Page 1 of 1
So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Tue Jul 11, 2017 8:20 pm
by Jurgen Visser
Die goeie ou tye , daar is darem maar 'n paar mooi stelle horings daar , dit is mos hoe trekbokke moet lyk
Jason gaan nou die fotos laai
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Tue Jul 11, 2017 8:29 pm
by joe rocket
Mega springbokke van toeka se dae toe daar nie "smarties" was nie.
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Tue Jul 11, 2017 8:30 pm
by joe rocket
Nog enetjie.
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Tue Jul 11, 2017 8:42 pm
by skollie
Ons voorvaders het ook maar lekker gemors..........
Sent from my SM-T815 using Tapatalk
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Tue Jul 11, 2017 8:58 pm
by Jake1
Waar kan ek meer oplees van die Geskiedenis van die Springbok, verspreiding .. afname in getal ens?
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Tue Jul 11, 2017 9:31 pm
by Jurgen Visser
Jake1 wrote:Waar kan ek meer oplees van die Geskiedenis van die Springbok, verspreiding .. afname in getal ens?
Ek sien op die een foto staan " The last "Trekbok" Hunt - Strydenburg 1896"
My swaar het nou afgeneem die fotos , hang teen muur in kamer wat hulle oornag op Graaff-Renett
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 7:29 am
by Gawie(13mm)
Hoe moet hulle lyk? Dood?
Die "ou" mense het nie gemors nie. Hulle het maar net geglo aan manna uit die hemel. Wanneer dit pap reën, moet jy skep.
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 7:31 am
by Springkudu
Wonder watter scopes het die manne toe gebruik, FFP / SFP.......

Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 8:49 am
by dehacked
Springkudu wrote:Wonder watter scopes het die manne toe gebruik, FFP / SFP.......

Hulle was een geweer manne.
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 9:13 am
by joe rocket
dehacked wrote:Springkudu wrote:Wonder watter scopes het die manne toe gebruik, FFP / SFP.......

Hulle was een geweer manne.
En nee dit was nie ' n 270 nie.

Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 9:19 am
by skollie
Gawie(13mm) wrote:Hoe moet hulle lyk? Dood?
Die "ou" mense het nie gemors nie. Hulle het maar net geglo aan manna uit die hemel. Wanneer dit pap reën, moet jy skep.
...... Klink soos ons regering
Sent from my SM-G935F using Tapatalk
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 10:28 am
by Langeraat
Wonder waar was hulle gewere gezero...

Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 10:49 am
by Jake1
Hier is meer inligting oor die trekbokke, ek wonder waarmee het meeste manne geskiet, 303?
http://www.farmersweekly.co.za/archive/ ... trekbokke/
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 1:14 pm
by FHM
Arms and Means:
By the late-1800’s Germany’s most modern
Mauser bolt action rifle with 5-round internal magazine was imported when war loomed, and
was widely used by Kommando members. As the war progressed, Boer Kommandos armed themselves with
English Lee-Metford rifles captured from British POW’s in large numbers. This became necessary as the resupply of ammunition from British stocks was very convenient.
http://www.armchairgeneral.com/south-af ... part-i.htm
https://en.wikipedia.org/wiki/Boer_Commando
"
most burghers were issued with the modern, clip-loading Mauser rifle, but a range of weapons were in use, including:
Remington Rolling Block rifle
Winchester rifle
Vetterli rifle
Mauser Model 1895 rifle
Martini–Henry rifle
Krag–Jørgensen rifle
Enfield rifle
Lee–Metford rifle
Guedes rifle
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 1:24 pm
by Pvdw
Die "ou" mense het nie gemors nie.
Die is ongelukkig nie waar nie.
Ou oom in ons skietklub vertel my hoe hy as seun springbokke in SWA geskiet het. Hy moes vakansies letterlik daagliks 1 springbok op sy oom se plaas skiet. Hy het leer sak gehad waarin slegs die 2 boude en rugstringe gesit is. Die res net daar gelos in die veld. More weer selle storie en oormore weer en weer en weer. Sy oom het nie van gister se vleis gehou nie.
So elke nou en dan is bees geslag en dan moes hy gou derms vir wors gaan kry. So gesê, so gedaan. Blouwildebees was die regte ding vir wors casings. Skiet bwb haal -ek dink- dun derm uit en daar gaat hy huistoe. Los daai bees net daar want geen ordentlikke mens eet bwb nie
Die oom vertel my dat hy nou maar eers latere jare begin kyk het na bwb biltong en vandag voel hy skaam en hartseer oor daai dae maar dis hoe dit was.
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 1:32 pm
by DawieKotze
Langeraat wrote:Wonder waar was hulle gewere gezero...

