Page 1 of 2
300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 11:53 am
by Skapie
Dag julle
Ek het gehoop julle kan my asb. raad gee, sal dit baie waardeer. Ek het tans 'n 300 wsm en ek oorweeg om dit te verkoop om 'n kleiner all-round kaliber soos 'n 6.5x55, 260 of 270 te kry. Ek het maar net gedink dat iets kleiner die job net so goed sal doen, wat minder skade aan die bok gaan aanrig en die skiet baie lekkerder sal maak, aangesien, soos julle weet, die 300 taamlik skop. Ek neem aan dat mens met 'n kleiner kaliber ook meer akkurater sal skiet a.g.v die minder skop. Dankie julle, waardeer
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 12:00 pm
by Basjan123
'n Mens kan nooit genoeg roere hê nie. Koop eerder die ligte nommertjie by!!

Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 12:01 pm
by Supacow
270 is eintlik n 300 magnum net sonder die pyn

Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 12:01 pm
by Steyr270
Supacow, jy praat so na n man se hart.
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 12:03 pm
by Steyr270
Basjan123 wrote:'n Mens kan nooit genoeg roere hê nie. Koop eerder die ligte nommertjie by!!

Net as die bankbestuurder dit toelaat...(of die ontvanger van al my inkomste...)
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 12:28 pm
by Carl
Skapie wrote:Dag julle
Ek het gehoop julle kan my asb. raad gee, sal dit baie waardeer. Ek het tans 'n 300 wsm en ek oorweeg om dit te verkoop om 'n kleiner all-round kaliber soos 'n 6.5x55, 260 of 270 te kry. Ek het maar net gedink dat iets kleiner die job net so goed sal doen, wat minder skade aan die bok gaan aanrig en die skiet baie lekkerder sal maak, aangesien, soos julle weet, die 300 taamlik skop. Ek neem aan dat mens met 'n kleiner kaliber ook meer akkurater sal skiet a.g.v die minder skop. Dankie julle, waardeer
Goedkoop opsie is om 'n knaldemper op te sit. Maar hier gaan ons nie vir goedkoop opsies nie, ons kyk na veel duurder opsies wat goedkoop lyk

- kyk na een van die nuwe 6.5 kalibers hy/sy gaan baie lekker die 300 ondersteun. Of een van Geno se seksie 6mm platforms.
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 12:32 pm
by Ashley
Ek stem met die manne bo; ek sou ook nie sommer my 300 op gegee het nie.
Voeg eerder enetjie by as jy wil kleiner gaan
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 12:56 pm
by Rem
Skapie,
Ek het self n 243 en is nou besig met n 300wsm custom projek. Die rede wat ek ook stem dat jy dalk moet kyk om ligter geweer by te voeg is wanneer jy wel groter wild wil skiet gaan party boere net reguit vir jou se jou kaliber is te klein (indien jy vir 6mm/6.5mm gaan).
Die argument van n 243/6mm kan enige iets skiet as jy hom reg skiet is korrek maar dit gaan oor of die boer dit gaan toelaat en oor etiese jag.
Ps jy kan altyd n kneldemper op die 300wsm sit. Dit maak n helse verskil en ook ligter punte laai.
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 1:06 pm
by JacquesT (Stompe)
Ek het nou so rukkie geneem en mooi oor jou sitsuasie gaan dink. Eerstens wil ek noem, dat in my oe bestaan daar nie ‘n geweer soos ‘n allrounder nie, elke geweer vervul ‘n unieke doel. Mens gaan mos nie Lost City gaan speel met net ‘n drywer en ‘n putter nie (golf kerels, ek verwys na golf

). Ek kan nie ‘n 6.5 140gr ELD uit ‘n 300WM skiet nie, en so ook nie ‘n .30 208gr ELD uit my Creed nie. Ek gaan ook nie met een van die 2 ‘n bok ‘n bladskoot gee onder 250m met een van hulle nie, mits ek bietjie geld wil spaar op mince vleis. Met die Creed gaan ek ook nie ‘n eland aan pak anderkant die heilige lyn nie, waar met die WM kan jy so 3 heilige lyne kan stoot.
As ons dan gaan kyk na jou probleem, het ons hom nou van ‘n geweer wat alles kan doen, afgeskaal na ‘n geweer wat sagter is op jou skouer maar genoeg skop het vir meeste wild in SA met aanvaarbare vleis skade. Nou soos Carl genoem het, sal ‘n knaldemper jou probleem van terug skop sommer vinning kan uitsort, maar nou los dit ons met die probleem van vleis skade. Hier voel ek, alhoewel kaliber verseker ‘n rol speel, gaan jou koelkeuse amper ‘n goter bydra lewer tot vleis skade (gaan sien Capt Obl se skrywe rakende sagte mantel koels). Maar weereens kom die doel van die geweer/koel keuse tot my gedagte. Gaan skiet ‘n 123gr Amax uit ‘n 6.5x55 op ‘n bok op 100m en jou vleis skade gaan maar baie dieselfde wees as met jou 300, maar skiet hom ander kant 300m en daai koel gaan maak net soos wat ons verwag hy moet. Baie manne hier sal vir jou sê, besluit watter koel wil jy hoe vining skiet met waste kruit, en besluit dan op jou geweer.
As ek jy was sou ek ‘n KD op daai 300 gesit het en hom net so in die kluis gebere het. Ek sou egter ‘n 6.5 gekry het om hom geselskap te hou.
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 1:15 pm
by Pvdw
Dit wat in jou kluis agterbly na die verkoop en dan ook jou banksake help jou om te bsluit of jy moet verkoop of hou.
Ja die nuwe buzzword is maar die 6.5 familie. Ek het self 'n x55 en hy is nou basies my go to gun. Lekker veelsydig met ligter(120-125gr) monos teen so 2800-2900ft\s ; 140gr teen so 2600-2650ft/s en laastens 156gr teen so 2500-2540ft/s. Dit gee jou vanaf lekker medium spoed tot so raak raak aan die vinniger koeëls. Dis nou als uit 22" loop. Jag vanaf haas tot en met bwb en eland met gemak as die drywer sy werk reg doen.
6mm Is ongetwyfeld ook 'n opsie maar my kennis daar is beperk.
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 1:33 pm
by Basjan123
Hier is beslis baie goeie raad op die draad gegee...........

Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 1:36 pm
by Steyr270
Die manne op die 'draad' het baie probleme, maaar duidelik is geld nie een nie..
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 1:43 pm
by Pvdw
CarldeKock wrote:Die manne op die 'draad' het baie probleme, maaar duidelik is geld nie een nie..
Mooi gestel.

Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 2:21 pm
by Carl
CarldeKock wrote:Die manne op die 'draad' het baie probleme, maaar duidelik is geld nie een nie..
Carl, dis nie ons geld nie so ons kan spandabelrig raak!
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 3:01 pm
by Skapie
Baie dankie vir al julle raad, waardeer dit. Dink ook ek moet maar eerder die 300 hou. Ek het alreeds 'n ERC knaldemper op, maar blykbaar is hulle nie goed nie. So, ek sal 'n ander een kry. Wat sal julle voorstel? Dankie
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 3:08 pm
by twinhunter
Middag Skapie,kyk gerus na die Aimzonic hulle is tops in my oë.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 3:11 pm
by ruaanb
As die ERC jou nogsteeds laat swaar kry dan moet daai n bitter ligte geweer wees
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 3:26 pm
by Flip Nel
Skapie wrote:Baie dankie vir al julle raad, waardeer dit. Dink ook ek moet maar eerder die 300 hou. Ek het alreeds 'n ERC knaldemper op, maar blykbaar is hulle nie goed nie. So, ek sal 'n ander een kry. Wat sal julle voorstel? Dankie
Daar is ander maniere ook om hom ligter te laat skop soos kwik buis in die kolf hou hom eerder
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 3:27 pm
by LUAN
Of dan is jy bietjie lig, silincer verander gaan nie so baie help. Jy moet dan maar na n ligter kaliber kyk wat seuntjies nog gebruik jy weet daai 270 ding

Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 5:27 pm
by Sean3006
@ Carl de Kock... Ek lag nou lekker vir daai woorde wat jy so mooi gestel het.
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 5:47 pm
by Jake1
Kry n 6.5 ja, die terugskop en vleisskade van die 300 pla jou en klaar, verkoop hom sonder sy scope, as jou fondse dit nie nou toelaat nie sal sy verkoopprys jou help, dan sit jy met n geweer wat jy like met min recoil en minder vleisskade (as jy regte koele gebruik) voor volgende jaar se jagseisoen en kan lekker teikenskiet sonder lam skouers.
Raak ontslae van jou unieke probleem dis maar net my beskeie mening.
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 5:56 pm
by henning
Skapie wrote:Baie dankie vir al julle raad, waardeer dit. Dink ook ek moet maar eerder die 300 hou. Ek het alreeds 'n ERC knaldemper op, maar blykbaar is hulle nie goed nie. So, ek sal 'n ander een kry. Wat sal julle voorstel? Dankie
Skapie, ek gaan nou paar dinge se wat gaan kommentaar uitlok maar vir my werk dit 100%
Ek het n 300 WSM omdat ek n plat skieter gesoek het na my 30.06. ( Ek is baie vrot met afstand skat)
Die 300 se spoed het my gepla met vleis skade dus laai ek nou Impala koeels vir die laaste twee jaar en my probleem is opgelos. Vleis skade is sommer baie minder as my jag maat se 308.
Ek laai 130 grein Impala wat my die plat trajek tot op 300 meter gee. Jy hoef nie hoog of laag te mik nie hou net op die mikpunt en jy is op die merk vir jag doeleindes.
Ek het n silent hunter knaldemper op en ook n kwikbuis in die kolf en terug skop is absoluut minimaal.
My opsomming is dat die 300 is n uistekende kaliber waarmee jy baie kan doen.
Jy kan hom so mak soos n lammetjie maak maar hy skiet nog n bars hou.
Groete
Henning
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 6:13 pm
by Capt. Yoda
Laai daai wsm met 130gr krieke
Ps my 06 stoot n groot koel vinneger/platter as meeste manne se wsms

Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 6:50 pm
by Basjan123
Watter maak 300 wsm is dit ?
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Posted: Thu Jul 13, 2017 7:08 pm
by henning
Basjan123 wrote:Watter maak 300 wsm is dit ?
Savage