Page 1 of 1
Wat bokke kan sien
Posted: Thu Aug 10, 2017 11:19 am
by Jackalsniper
Ek deel hierdie link van n artikel oor wat bokke kan sien en dit geld dalk vir ander diere ook. Dit se net weer vir my hoe maklik n dier n wit bakkie gewaar...
http://www.outdoorlife.com/blogs/big-bu ... SOC&dom=fb
Die manne met die blou camo gaan seker stry?

Re: Wat bokke kan sien
Posted: Thu Aug 10, 2017 2:13 pm
by Viking
Jackalsniper,
Ek lees hier die amerikaners se bokke kan dalk blou waarneem....maar uit eie ondervinding sal ek dit nie toegee vir ons karoo bokke nie!
Jare gelede het ek al waargeneem, soos menige jagter kan getuig, dat die springbokke en kudus dikwels die aanjaers (in blou overalls) amper plat hardloop voor hulle die aanjaer werklik "sien"
Ek was baie lief om met 'n jean en vloot hemp te jag totdat ek begin besef het die wasmiddel wat my vrou gebruik laat die klere krimp

Menige bok het soms binne 60m van my af kom staan vir 'n doodskoot.
My seun, wat ook met 'n vloothemp jag, het in Swartwater teen 'n hekpaal gesit en 'n kudu koei het van agter af deur die oop hek geloop sonder om hom te gewaar. Sy het nie geweet wat haar tref toe sy neerslaan nie!
As jy stil sit en goed versteek is werk blou klere net so goed soos enige camo - dis my 2c
Re: Wat bokke kan sien
Posted: Thu Aug 10, 2017 2:21 pm
by THOMAST
Viking wrote:
As jy stil sit en goed versteek is werk blou klere net so goed soos enige camo - dis my 2c
Daar word die spyker met die regte hamer ingeslaan!
Re: Wat bokke kan sien
Posted: Thu Aug 10, 2017 2:57 pm
by PWV
THOMAST wrote:Viking wrote:
As jy stil sit en goed versteek is werk blou klere net so goed soos enige camo - dis my 2c
Daar word die spyker met die regte hamer ingeslaan!
Stem!!!
Re: Wat bokke kan sien
Posted: Thu Aug 10, 2017 3:15 pm
by tripodmvr
Ek jag in my blou camo - al werk dit nie om my te laat wegsmelt in die bos nie, sal ek hopelik nie sommer raakgeskiet word nie.
Re: Wat bokke kan sien
Posted: Thu Aug 10, 2017 3:31 pm
by PWV
tripodmvr wrote:Ek jag in my blou camo - al werk dit nie om my te laat wegsmelt in die bos nie, sal ek hopelik nie sommer raakgeskiet word nie.
Is daar dan nie "some method in the madness" van die ouens oorsee wat in die bosse met rooi klere jag nie?
Re: Wat bokke kan sien
Posted: Fri Aug 11, 2017 12:20 am
by Mellies
PWV wrote:THOMAST wrote:Viking wrote:
As jy stil sit en goed versteek is werk blou klere net so goed soos enige camo - dis my 2c
Daar word die spyker met die regte hamer ingeslaan!
Stem!!!
Oom PWV vind seker vooraf uit watter kleur die jagbakkie is om met die 'omgewing' te blend?
Met n vleisie...
Re: Wat bokke kan sien
Posted: Fri Aug 11, 2017 11:56 am
by PWV
Mellies, bokke is nie bang vir bakkies nie. Wel vir die ou op die bakkie. Daarom trek ek camo aan!

Re: Wat bokke kan sien
Posted: Fri Aug 11, 2017 12:07 pm
by Viking
Pieter is dit WIT camo om by die bakkie te pas?
