Page 1 of 1

Nuwe Musgrave eienaar.Wil graag meer weet.

Posted: Tue Jul 04, 2017 6:24 pm
by andriesrossouw
Ek het vir my n 243 Musgrave met n Weaver X4 K-Series scope gekoop en wil graag meer weet indien moontlik.My opsies was n nuwe 243 of n stukkie geskiedenis en het besluit op iet om vir my seun eendag te los.Ouderdom, tiepe slot ,model wil ek graag weet..Die loop is 25 duim en lyk nog redelik standaard.Help asb.

Re: Nuwe Musgrave eienaar.Wil graag meer weet.

Posted: Tue Jul 04, 2017 6:29 pm
by andriesrossouw
Jammer vir die swak fotos ,dit is n ou selfoon. :laugh:

Re: Nuwe Musgrave eienaar.Wil graag meer weet.

Posted: Tue Jul 04, 2017 7:09 pm
by tripodmvr
Jy sal duideliker fotos moet plaas. Neem ook een van die aksie - dit is wat gewoonlik dit maklik maak om die model te identifiseer.

Re: Nuwe Musgrave eienaar.Wil graag meer weet.

Posted: Tue Jul 04, 2017 7:20 pm
by OosKaapJagter
Dit lyk soos die eerste produksiereeks Vrystaat Mk 1.

Dit is nie ek wat 'n kenner is nie. Daar is mooi foto's en 'n beskrywing van die gewere vanaf bladsy 20 tot 24 in die nuwe boek "Firearms developed and manufactured in South Africa 1949 - 2000". Dit is van so ongeveer 1970 af vervaardig. Volgens die boek sal dit waarskynlik die Vrystaat slotaksie wees; Musgrave se weergawe van 'n Mauser 98 aksie.

Nou kan die slim ouens regstellings en aanvullings doen.

Re: Nuwe Musgrave eienaar.Wil graag meer weet.

Posted: Tue Jul 04, 2017 7:36 pm
by andriesrossouw
Dankie.Gaan def die boek koop.Sal beter fotos opsit as ek hom kry.Ek skat nog so 2 weke.Wat bietjie pla is die 25 duim loop.Alles wat ek lees is 24 en 26 lank en dit lyk nie asof daar gepeuter is nie.

Re: Nuwe Musgrave eienaar.Wil graag meer weet.

Posted: Tue Jul 04, 2017 7:47 pm
by Philip J
Ek kritiseer nie, daarvoor is ek te lief vir my Musgrave, maar jy moet onthou dat Musgrave nog in sy kinderskoene was toe die Vrystaat Modelle die lig gesien het. Die manne het nog eksperimenteer met allerahande kombinasies. Ek sou my nie te veel laat lei deur die loop lengte nie. Dis brosjure het nou wel gesê dis n 610mm loop, maar ek glo daar was langer en korter lope ook gebruik. Dit lyk definitief soos n Vrystaat model met die Rep. van Suid-Afrika op die aksie.

Re: Nuwe Musgrave eienaar.Wil graag meer weet.

Posted: Tue Jul 04, 2017 7:51 pm
by Philip J
;) NS: soos OosKaap Jagter tereg sê, die boek deur PAAA het n baie mooi afdeling oor Musgrave se gewere en geskiedenis. Dis maar waar my "slimmigheid" ook vandaan kom ;)