Page 1 of 1
Luiperds gesien.
Posted: Sat Jun 17, 2017 11:06 pm
by Jake1
Hoeveel van julle het al luiperds gesien tydens jagtogte. Ek het al 3 gesien waarvan 2 in die nag was op oop lande as ons die bosvarke soek. 2 was naby loskopdam en ander een naby Arabiedam.
Re: Luiperds gesien.
Posted: Sat Jun 17, 2017 11:15 pm
by Eduard Venter
Ek het al een gesien tussen Dwaalboom en Thabazimbi op die pad en dan een net buite Bronkhorstspruit toe ons springhase gejag het (dit is mos jag)
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: Luiperds gesien.
Posted: Sun Jun 18, 2017 7:08 am
by DWB
Het al een in die riete van die Klaserie rivier raak geloop
Re: Luiperds gesien.
Posted: Sun Jun 18, 2017 7:36 am
by Swede
Berigte van fietsryers dat hulle al luiperd gesien het hier in die dorp vroeg oggend
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Luiperds gesien.
Posted: Sun Jun 18, 2017 7:41 am
by Swede
Nou nie luiperd nie, maar 'n beweerde leeu naby ons plaaslike Spar vrydag, kennisgewing gegee deur die CPF
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Luiperds gesien.
Posted: Sun Jun 18, 2017 8:02 am
by Frederik
Ek was al baie gelukkig om hele paar luiperd in die dag te sien meeste was noord van Lydenburg in die berge en ander in die Waterberge tussen Ellisras en Vaalwater. So mooi ene naby pontdrift en dan so 5 keer in die Wildtuin.
Re: Luiperds gesien.
Posted: Sun Jun 18, 2017 8:04 am
by PierrieT
Ek was die jaar baie gelukkig deur 2 luiperds te sien op 2 agtereenvolgende jagte. Die eerste was in die Zeerust omgewing en die 2de was net buite Northam. Voor dit het ek nog net 1 luiperd gesien in die Assen omgewing tussen Brits en Thabazimbi. Al my besigtinge was deur die dag gedurende jagte.
Re: Luiperds gesien.
Posted: Sun Jun 18, 2017 9:34 am
by Giepie
Nog net 'n dooie een in 'n vanghok in Dwaalboom omgewing. Die bedoeling was dat hy getranslokeer moes word, maar die werkers gooi sommer gif op die aas.
Re: Luiperds gesien.
Posted: Sun Jun 18, 2017 11:50 am
by Hennie Dreyer
Soos genoem in ander post: Luiperd het sommer langs my (Omtrent 5 meter) verbygeloop (van agter regs verby) tydens verlede Junie/Julie jag! Het in die hide gaan sit om te wag om gehaal te word en na so ruk - net voor skemer - het dit gebeur. Ek bewe nou nog. Naby Swartwater
Re: Luiperds gesien.
Posted: Sun Jun 18, 2017 12:16 pm
by Zuku
Een keer lank gelede (1990) op n plaas buite Alldays. Terwyl on terugkeer vanaf die dorp na die plaas het 'n luiperd die pad oorgetseek so 300m voor die bakkie. Die Eienaar was baie verbaas to ons dit hom vertel
Re: Luiperds gesien.
Posted: Mon Jun 19, 2017 2:13 pm
by Jake1
Ek sien die estimasies van Luiperds oor in SA wissel tussen 2390 tot 23472 aangesien die dier so geheimsinnig is.
Re: Luiperds gesien.
Posted: Mon Jun 19, 2017 2:24 pm
by Stephan86
So 'n maand gelede op een van my werks togte na Ellisras het ek vroeg die oggend 'n luiperd oor die pad sien hardloop tussen Vaalwater en Ellisras.
Re: Luiperds gesien.
Posted: Mon Jun 19, 2017 2:46 pm
by MichielC
April 2016- Op n "reserve" net buite die Klaserie, die Luiperd het oor die pad gehardloop laat middag terwyl ons oppad terug kamp toe gery het, laat middag.
Mei 2016 -Klaserie , ek het ge-jag en hom te voet gekry, dit was n jong Luiperd, vroeg oggend
Augustus 2015 -Thuli Blok Botswana, nou nie n Luiperd nie, maar wel n Jagluiperd, was besig om te voet te jag, en ek en die Jagluiperd was agter dieselfde trop rooibokke aan, uit teenoor gestelde rigtings uit. Dit was n ervaring wat ek erg baie geniet het. By verre die grootste een wat ek nog gesien het, met my beperkte verwysings raamwerk. (het darem al so paar in die wildtuin gesien)
Re: Luiperds gesien.
Posted: Mon Jun 19, 2017 5:24 pm
by Rudiejacobs
Ook maar goed dat ek nog nie een gesien het op n jagtog nie..... Eks seker ek sou myself bek@k het.
Re: Luiperds gesien.
Posted: Mon Jun 19, 2017 7:11 pm
by Frederik
In 1992 het ek naby Swartwater gejag die plaas was een plaas en een grond pad weg van die Bots grens. Ek was toe 16 en sien toe snaaks deur 'n sekelbos deur die dier was te hoog vir 'n vark en te laag vir 'n rooibok is toe ek hom die bos kom baie stadig om die dier te betrap toe sien ek net leeu spore ek is toe vinnig in die ander rigting agter uit vir 'n hele ent. Week of wat later het hulle toe 2 leeu wyfies geskiet 20km verder Suid. Op die dieselfde plaas in dieselfde jaar het ek en bruin hiena te kennis gekom toe hy uit die vlakvark gat uitborrel weer soos die leeu ek een rigting en hy die ander. Goeie ou dae gewees.
Re: Luiperds gesien.
Posted: Mon Jun 19, 2017 7:40 pm
by Jake1
Frederik dis jammer ons kon nie jou tyd vat op daai leeu ekskursie nie, ek wed jou Bolt sou nie bybly nie.
Re: Luiperds gesien.
Posted: Tue Jun 20, 2017 7:39 am
by Carl
Ek het al een gesien op die plaas in Alldays, helder oggend 9uur. Hy het heel rustig gelĂȘ en kyk na ons.
Die naweek het ons gesien 'n luiperd het op Vrydag middag se spore geloop. Die kat het tot so 20m van die rondawel geloop en uit die pad gedraai. Ek weet nie of ons toe nog skaap ribbetjie gebraai het of ons reeds gesnork het nie!!??