Page 1 of 1

Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 3:58 am
by WJ Myburgh
Ek wil nuwe 308 geweer aanskaf. Wat is julle ervaring, watter van die twee gee beste resultate vir bench rest, Tikka of Howa.

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 6:13 am
by 6.5/284Norma
My Tikka, nee Howa, nee Tikka, nee wag ... Howa, of Tikka. Wat was die vraag nou weer???

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 6:20 am
by Berra .204
Goeie more. Ek ken nie Tikka nie maar lees net goeie dinge oor hulle. Het wel 2 howas en hulle skiet baie mooi vir my. Ek dink die nuwe Howas met nie 26duim lope gaan baie mooi werk. Weet netnie wanneer hulle beskikbaar gaan wees hier by ons nie, dalk weet iemand.

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 7:00 am
by Danie01
Ek het ook altwee en moet sê dat n howa noe n tikka is nie, vir my is tikka aksie beter en gladder en ek glo die loop van tikka is ook beter, maar altwee skiet mooi en waarde vir geld is howa n baie goeie koop.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 7:04 am
by BeesBreet
Ek het 3 Howas en een Tikka... en is mal oor elke een. as geld nie n opsie is nie vat die Tikka!

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 7:10 am
by JPS
BeesBreet wrote:Ek het 3 Howas en een Tikka... en is mal oor elke even. as geld nie n opsie is nie vat die Tikka!
Net so.

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 7:36 am
by Stephan86
Die Howa is beslis goeie waarde vir geld, maar ek moet byvoeg met al die Tikka T3 gewere wat nou so op special is oor die land is dit darm 'n bleddie goeie koop.
Die standaard Howas kos nou almal hier tussen 8K en 10K en sodra jy daai plastiese kolf vervang het kos hul ook hier by die R13K wat meer is as van die Tikkas op special.

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 7:58 am
by tripodmvr
Howa bo.jpg

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 8:07 am
by Kolhasie
ford of hilux? selfde ding. maar jy sal nie een dag trug kyk nie. koop klaar die Hilux!!!!!

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 8:08 am
by Supacow
Tikka.....Smoooooth.....

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 8:45 am
by Ben
Ek het 2 Howa's......Hulle skiet n bars hou!
Maar as ek kon kies sou ek 9/10 n Tikka koop. Daai 1/10 is as hulle nie die regte kaliber het nie......

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 8:46 am
by Malan123
Tikka!!!

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 8:58 am
by joe rocket
Tikka is smooth skiet n bars hou, maar netso skiet Howa ook n bars hou.

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 9:25 am
by Harambe
Ek sou enige dag 'n Howa koop, behalwe as die Tikka min of meer dieselfde kos. Howa is 'n Japanese maak, so hy sal vir ewig hou en so goed werk soos 'n Toyota. Tikka is van Finland af, so hy sal net so lank hou en betroubaar wees soos 'n Nokia.

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 12:17 pm
by Diesel Dog
Al rede dat ek nog n Howa in my kluis aanhou is om te keer dat my Tikkas nie dik nek raak nie >:D >:D >:D

DD

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 2:23 pm
by Johan308
Tikka al die pad!

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 3:32 pm
by nols
Koop 'n Howa dan het jy meer geld om op 'n teleskoop te spandeer !!!!

Re: Howa vs Tikka

Posted: Tue Aug 22, 2017 4:03 pm
by Gawie(13mm)
WJ Myburgh wrote:Ek wil nuwe 308 geweer aanskaf. Wat is julle ervaring, watter van die twee gee beste resultate vir bench rest, Tikka of Howa.
Dagsê.
Wil jy regtig met 'n 308 " bench rest" skiet of wil jy weet watter een van die twee make die maklikste, akuraat skiet?
Ek vra maar net ;D