk gerus na die Canon D7 Mark 2.
Gebou soos n tank en is gebou vir aksie foto's.
Sorg net dat jou memory card vinnig genoeg is vir hom.
Ek nie so in met die video nie so jy sal bietjie moet navorsing doen.
Kyk ook na die D6.
Lense sal jy ook moet duur koop vir water gebruik.
Moenie 2de handse lense vergeet nie. Kyk by Outdoorphoto of ORMS vir n goeie 1.
Dit gaan nie n maklike kuise wees nie.
Sterkte
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 8:58 am
by Springkudu
Arnold
Ek het begin van die jaat by Orms in Bellville 'n Nikon D3300 gekoop natadat ek my digitale mik en druk in die see gegooi het, die ding neem 'n foto dan wag jy eers vir 7-9 sekondes voor jy volgende foto kan neem. EK gebruik die kamera uitsluitlik vir familie en kinder fotos, glad nie profesioneel nie, en al wat ek kan sê dit is 'n absolute plesier om nou fotos te neem!!!!
Ek is geen kenner in die goed, maar my advies sal wees om met Orms te praat, hulle webtuiste is ook altyd mooi op datum en hardloop goeie specials. Hulle winkel is ook soos Safari Outdoor, baie goed uiteengesit en mooi modern.
Ek het op spesiale aanbieding betaal R7000 met twee lense, so jy sal defenitief 'n baie geoei kamera vir jou budget kan kry.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 9:30 am
by Carl
Arnold,
Die 5D is beslis uit jou begroting net die lyf is meer as R15k. En ja dit is fantasties maar dis professioneel beslis nie nodig vir skole sport vir eie gebruik nie. Ek dink ook 'n goeie idee is om te gaan kyk wat Orms 2de hands het. Die "body" is nie 'n belegging nie, ek het 2de handes 7D lank gelede gekoop en dit werk nog 100% en fotos is uitstekend. Ek het wel al my lense in die professionele klas gekoop.
* die 55-250 is dalk te kort vir rugby en is 'n baie stadige lens. beter
https://www.ormsdirect.co.za/used-canon ... -10-s15442
* gesels eerder met Orms. Al die spesiale aanbiedinge by Game en Makro en Dion is gewoonlik ou tegnologie wat hulle probeer verkoop.
* Canon lense is goedkoper as Nikon.
Hier is 'n uitstekende lens!
https://www.ormsdirect.co.za/used-canon ... -10-s16848 Effe kort maar met 'n 1.4X by is dit genoeg.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 9:56 am
by Toyrsi
Carl wrote:Arnold,
Die 5D is beslis uit jou begroting net die lyf is meer as R15k. En ja dit is fantasties maar dis professioneel beslis nie nodig vir skole sport vir eie gebruik nie. Ek dink ook 'n goeie idee is om te gaan kyk wat Orms 2de hands het. Die "body" is nie 'n belegging nie, ek het 2de handes 7D lank gelede gekoop en dit werk nog 100% en fotos is uitstekend. Ek het wel al my lense in die professionele klas gekoop.
* die 55-250 is dalk te kort vir rugby en is 'n baie stadige lens. beter
https://www.ormsdirect.co.za/used-canon ... -10-s15442
* gesels eerder met Orms. Al die spesiale aanbiedinge by Game en Makro en Dion is gewoonlik ou tegnologie wat hulle probeer verkoop.
* Canon lense is goedkoper as Nikon.
Hier is 'n uitstekende lens!
https://www.ormsdirect.co.za/used-canon ... -10-s16848 Effe kort maar met 'n 1.4X by is dit genoeg.
Askies sien nou ek het gese D5 maar bedoel die D7.
Myne het al geval en net n klein merkie gekry. Werk nog 100%.
N lekker lens is die 100/400 wit lens van Canon, kyk na die ouer generasie baie verkoop 2de hands met die nuwe 1 wat uit is.
Soos Carl se kan jy ook kyk na n 70-200 F2.8 dan kan jy n 1.4 of 2x vergroter by sit.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 9:59 am
by Arnold
Ek het reeds planne om mô by Orms 'n draai te maak
Ai, Toyrsi ... ek weet maar my budget strek nie na die 5D toe nie.
Ek wil darem nou nie in die kaapse reën fotos neem nie maar daar mag dalk 'n druppel of twee van tyd tot tyd op die kamera beland en as ons gaan skiet sal dit maar meestal stof wees.
As ek dit nou regtig druk, en Springkudu koop 'n geweer by my, kom my budget by 'n Canon 80D
Carl, ek is gladnie teen tweedehandse lense koop nie en dink ook dit is 'n goeie idee.
Die 5D MKII kan ek vir so R13k tweedehands optel en die 7D (MK1) vir R10k
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 10:06 am
by Swede
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 10:13 am
by Toyrsi
Arnold die 7D mk1 is n masjien. Vir sport foto's gaan jy sukkel om hom te wen behalwe die MK2. (Vergelyk dit net met ander crop sensors)
Die 7D MK1 is wel al bietjie oud en sy video is nie so geod nie.
Altwee my lense is 2de hands en ORMS sal nie n probleem lens aan jou verkoop nie.
Sterkte met die besluit(Amper soos geweer en scope koop. Hehehehe)
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 10:22 am
by Arnold
Ek is reeds in gesprek met Riaan Keyser

Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 10:29 am
by Arnold
Toyrsi wrote:Arnold die 7D mk1 is n masjien. Vir sport foto's gaan jy sukkel om hom te wen behalwe die MK2. (Vergelyk dit net met ander crop sensors)
Die 7D MK1 is wel al bietjie oud en sy video is nie so geod nie.
Altwee my lense is 2de hands en ORMS sal nie n probleem lens aan jou verkoop nie.
Sterkte met die besluit(Amper soos geweer en scope koop. Hehehehe)
Is nie maklik nie ja.
Ek dink vir die prys sal ek eerder gaan vir die nuwer 70D ... en dan is die nuwer 80D ook aanloklik met sy beter video eienskappe.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 11:36 am
by Jacbrak
Goeie more
Daar is baie goeie "bridge " kameras op die mark deesdae met baie goeie video.
Panasonic Lumix FZ1000 met 1" sensor 24-400mm lens f2.8-4.5.Nuwe FZ2000 nou uit.
Nikon Coolpix B700 met 1/2.3 sensor 24-1440mm lens f3.3-6.5
Sony Cyber-shot RX10 111 met 1" sensor 24-600mm lens f2.4-4.Net hond duur.
Canon Power Shot SX60HS met1/2.3 sensor 21-1365mm lens f3.4-6.5
Beeld is blykbaar baie goed en jy hoef nie n klomp lense saam te dra nie.
Groete
Albert
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Aug 25, 2017 11:55 am
by Springkudu
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Sat Aug 26, 2017 10:10 pm
by Arnold
Ek het my lip hard gebyt
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170826/3c82e7435eaa32eb7feaef0d52ea553e.jpg
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Sun Aug 27, 2017 12:59 am
by Heinz Petersen
Soos die spreekwoord lui. Koop eenkeer en koop klaar. Geluk met daai een.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Sun Aug 27, 2017 9:12 am
by Springkudu
Sjoe, geluk!!! Daai is 'n monster. Jy kan uit die sitkamer fotos neem waar jou kinders in Worcester rugby speel
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Sun Aug 27, 2017 9:40 pm
by Toyrsi
As daai die 70-200F2.8 is is dit n bul van n lens. Baie geluk
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Mon Aug 28, 2017 7:46 am
by Carl
Toyrsi wrote:As daai die 70-200F2.8 is is dit n bul van n scope. Baie geluk
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Nee dit is die F4. Ek het die F4 sonder I/S verkoop vir die f2.8. Ek is nogal spyt, daai f4 is lig en maklik hanteerbaar. Neem vlymskerp fotos. Die f2.8 is 'n baksteen. Maar ja nou het ek dit en dit sal seker my vir ewig hou.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Mon Aug 28, 2017 7:49 am
by Toyrsi
Het self die F4. Baie lekker lens en soos jy se nie so swaar soos die F2.8 nie. Geniet hom.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Mon Aug 28, 2017 8:01 am
by Arnold
Dit is die f4 soos Carl noem. Die f2.8 is net te groot en swaar gewees vir my vrou.
Ek sal dalk nog kyk na n 100-400 en dan iets bietjie beter (meer zoom soos die 18-135) as die 18-55 kit lens maar vir eers moet hy volstaan.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Mon Aug 28, 2017 8:04 am
by Vleisie
Ek het daardie tyd toe die 550D Canon net uitgekom het vir myself so outjie aangeskaf en ek is tot vandag toe nog nie spuit ek het nie, dit is nou nie top of the range soos die 5D ens nie. Maar ek het al baie motorfiets resies en rugby wedstryde afgeneem.
Ek het die 18-55mm kit lens, dan 'n 18-200mm en 'n 50mm fixed lens, volgende lens sal ek kyk na iets meer in die lyn van daardie 100-400mm en 'n lekker 35mm Fisheye.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Sep 01, 2017 4:15 am
by Gerhard
Ek het die Canon 7DMKII en die 70-200 f2.8 Canon lens.
In my opinie een vd top kombinasies as dit kom by vinnige aksie fotos.
Jy gaan die 80D met die f4 70-200 lens baie geniet.
Onthou om in n SD kaart te bele wat se transfer rate 150MB/S is. Anders gebeur dit dat die kaart begin buffer as jy vinnig fotos neem...
Lekker fotos neem!!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Fri Sep 01, 2017 8:37 am
by Arnold
Dankie Gerhard, ja ek het vir so SD kaart bestel.
SanDisk Extreme Pro - 64 GB - SDXC UHS-II
Met die huidige ou kaartjie neem hy darem 26 fotos voor hy begin buffer

Re: Nuwe DSLR?
Posted: Sun Sep 24, 2017 11:53 pm
by Arnold
Die nuwe kamera neem regtig mooi fotos

https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t31.0-8/fr/cp0/e15/q65/21768590_10159434376630341_3430645143825562158_o.jpg?efg=eyJpIjoidCJ9&oh=5e07f22983460a5ac4651ede7944951e&oe=5A3ADF37
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Mon Sep 25, 2017 12:16 am
by Heinz Petersen
Die kamera kan net mooi fotos neem van iets wat mooi is; soos n mooi geweer.
Re: Nuwe DSLR?
Posted: Mon Sep 25, 2017 2:05 pm
by Gian_dP
Arnold wrote:Die nuwe kamera neem regtig mooi fotos

https://scontent-jnb1-1.xx.fbcdn.net/v/t31.0-8/fr/cp0/e15/q65/21768590_10159434376630341_3430645143825562158_o.jpg?efg=eyJpIjoidCJ9&oh=5e07f22983460a5ac4651ede7944951e&oe=5A3ADF37
Baie mooi foto!
Hou van nuwe glase.
FFP en milrad, hoe nou?
Sent from my SM-G920F using Tapatalk