Page 1 of 1
Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 1:23 pm
by J le Roux
Ek het vanoggend 'n baie interessante tydjie by ons DFO spandeer. Ek het n 7x57 aangeskaf by 'n mede forumlid

. Die wapen was as '7mm rifle' op die sisteem. Die offisier het my geroep om my te wys dat die stelsel 7mm rifle (blank) wys. Dit beteken dit kan nie meer gebruik word nie.
Die korrekte 7X57MM MAUS(7MM MAUS). Soos ek verstaan was daar nooit n 7x57 op die stelsel nie en is dit nou opgedateer, met die algemene 7mm rifle wat op die stelsel ge-deaktiveerr is.
Uiteinde van die storie is dat ek aangeraai is om n geweersmid verslag te kry en notice of correction in te handig sodat wapen korrek as 7x57 gelisensieer kan word.
Klink dit vir julle moontlik? My vraag is dan nou hoeveel 7x57 is daar wat as 7mm rifle geregistreer is en is bg proses almal se voorland? Sal graag hoor of ander lede al so ondervinding gehad het.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 1:44 pm
by Hein M.
My plankgeweer is as
7.62 geregistreer. Dit staan ook so op die kaartjie. Na regte moet dit 7.62x51 Nato of 308Win wees? Ek gaan beslis nie daaroor worry nie. My aansoek was reg verwoord EN hulle het dit goedgekeur
Mooiloop!
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 2:26 pm
by Louis Kriel
Hein M. wrote:My plankgeweer is as
7.62 geregistreer. Dit staan ook so op die kaartjie. Na regte moet dit 7.62x51 Nato of 308Win wees? Ek gaan beslis nie daaroor worry nie. My aansoek was reg verwoord EN hulle het dit goedgekeur
Mooiloop!
Ek hou van jou "attitude"
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 2:42 pm
by LoopSoosStroop
J le Roux, iemand het op 'n ander draad ook daaroor gepraat.
Blykbaar was daar 'n paar generiese 6 mm en 7 mm kalibers op die sisteem. Ouens het dar dit gebruik om Wildcats en ombouings te doen. Blykbaar het hulle dit nou stopgesit.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 2:59 pm
by Henna308
Ek het 'n soortgelyke ervaring gehad met 'n .22 Hornet wat ek by 'n redelike bekende handellaar gekoop het. Die dag toe ek die aansoek wil inhandig laat weet hulle (DFO) my dat die geweer as 'n .22 Long op die stelsel geregistreer is. 6 maande en 'n geweersmidt verslag later kon ek eers die aansoek inhandig. Dit was in 2011.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 4:52 pm
by Ashley
My 7x57 is geregistreer as "7mm rifle" op my kaartjie.
Was in 2015 gedoen, oor geneem van my pa. So dis nie lank terug nie en ekt geen probleme daarmee gehad nie
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 5:17 pm
by Arnold
Hulle het onlangs (einde laasjaar, begin hierdie jaar) die kaliber kodes verander en vandaar die situasie.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 5:30 pm
by Pappabeer
Arnold wrote:Julle het onlangs (einde laasjaar, begin hierdie jaar) die kaliber kodes verander en vandaar die situasie.
Korrek.
En om dinge erger te maak word alles wat XXXmm Rifle gesê het nou gedruk tydens hernuwing as die kleinste metrieke doplengte op die stelsel. Dis nou volgens n kolonel is Durban se provinsiale kantoor. Beide my 7x57s en amper al my kalibers met metrieke benamings is as 7 of 8 of wat ook al mm Rifle gedruk.
Teidens my onlangse hernuwing van my 9,3x62 het hy dus n 9,3x57 geword. Die ander nadraai van die saak is dat die polisie nou soms weier om uitvoer permitte te gee vir gewere wat as bv 7mm Rifle op die kaartjie bekend staan.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 7:24 pm
by Frederik
Ja die manne wat moet weet van kalibers is nie daar op kantoor nie ek het 'n 6.5 x 58 porra en sy kaartjie het reg uitgekom 6.5 x 58 my seun se 6,5 x 55 lees net 6.5 mm en my 204 Ruger is sommer nou 'n 204 JR wat dit ookal beteken.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 7:45 pm
by J le Roux
Dankie, almal. So basies kon ek nie die 7mm rifle klassifikasie so hou nie, so die kort en lank is die papierwerk moet gedoen word om die korreksie aan te bring. Ek sal laat weet hoe dit gaan.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Wed Jul 19, 2017 11:28 pm
by Heinz Petersen
Ek het ook die kans gevat om my 6mm Dasher se loop vervanging as net 6mm te lisensieer. Dit is toe so ingedien en 3 weke terug het CFR my gebel en gevra watter 6mm dit is. Moes toe maar sê 6mm Dasher. Het verlede week my nuwe kaartjie ontvang. So,ja, die stelsel het verander.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Thu Jul 20, 2017 7:27 am
by JohanvB
Yip..selle probleem gehad met my 300wm om oor die grens te vat Namibia toe..moes verslag van geweersmid kry om te bevestug dat dit 'n 300wm is
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Thu Jul 20, 2017 4:03 pm
by jamalley
Hallo manne - maak seker die kaliber kode op julle wapens is reg - hulle het onlangs daaraan verander - gebruik die sogenaamde Amerikaanse kaliber 9 x 19 vir 9 mm en 762x51 vir .308, ens - pel van my moes 'n baie duur jagtog na Zim kanselleer omdat hy nie uitvoerpermitte kon kry agv hiervan nie.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Thu Jul 20, 2017 6:17 pm
by Hein M.
Dalk moet ek eers die
7.62 laat herkamer na 'n ander dopgrote en dit dan op die stelsel laat regstel
Op my ou plank se aksie staan ook net 7.62. Moet die kaliber dan daar ook meer volledig wees?
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Fri Jul 21, 2017 6:24 am
by win270
Dit lyk my dit is die beste om vooraf 'n verslag by 'n geweersmid te kry (ongeag watter kaliber dit is) en dit dan in te sluit by 'n aansoek. Op die manier is die volledigheid van die aansoekdokumentasie "waterdig" en kan alle moontlike "foute" slegs gebeur by CFR se stelsel.
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Fri Jul 21, 2017 12:01 pm
by ruaanb
my pa moes nou ook so brief vir sy 308 gaan kry het.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Kaiber konsternasie
Posted: Fri Jul 21, 2017 12:25 pm
by Jaco B
Hi manne.
Ek moes ook n geweersmid verslag kry vir my 9x57. Die ou lisensie van vorige eineaar het net gewys "9mm rifle"
Aansoek ingedien en het gister goedkeuring SMS ontvang. Nou net wag vir kaartjie.
Die beste is kry maar die verslag/brief van geweersmid voor jy indien, dan weet jy daar sal nie moeilikheid wees wees nie.
PS. Geweersmid verslag/brief het my niks gekos nie.