Ek weet nie of hulle van daai goed geweet het nie. Ek lees hierdie stukkie raak op 'n ander site...
Na aanleiding oor die vraag: hoe skat skiet jy met ñ 303. Hiermee dan ons ervaring, hoop dit help jou. Die is dan nou met kêffie patrone geruil by ou Janke vir skaap afvalle.
Wel ek sal nou nie weet van goette soos drop en koefisante en ballastieke nie, maar pa het geleer jy eet wat jy skiet en koels is kosbaar, die laat ek nou maar nie plate en borde skiet nie, hoe eet mens dit dan nou. So oupa het pa geleer en pa vir my, jy skiet hom potshot op 150 tree. Dan is jy veilig op 100 en 200 tree. As die kossies nader staan as 100 tree dan gooi jy hom met ñ klip. So sal jy dan nou ñ plaagdier soos jakkals vat: jy skat hom 400 tree, jy vat hom op die haartjies op die punt van sy oor, plus 2 wysvingers, dan is dit mooi kopskoot. Hobas skat jy so 800 tree, jy vat hom op die flatspot op sy kop, plus dan twee goeie jaar groenmielies, jy pot hom dan mooi deur die nekstring. Ons het nie juis verder as 1300 tree geskiet nie, want dan moet jy so ver loop dit maak die vleis taai. Van skiet nader as 100 tree weet ek ook nie veel nie. Ek hoop die help jou navraag.
Groetnis
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 1:55 pm
by FHM
DawieKotze wrote:Langeraat wrote:Wonder waar was hulle gewere gezero...

Ek het lekker gegrinnik vir die stukkie - dankie

Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jul 12, 2017 4:58 pm
by Gawie(13mm)
Langeraat wrote:Wonder waar was hulle gewere gezero...

....op die blad natuurlik.

Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Fri Oct 20, 2017 12:56 pm
by Ali308
Ek dink daai was harde maar lekker tye.
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jan 10, 2018 12:11 pm
by Theunodb
DawieKotze wrote:Langeraat wrote:Wonder waar was hulle gewere gezero...

Ek weet nie of hulle van daai goed geweet het nie. Ek lees hierdie stukkie raak op 'n ander site...
Na aanleiding oor die vraag: hoe skat skiet jy met ñ 303. Hiermee dan ons ervaring, hoop dit help jou. Die is dan nou met kêffie patrone geruil by ou Janke vir skaap afvalle.
Wel ek sal nou nie weet van goette soos drop en koefisante en ballastieke nie, maar pa het geleer jy eet wat jy skiet en koels is kosbaar, die laat ek nou maar nie plate en borde skiet nie, hoe eet mens dit dan nou. So oupa het pa geleer en pa vir my, jy skiet hom potshot op 150 tree. Dan is jy veilig op 100 en 200 tree. As die kossies nader staan as 100 tree dan gooi jy hom met ñ klip. So sal jy dan nou ñ plaagdier soos jakkals vat: jy skat hom 400 tree, jy vat hom op die haartjies op die punt van sy oor, plus 2 wysvingers, dan is dit mooi kopskoot. Hobas skat jy so 800 tree, jy vat hom op die flatspot op sy kop, plus dan twee goeie jaar groenmielies, jy pot hom dan mooi deur die nekstring. Ons het nie juis verder as 1300 tree geskiet nie, want dan moet jy so ver loop dit maak die vleis taai. Van skiet nader as 100 tree weet ek ook nie veel nie. Ek hoop die help jou navraag.
Groetnis

Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Jan 10, 2018 1:27 pm
by Frikkie Coetzee
Jurgen Visser wrote:Jake1 wrote:Waar kan ek meer oplees van die Geskiedenis van die Springbok, verspreiding .. afname in getal ens?
Ek sien op die een foto staan " The last "Trekbok" Hunt - Strydenburg 1896"
My swaar het nou afgeneem die fotos , hang teen muur in kamer wat hulle oornag op Graaff-Renett
My ouma was op skool in Britstown. Dorp langs Strydenburg. Ons familie grond is meer wes maar basies tussen die twee dorpe. Sy het vertel dat as kind op skoolhet die bokke by die pan buite die dorp kom drink. Die troppe het dan vir as drie dae gevat om verby te trek.
Ditmoes miljoene bokke gewees het.
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Feb 21, 2018 12:01 pm
by Jo Toast
Dink julle dis nog die moeite werd om vandag Springbok te skiet teen die pryse wat tans gevra word?
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Feb 21, 2018 12:35 pm
by KalahariKlong
Dis altyd die moeitewerd om springbok te skiet.
Dalk is dit maar omrede die kalahari in my bloed is.. maar 'n springbok jag vir my, is 'n spesiale jag.
Dis wel hartseer dat hulle so duur raak. Defnitief van die lekkerste vleis wat jy kry.
Groete
KK
Re: So moet 'n springbok mos lyk
Posted: Wed Feb 21, 2018 12:47 pm
by Harambe
Springbok droewors... Ek gryp altyd 'n paar pakkies springbokwors as ek dit in checkers sien en dan hang ek hom op. Miskien eendag as ek 'n jaggeweer het sal ek my eie loop skiet.