Page 1 of 1

Nikko Stirling opinie

Posted: Wed Aug 16, 2017 1:26 pm
by Schalk75
Goeiemiddag almal.

Ek wil graag hoor wat dink julle van `n Nikko Stirling teleskoop. Dit is a 3.5-10x44 Gold Crown. Vervaardig in die vroeƫ 2000's.

Ek het onlangs `n nuwe geweer gekoop, wat met die teleskoop kom.

Ek weet dit is maar `n cheap budget scopie, maar ek wil veral weet of hy darem bietjie recoil kan vat.

Hy sal beslis vervang word met iets beter sodra ek `n los geldjie het.

Dankie.
Schalk

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Wed Aug 16, 2017 1:28 pm
by tripodmvr
Ek sal hom nog gebruik tot by 308, maar boontoe gaan hy pakslae kry.

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Wed Aug 16, 2017 1:57 pm
by Schalk75
Dankie. Hy is tans op `n 7x64. Sou hom graag op `n 8x57 wou sit.

Sal hom dalk eers op die kleiner kaliber hou.

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Wed Aug 16, 2017 2:09 pm
by Meteor
'n Windbuks kan 'n skoop breek wat jare op 'n 8x57 sou diens doen...

Edit; lyk my die 3.5-10x44 is die GameKing

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Thu Aug 17, 2017 7:28 am
by Klein Chris
Daar is n 4-16x50 Game King op my sub 12 voet/pond Gamo CFR windbuks en die scope hou nog

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Thu Aug 17, 2017 7:32 am
by Schalk75
Dankie. Ek weet nie wanneer hulle met die Game King reeks begin het nie, maar die scope van my is uit die vroeƫ 2000's, soos genoem.

Ek gaan hom op die 8mm sit. As hy werk, dan werk hy. Indien nie, het ek nie veel verloor in die proses nie.

Groete

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Thu Aug 17, 2017 8:05 am
by Ashley
Meteor wrote:'n Windbuks kan 'n skoop breek
Presies met my Nikko Sterling gebeur;
Windbuks se recoil het die scope se kruishaar 2 keer gebreek. Albei kere in gestuur en reg gemaak, maar ja...

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Thu Aug 17, 2017 6:08 pm
by Cobus(Cobb)
Het NSt op my .22....loop nog mooi.

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Thu Aug 17, 2017 6:15 pm
by Ashley
Nee wat ek glo nou nog myne was dalk n foutiewe ene, om so 2 keer na mekaar te breek.
Maar daar is seker n rede waarom sekere scopes R1000 kos en ander R10 000....

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Thu Aug 17, 2017 11:04 pm
by Vaalbos
Springer winbuks het impuls wat voorentoe hard slaan en daarna weens a gebrek aan interne demping meganismes, heen en weer teen die veer a wilde frequensie in die wapen raam uitstuur.

Koeel geweer stoot agtertoe teen jou skoer wat hulp om die beweeging te demp en die duur van die frequensie is korter weens die vinniger tydsuur van die hele ontbranding en korter looptyd. Daar is ook geen onmiddelike verandering in rigting van die beweeging nie.

Die swaar suier in die windbuks saam met die veer wat heen en weer vibreer tot stilstand, gee die scope a baie harde tyd en die versnellings is in verskillende rigtings. Die slaan van die suier voor teen die stop van die pyp waarin hy loop word deur jou hande gedemp en hulle is baie ligter en minder in staat om die demping te keer as jou skouer met die koeel geweer.

Scope wat op a sterk springer aan die lewe kan bly is werklk a meneer.

My Hatsan 125 skiet omtrent alles los of stukkend. Sommer die lense los binne.
Basise hou ook nie sonder penne en extra klampe nie. Maak my klaar. Loop ook saam met a Leatherman in die wingerd want alle skroewe is ook los na 20 skote.

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Fri Aug 18, 2017 8:46 am
by Ds J
Oop visiere menere. Oop visiere ;)

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Fri Aug 18, 2017 9:18 am
by Klein Chris
Ds J wrote:Oop visiere menere. Oop visiere ;)
Eish!!! Oge is te swak om 40mil bulls eye op 50m raak te sien. Ek sukkel om die face plate raak te sien met n bril

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Fri Aug 18, 2017 10:54 am
by Ds J
Nikko Stirling is 'n merkwaardige teleskoop. Dit is omtrent die goedkoopste maak op die mark, en tog hou hulle vir baie jare. In vergelyking met ander make is hulle amper altyd 'n paar punte agter maar daar is bitter min klagtes oor hulle. Vir 'n windbuks sal ek eerder 'n toegewyde windbuks teleskoop aanskaf maar as dit nie kan nie is die Nikko Stirling dalk juis 'n slim plan omdat hulle vervangbaar is.

Re: Nikko Stirling opinie

Posted: Fri Aug 18, 2017 12:49 pm
by airhunter
Ds J wrote:Oop visiere menere. Oop visiere ;)

Ou Grootmond ;D ;D ;D

Ds J ken jy vir Willem en Joppie van Stella. Dink die plaas se naam is Pretoriuskop?
Lekker gejag daar hoor.

klaar ge highjack

groete