Page 1 of 1

Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sat Jul 01, 2017 10:49 pm
by Ben Remington
Goeie naand...

Ek was gelukkig om die Bergskaap te kon dood skiet. Die skaap is die oggend so teen 09h00 gekwes deur 'n bejaarde oorsese jagter en die boer het gevra of Ruger dalk kan kom help. Teen 12h00 was ons min of meer op die plek waar die skaap laas gesien was, maar daar was geen opsigtelike bloed of spoor nie, die terrein was baie onherbergsaam en die kranse baie hoog op plekke. Ek het Ruger maar losgemaak en het gesien hy stel nie vreeslik belang nie en ek kon sien hy soek die spoor. Na so 5 minute se loop kon ek sien sy gedrag verander en hy het doelgerig op die rotslyste begin spoorvat. Seker so 100m voor ons in die skadu van 'n Wilde Kransvy op die rotslys het 'n bergskaap gestaan en ek het Ruger weer gehaak aan die leiband , maar ons kon nie sien of dit die gekweste skaap was nie. Die skaap het ons opgemerk en teen die rotslys afgeklim. Ons het paar druppels bloed gekry onder die boom en op die oomblik het hy reg berg af gehardloop en dit het gelyk of hy niks makeer nie...die boer het 3 skote geskiet en vir my gesê ek moet skiet, die skaap het reg weg gehardloop van ons en ek het so 'n meter voor hom gemik en geskiet , die skoot het mooi geklap en die skaap was weg met 'n paar kudus wat 'n entjie regs van ons wegspring. As gevolg van die hoë kranse moes ons op 'n ander plek probeer om die berg af te gaan. Na 'n tydjie het Ruger die skaap in 'n bos gekry en my skoot was mooi tussen die skouers en die kop in...hoe gelukkig kan mens nou wees. Die ou oom was baie bly oor die skaap wat nie weggekom het nie.

Groetnis

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sat Jul 01, 2017 10:51 pm
by Flip Nel
Baie Geluk

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sat Jul 01, 2017 10:55 pm
by Ben Remington
Dankie Flip...

Eerste keer wat ek te doen kry met die skape...hulle is vir my in dieselfde klas as ñ kudu wat stilstaan en wegkruip betref en ongelooflik rats op die rotse...ek dink dis ñ sterk en geharde spesie....dalk het iemand hier meer inligting omtrent hulle.

Mooi aand verder

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sun Jul 02, 2017 8:38 am
by ruaanb
Soos ek verstaan is die vleis ook nie te aanbeveel nie.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sun Jul 02, 2017 10:37 am
by tripodmvr
Barbary sheep
Animal
The Barbary sheep is a species of caprid native to rocky mountains in North Africa. Six subspecies have been described. Although it is rare in its native North Africa, it has been introduced to North America, southern Europe, and elsewhere. Wikipedia
Scientific name: Ammotragus lervia
Mass: 40 – 140 kg (Adult)
Height: 80 – 100 cm (Adult, At Shoulder)
Higher classification: Ammotragus
Phylum: Chordata
Did you know: The aoudad stands about 102 cm (40 inches) at the shoulder. britannica.com

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sun Jul 02, 2017 12:06 pm
by 243Songdaug
Mooi Ben. Eks bly on te sien die manne taak nou al meer hier by ons ook

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sun Jul 02, 2017 4:54 pm
by joe rocket
Baie geluk Bennie dit is voorwaar n voorreg, baie mooi skapie daardie!

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sat Aug 12, 2017 8:25 pm
by Vlakvark Soldaat
Well done Ben!

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sat Aug 12, 2017 8:34 pm
by ricus 1
Hallo almal. Kan iemand vir my se waar in ons land kan mens hulle jag en wat kos hulle? Ek wil iets anders jag volgende jaar.

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sat Aug 12, 2017 8:39 pm
by PWV
Geluk Ben. Jy moet sy wol verkoop! ;)

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sat Aug 12, 2017 9:54 pm
by Mellies
ricusu wrote:Hallo almal. Kan iemand vir my se waar in ons land kan mens hulle jag en wat kos hulle? Ek wil iets anders jag volgende jaar.
Kuruman & Carnavon areas weet ek redelik Bergskape te jag.

Wat die prys nou is weet ek nie?

As jy dink jy gaan iets met daai vleis doen hou maar verby. Dieselfde reuk as n Boerbokram!

Met n vleisie...

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sat Aug 12, 2017 11:39 pm
by ricus 1
Dankie Mellies. Ek het gehoor die ramme stink En is nie eetbaar nie. Dit klink net na n goeie challenge vir my. Dis een van daai ramme of n Jong kameelperd wat ek volgende jaar wil jag. Groete Ricus

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sun Aug 13, 2017 5:40 pm
by 470rigby
Mens jag nie 'n kameelperd nie, jy skiet hom.... Vra vir Pappabeer

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Sun Aug 13, 2017 8:07 pm
by ricus 1
Haha ;D Ek soek daai lang lang biltong.

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Mon Aug 14, 2017 6:48 am
by EtienneA
Give that dog a Bells!!

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Mon Aug 14, 2017 8:38 am
by Jaco vdW
Ricusu, kontak gerus vir CF Roux op die forum vir bergskaspjag. Hy het konsessies naby Carnarvon.
Nul78 084 250drie

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk

Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Mon Aug 14, 2017 9:19 am
by ricus 1
Dankie Jaco. Ek sal hom skakel.

Re: Een keer in 'n leeftyd geleentheid...

Posted: Mon Aug 14, 2017 10:46 am
by Ashley
Mooi Ben
Daai is nou nie n elke-dag-jag nie, baie geluk man!