Jag in Kuruman Heuwels...
Posted: Wed Jul 05, 2017 7:59 pm
Goeie naand...
Dis al 'n paar jaar wat ek en 'n skoolvriend probeer om saam te jag met ons seuns....hierdie jaar het alles realiseer. Ek en Myburgh het die keer ons gewere by die huis gelos vir 3 dae en net ons pelle bygestaan in die veld. Die wild is baie mak en mooi en die boer weet presies wat in sy veld aangaan. Die eerste middag het ons net gaan kyk of die gewere reg skiet en oppad trug huis toe het hierdie mooi varkbeer skuins teen die berg uitgedraf en die jong man het effe koors gekry en baie te hoog geskiet en die tweede skoot was presies. Hy was baie opgewonde en ons was saam met hom bly. Die bokke was mooi en die skote was goed met hier en daar 'n skoot wat effe te laag of te links was, maar daar was geen kwesbokke. Die aande was soos gewoonlik weer lekker om die vuur. Hier is paar fotos.
Groetnis