Kallie, Mike en Gerrie

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Kallie, Mike en Gerrie

Post by Frikkiedbr »

Kallie, Mike en Gerrie werk op 'n konstruksiewerf aan 'n wolkekrabber, en sit die oggend honderd meter bo die aarde hul toebroodjies en eet. Kallie kyk vies na sy toebroodjie. "Alweer Marmite. As ek more weer Marmite op my brood kry, spring ek net hier af." Gerrie kyk na sy broodjie. "En ek het alweer appelkooskonfyt. Elke dag dieselfde, elke dag appelkooskonfyt. En ek haat appelkooskonfyt! As ek more weer appelkooskonfyt op my brood het spring ek net hier af." Mike volg hul voorbeeld en kyk wat hy op sy broodjie het. "Alweer ham. Wel, as ek more weer ham op my toebroodjie het spring ek ook net hier af." Die volgende dag sit die drie manne weer reg om hul toebroodjies te eet. Kallie maak sy kosblik eerste oop. Dis Marmite. "Ek het julle ges? ek sal spring, so hier gaan ek." 'n Sekonde of twee later land hy met 'n slag op die grond, morsdood. Gerrie maak versigtig sy kosblik oop. Dis appelkooskonfyt. "So kan dit nie aangaan nie, ek spring ook." Twee sekondes later val hy homself te pletter op die grond. Mike bekyk sy toebroodjie. Alweer ham. Hy volg sy kollegas se voorbeeld, en dadelik l? hy dood op die grond saam met hulle. 'n Maand later ontmoet die drie weduwees mekaar vir tee. "Arme Kallie," s? sy weduwee. "As hy maar net vir my ges? het dat hy iets anders as Marmite wou h?." "En my man," snik Gerrie se weduwee. "Twintig jaar getroud, en ek weet nie eens dat hy nie van appelkooskonfyt hou nie." "O arme, arme Mike," bars Mike se weduwee in trane uit. "Hy maak altyd sy eie toebroodjies.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Kallie, Mike en Gerrie

Post by douw »

Lekker gelag oor die een.

Ou Spike in Orkney snork nie, het ook eendag vir Hendrik vertel hy is nou so moeg vir Jam op sy brood. Toe Hendrik hom vertel hy moet sy vrou vra om iets anders op te sit, s? ou Spike ewe kordaat:  "Hei, los my vrou hier uit, ek maak my eie sarmies" ;D ;D

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
Post Reply