Teleskoop basisse vir P14

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Teleskoop basisse vir P14

Post by Giepie »

Ek het Maandag 'n P14 in ontvangs geneem. Hierdie geweer is alreeds sporter gemaak. Gou bietjie die loop probeer skoonmaak wat maar 'n stryd is. Nog nie soos ek dit wil hê nie.

Was skietbaan toe om te kyk wat doen dit, maar die skoeëls het die wêreld vol gegaan. Die een oomblik op die teiken, met die volgende een heel van die teiken af. Ek kyk toe na die teleskoop, ringe en basisse. Die ringe is nog goed, maar die teleskoop se paralaks is ver uit. Ander teleskoop opgesit maar steeds was daar nie sukses nie.

Die basissie lyk my die probleem te wees. Dit het Weaver basisse, maar by die voorste een is die ronding glad nie reg nie, dit raak die aksie waar die skroewe in gaan, maar verder is daar baie daglig. Die swembad by die agterkant is met een of ander soort epoksie gevul, maar die skroefie wat daarin gaan is heeltemaal los, die epoksie "skroefdraad" is geheel en al gestrip., maw dit is los.

Die manne wat P14s het, wat se basissie het julle op? Sal 'n rail beter werk?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Teleskoop basisse vir P14

Post by LoopSoosStroop »

Ek het 'n K98 rail "ge-home-gunsmith" tot hy werk. Dis 'n goedkoop alu een stuk tail, dink hy was R280.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Teleskoop basisse vir P14

Post by Giepie »

Dankie. Waar het jy dit gekry?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Teleskoop basisse vir P14

Post by LoopSoosStroop »

Was by Savuti.

Ek moes heelwat aan die ding sny en skuur, en natuurlik gate boor en tap op die aksie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Post Reply