Page 1 of 2
Print-out vs actual lisensie
Posted: Fri Jul 28, 2017 7:23 pm
by Hansieslim
Nogal ongelukkig vandag....
Het so n jaar gelede n kaliber gekoop by Humansdorp (puik diens!!!). Toe ek die sms ontvang het dat my lisensie goedgekeur is, is ek SAPS toe vir die print-out daarvan. Gebaseer op die print-out het Humansdorp vir my my geweer gestuur. Ek baie happy.
Toe koop ek n ander kaliber geweer lokaal. Eergister toe ontvang ek n sms dat die lisensie goedgekeur is. Ek is toe weer SAPS toe vir n print-out. Nou wil die local gunshop nie 'n f$%%^K vir my die geweer gee nie a.g.v. die printout. Hulle vereis die actual lisensiekaartjie!!!
So wat is nou die vereiste van die wet? Mag n gunshop die geweer release op n print-out vd SAPS of is dit wet dat n gunshop die geweer slegs mag oorhandig as die actual lisensekaartjie vertoon kan word?
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Fri Jul 28, 2017 7:33 pm
by Jake1
Ek volg hierdie ene.
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Fri Jul 28, 2017 7:43 pm
by Pappabeer
Ek weet nie wat die wet sê nie Hansie, maar ek weet wat photoshop kan doen. Dis die pad van die minste weerstand...
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Fri Jul 28, 2017 8:24 pm
by Hein M.
Het ook 7 jaar gelede 'n geweer gekry met'n "print out", maar Dewald is reg. Daar is baie bullshitters daar buite...
Dink die geweerwinkel is reg as hulle wil veilig speel
Mooi naweek!
NS! Dit is wel 'n MOERSE frustrasie...
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Fri Jul 28, 2017 8:30 pm
by dennisinpe
My DFO het geseg hulle is gedreig met afdanking sou hulle enige so n printout sertifiseer met doel dat geweer opgetel kan word daarmee. Dis so 3 weke terug.
Dennis
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Fri Jul 28, 2017 8:31 pm
by Springkudu
Ek volg ook die een, maar op dieselfde tyd onvolg (Bestaan daar so woord) "unfollow" ek die een. Volgens my is daar een manier om die ding ordentlik te doen, en dit is met die wit kaart in jou hand en 'n vuurwapen in jou ander hand, al kos dit om vir so 2-3 weke vir 'n kaartjie te wag. Wag liewer 'n 2-3 weke en doen dit op die regte manier as wat jy jou roer binne 'n dag of twee wil gaan haal, word afgetrek en tiegesluit
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Fri Jul 28, 2017 9:12 pm
by LUAN
Wat as jy die vuurwapen privaat koop by iemand? Op die stelsel wys dit hy is op jou naam gelisensier maar omdat die kaart nog nie geprint is mag jy nie die wapen in jou besit he? Wat nou as daar iets gebeur of misdaad gepleeg word met daardie wapen in daardie tydsduur? Dan is jy mos verantwoordelik want die stelsel wys dan hy is op jou naam geregistreer. Dit maak mos nie sin. Wat doen jy as jy jou kaart verloor? Polisie gee jou n printout as bewys dat die wapen op jou naam is. So hoekom nie as jou lisensie net goedgekeur is? Logika is daar nie ongelukkig.
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Fri Jul 28, 2017 10:04 pm
by Fanta300
Ek stem saam Luan. As die wapen by CFR op my naam geregistreer is, is die winkel na my mening onwettig in besit van my wapen. Reëls verander egter elke dag so hou maar by die reëls. Ek weet die wapen winkels word ook deur die plaaslike vuurwapen mense gedreig dat hulle hul lisensies gaan verloor as hulle wapens uitgee sonder die kaartjie so hulle moet ook maar by die reël hou. Geduld...
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Fri Jul 28, 2017 10:38 pm
by Giepie
Polisie by Wierdabrug gee nie meer printout nie. Jy mag eers die geweer in jou besit hê as jy die kaart kan toon. Indien iets tussen goedkeuring en ontvangs van kaart sou gebeur is dit die winkel se probleem. Die polisie het rekord wanneer jy die kaart ontvang het.
Ek moes self ook maar die tyd uitwag. Geweer gekoop by iemand in Riversdale en moes dit laat courier. Ram aanvaar ook nie die printout nie, hulle soek 'n afskrif van die kaart. Was self nogal lus om met photoshop te speel, maar die risiko is net te groot.
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Mon Jul 31, 2017 4:23 pm
by Harambe
Daai tydjie tussen "your license has been approved" en "your card is ready for collection" is darem die ergste deel. Veral as jy bel en vra waarom die ding nog nie gedruk is nie en jy hoor "die printer is alweer af". Gelukkig het dit lanklaas hier in die Kaap gebeur.
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Mon Jul 31, 2017 6:12 pm
by Vleisie
Vrystaat se printer is alweer gebreek. Of altans so verneem ek.
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Mon Jul 31, 2017 8:14 pm
by ruaanb
Ram het die 222 wat ek gekoop van Bloem af gebring sonder enige bewys van eienaarskap. Sommer nog met gewone bakkie ook afgelaai.......3 weke later toe het ek eers my kaartjie.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Tue Aug 01, 2017 7:09 pm
by Giepie
Snaaks, hulle het 'n afskrif van my lisensie en id gesoek, afgelewer met "spesiale" wa. Het jy gesê dit is 'n vuurwapen wat vervoer word?
