Page 1 of 1

Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Thu Sep 01, 2011 10:21 am
by GreyGhostGear
Ek herlaai nie en skiet gewoonlik PMP 150gr.
Probeer toe so tussenin 'n paar ander opsies en hierdie RWS 170gr groepeer eenvoudig net beter uit my Musgrave .308.
Ek het die 4 skoot groep geskiet op 100m met die 170gr. (was grootendeels "luck" want gewoonlik kom ek nie naby dit nie), maar overall groepeer die 170's beter as die 150's. Weet nie wat die groep sou "meet" nie?
Ek is nie eintlik 'n kenner nie, so sal graag wil hoor wat die verskil veroorsaak.
Lekker dag almal (ten spyte van die hartseer dat nog 'n jagseisoen sy gaai gesien het)
Petrie.

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:00 am
by 300Winmag
Wow - waar kry jy daai groot muntstukke !!  ;D ;D

Mens gaan jou laai moet ken om daai te verbeter!

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:07 am
by ArnoldM
Ja nee wat Petrie, stem saam 300Winmag, bly net daar....  ;D ;D ;D ;D

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:38 am
by GreyGhostGear
Ek sou graag wou hoor by die kenners wat die beduidende verskil tussen die 150gr en 170gr uit die geweer veroorsaak? Of is dit nie so eenvoudig nie?

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Thu Sep 01, 2011 11:44 am
by BLOK
Jagmar

Daai is mooi groepering. Wat die verskil maak kan baie faktore wees loop lengte, konstandheis van die kruit in die doppe, tipe kruit in die doppe, daar is baie dinge nog. Of dalk was daai PMP's van jou ook van die Philemon Maak Patrone batches gewees ;)

Blok

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Thu Sep 01, 2011 12:00 pm
by Vosman
Petrie.
Ek is nie 'n kenner maar wat Blok se is waar.
Dit kan ook die koeel se lengte wees, rate of twist, spoed verandering omdat dit 'n swaarder is, of dalk het jy vir 'n slag sonder 'n babbelas gaan skiet. ;D
Die faktore is amper legioen!
Groetnis

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Thu Sep 01, 2011 3:16 pm
by foxripper
Petrie,

Jy maak my sommer excited. Ek het ook .308 Musgrave (Model 80) en doen ook nie die herlaai ding nie. Op die stadium skiet ek ook net met 150gr PMP's want dis die beste groepering wat ek kry, alhoewel dit nou nie die beste groepering is nie.
Ek gaan definitief daai RWS 170gr uit toets.
Is jou Musgrave die Mod 80 of Mod 90?

Groete

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Thu Sep 01, 2011 3:29 pm
by GreyGhostGear
Fox,

Na paar manne se raad het ek nog nooit met hulle gejag nie (dit is die T-Mantel), maar hulle group verseker beter as enige ander maak of greine wat ek al probeer het.

Ek weet nie watse model my Musgrave is nie, maar sal bitter graag wil weet. Die manne wat ek al gevra het weet nie. Ek het die geweer by my pa ge-erf en hy is spotless. Sal mens kan bepaal watter model dit is van foto's af?
Groete,
Petrie.

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Fri Sep 02, 2011 9:27 am
by foxripper
Jagmaar, gewoonlik staan dit baie klein uitgekap langs die kant van die geweer. Ek ken die verskille nie, as jy google (Wikipedia) behoort jy die verskille te kry.
Maar gooi n foto, hier is manne wat jou sal kan se?

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Fri Sep 02, 2011 9:38 am
by FE
Jagmaar,

'n Vriend van my ERX eksperimenteur so met ladings en punt. Een van sy wen resepte wat ek gebruik en baie goed werk, is die Hornady 165 gr interlock BTSP, met 40 gr S335. Hoeveel gr kruit laai jy op die 170 Gr punt, en watse kruit?

Re: Ek dink my .308 hou van 170gr..

Posted: Fri Sep 02, 2011 10:04 am
by GreyGhostGear
FE,

nee, hierdie is sommer van die rak af, ek herlaai nie self nie (nog nie).
groete..