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Tue Aug 01, 2017 9:51 pm
by ruaanb
Jip toe hulle hier stop toe teken ek gewone koerier slip en op hom het vuurwapen gewys.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Tue Aug 01, 2017 10:24 pm
by theedge
Hier gaan n paar manne nog kwaad raak. Ek is van mening dat elke dfo doen maar sy ding. Weet van n man of 6 wat printout gekry het en die wapen winkel die wapen gegee het, dan is daar weer n man wat printout gekry het en die gunshop wou nie gee sonder die kaartjie nie. Dan is daar weer ouens wat staan op wag vir die kaartjie. Ek dink nie daar is iemand wat die regte antwoord nou kan gee nie. Dink as jy hom kry wees maar bly as jy nie kan kry nie hou duimvas die drukkers werk of die ink is nie op nie. lol STERKTE MAAT HOoP JY KOM REG
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Tue Aug 01, 2017 10:48 pm
by Vleisie
Antwoord wat ek van Wildman af gekry het.
"Ons mag ongelukkig nie sonder die kaartjie die wapen uit gee nie.
Ek wil graag help maar daar was die jaar al paar gevalle waar dit fals was so die Wildman groep het besluit dat ons nie gaan uitgee net op n printout nie, ek se nie joune is fals nie, dit is net n veiligheids maatreel wat ons volg."
Met my DFO gepraat en sy sê ook dat vir hulle gese is om printout te gee hulle in diep sop sal laat beland.
Groete
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Wed Aug 02, 2017 7:54 am
by Ranger
Yes it was possible a few years back to take your printout to the shop and collect. It was changed 4 or 5 years ago if I remember correctly. Like it or not, that's how it works.
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Wed Aug 02, 2017 10:46 am
by Harambe
Dit sou natuurlik nice wees as die DFO vir jou 'n tydelike lisensie kon gee soos wat hulle met bestuurderlisensies maak by die verkeersdepartement. Ek praat nie van 'n papiertjie met 'n paar woordjies en 'n handtekening op nie, maar iets fancy met 'n rooi lint en goeters.
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Wed Aug 02, 2017 11:35 am
by Vleisie
+1 vir daardie tydlike lisensie konsep
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Wed Aug 02, 2017 10:22 pm
by Meteor
Gestel jy verloor jou kaartjie en die DFO kom hou inspeksie. Wat sal jy daai DFO wys? Printout en ID?
Vir die wat regsadvies soek op die blad: MOET ASB NIE, ENIGE ADVIES, van winkels of DFO's, as WET vat, voor jy dit self hersien het. Jy glo dalk hulle sy net aan die versigtige kant maar partymaal, volgens my meestal, sy hulle aan die dom kant... "ek kan my wette opmaak of Piet Polisie het dit gese.
As jou kundige DFO jou al by n padblokade gestop het en jou wapen gevra het en dan die ding vat sonder om die kamer oop te maak en jou vanaf minder as n meter 5 keer oor die gesig rig sal jy verstaan hoekom. Wees eerder kundig as sosiaal opgevoed op die een.
Eenvoudig gestel , 2de handse informasie en die wet hoort nie in dieselfde sin.
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Wed Aug 02, 2017 11:35 pm
by RV
Kan iemand my dalk se wat die wet bedoel met lisensie.Ek kry nerens n omskrywing wat die wet sien as n lisensie nie.
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Thu Aug 03, 2017 8:20 am
by Giepie
Meteor, waar woorde daai. Gerigte of "rumours" word dikwels summier as waarheid aanvaar. Wat ook probleme skep is dat waar een beampte verkeerdelik een keer toegeeflik was, almal dit as nuwe reëling wil toegepas hê.
Die polisie se stelsels met vuurwapens het baie foute wat ons betref en ons kan skree en blaas daaroor, maar dit gaan nie sake verander nie. Lyk my die enigste manier om dit verander te kry is deur hofsake, wat sleg is en duur gaan wees. Dalk moet SA Jagters 'n hofsaak maak teen die swak algemene bestuur van die vuurwapen register dat dit in geheel herorganiseer moet word.

Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Thu Aug 03, 2017 3:51 pm
by Tikka_25-06
Manne ek wag nou al amper 4 jaar vir my eerste geweer se kaartjie...... Gelukkig was dit privaat en ek loop maar so met die blaai van die dfo. Elke keer as ek vra oor die kaartjie se die dfo die stelsel wys hy is gestuur maar nooit ontvang. Ek het al seker so 6 kaartjies na dit ontvang vir ander wapens, maar daai een bly n probleem. So ek hoop nie dit is die geval met n man wat wag vir sy roer by n winkel nie......
Sent from my EVA-L19 using Tapatalk
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Thu Aug 03, 2017 8:40 pm
by ruaanb
vra n reprint aan
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Print-out vs actual lisensie
Posted: Sun Aug 06, 2017 1:43 pm
by jankraay
Vleisie wrote:Vrystaat se printer is alweer gebreek. Of altans so verneem ek.
Die stelling is korrek.
Sent from my iPhone using Tapatalk