Page 1 of 2
Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorstelle?
Posted: Mon Jun 05, 2017 2:46 pm
by Max Rossle
Goeiedag lede
Ek het 'n Howa Model 1500 gekamer in .338 Winchester Magnum.
Die geweer skiet op 'n tiekie met 250gr Sierra Gamekings teen 2740fps...
Enigste downside is die geweer praat duidelik Afrikaans en skop die rook uit my uit (nie 'n stoot nie - 'n lekker solid jab / steek). Dit verhoed nie goeie skootplasing op bokke nie - maar sal graag met die wapen bietjie meer oor die bench wil skiet (na 30 skote is ek gaar geskop).
Ek dink al 'n ruk daaraan om 'n knaldemper aan te skaf vir die geweer - maar ek HAAT 'n lang stuk aluminium wat voor op die loop uitsteek en aan alles krap en stamp soos wat jy deur die bos mission.
Ek soek iets kort (10-15cm), kompak en effektief om ten minste 40 tot 50% van die recoil en bang weg te neem.
Hoor graag van julle oor voorstelle.
Groetnis
Max
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 2:50 pm
by QuQ
Kyk maar na Aimzonic
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 2:52 pm
by Max Rossle
QuQ wrote:Kyk maar na Aimzonic
Kort? Lengte?
Effektief op Magnum kalibers?
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 3:16 pm
by Jean Marais
'n Effektiewe magnum demper gaan nie noodwendig kort wees nie. As jy nie te ver vorentoe wil gaan met 'n "canister" tipe nie, oorweeg dan eerder die "reflex" tipe
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 3:26 pm
by BeesBreet
Hogg
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 3:36 pm
by Fanta300
Stem saam met Hogg. Lig en kompak
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 3:41 pm
by nols
Huntbuddy !!
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 4:01 pm
by Max Rossle
nols wrote:Huntbuddy !!
Het jy die Hunt Buddy op een van jou wapens? Watse kaliber en is jy tevrede met die resultate?
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 4:01 pm
by Max Rossle
Jean Marais wrote:'n Effektiewe magnum demper gaan nie noodwendig kort wees nie. As jy nie te ver vorentoe wil gaan met 'n "canister" tipe nie, oorweeg dan eerder die "reflex" tipe
Ek het 10-15cm in gedagte...
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 4:02 pm
by Max Rossle
BeesBreet wrote:Hogg
Hoe ver voor die tromp steek die silencer uit? Hoe lank is die knaldemper?
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 4:05 pm
by BeesBreet
Max Rossle wrote:BeesBreet wrote:Hogg
Hoe ver voor die tromp steek die silencer uit? Hoe lank is die knaldemper?
Dit kan jy self besluit, hy is "modular" so jy kan hom langer en korter maak. Let wel hoe korter hoe minder effektief...
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 4:49 pm
by toelie
Maxi koop en van Wikus se dempers en kry klaar, die goed is lig en werk soos n bom soos jy self weet.
Pierre
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 4:54 pm
by Max Rossle
toelie wrote:Maxi koop en van Wikus se dempers en kry klaar, die goed is lig en werk soos n bom soos jy self weet.
Pierre
Ek sal met hom chat oor lengte... ek wil nie 'n 20cm plus ekstra stuk aluminium rondswaai as ek stap nie... Jy weet hoe dit gaan - dit gooi die geweer ook lekker van balans af. Soek iets onder 20cm.
Groete maat
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 5:31 pm
by tau
Max Rossle wrote:nols wrote:Huntbuddy !!
Het jy die Hunt Buddy op een van jou wapens? Watse kaliber en is jy tevrede met die resultate?
Ek het silent hunter en Huntbuddy vir my 7mm RM. Die Huntbuddy werk bitter goed en ek skiet hom sommer van die bank af sonder te veel vashou. Gebruik hom as ek in die berge in Karasburg jag.
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 6:44 pm
by QuQ
Max Rossle wrote:QuQ wrote:Kyk maar na Aimzonic
Kort? Lengte?
Effektief op Magnum kalibers?
Ek gebruik die Triton 50 Sneezer op n 300 WSM. Uitstekend!
16cm en net 495g.
http://www.aimsport.se/en/products/aimzonic
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 8:24 pm
by nols
Hi Max ek het huntbuddy op my 375 Brno ZKK 602 ,en een op my ParkerHale TX1200 7.62mm
Ek is baie tevrede met hulle. Het eers Terminator op my 375 gesit ,maar hy is bietjie lomp
dis toe ek die Huntbuddy aanskaf, ballaans is baie beter en werk baie leker vir loop en bekruip.
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 05, 2017 8:45 pm
by 6mmMusgrave
Hi Max
Ek hoop dit gaan goed ek kan jou help met A-tec. Daar is 2 modelle wat sal werk op jou 338
Hertz 119
Gewig 356g
Skuif oor Loop 80mm
Lengte by gevoeg 119mm
Totale Lengte 199mm
Breedte 50mm
29dcb klank vermindering op 308
Prys R4200 sluit courier in
Mega Hertz
Gewig 575g
Skuif oor loop 120mm
Lengte bygevoeg 153mm
Totale lengte 273mm
Breedte 64mm
31dcb klank vermindering op 338 Lapua
Prys R6300 courier ingesluit.
Groete Jacques
Point Blank Hunting
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 26, 2017 4:14 pm
by Rem
6mm Musgrave,
Ek stem saam met jou. A-tec sal jou ligste wees.
Ek het eintlik die kans gehad om n Aimzonic triton teen A-tec 119 te toets en alhoewel die aimzonic n klein bietjie sagter was, was die hantering van die wapen met die A-tec makliker (al is die aimzonic al klaar baie lig)
Ek is huidiglik opsoek na nog n 119 hertz 1/16 skroefdraad vir my 300wsm. Kan jy my dalk help?
Dankie
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jun 26, 2017 7:33 pm
by Zuku
Hierdie is wat die slim manne sê. As jy die hele artikel wil hê pm my.
THE ADVANTAGES OF THE FULL REFLEX SUPPRESSOR
This is where the Full Reflex Suppressor, comes in to its own. Firstly, it creates the minimum of disturbance to the balance of the rifle as the majority of the suppressor is behind the muzzle of the firearm. It also only extends the overall length of the weapon by 150mm or so and weighs almost the same as the lightest of normal type suppressors. However, when it comes to barrel erosion, this is where this type of suppressor excels in minimizing this phenomenon. Due to its extra-large rear chamber which extends back over the barrel the following advantages are achieved:
A large proportion of the produced gas is turned into this rear chamber producing:
1. Vast reduction in observed recoil.
2. An opportunity for this gas to cool down due to contact with the much larger cooling
surface of the outer suppressor housing.
3. A brief break in the time between the pressurization of this gas into the rear chamber and the bullet clearing the end of the suppressor causing the largest reduction in pressure to be situated at the exit of the suppressor before the pressurized gasses begin to move towards the least resistance.
4. The turning of direction of this gas from moving towards the chamber end of the barrel, as occurs with a normal type suppressor, instead towards the exit of the suppressor due to the "basin" effect explained earlier is the most important aspect of the full reflex suppressor. This is the main cause of reduced erosion to the barrel area.
5. The much larger internal volume of this type of suppressor also allows these very hot gasses to cool significantly before they are introduced to any area of the barrel thus reducing erosion even further.
6. The significant reduction of noise below that of a similar weighted normal type suppressor due to the reduction in pressure caused by the change of direction in airflow achieved by this design is also a major benefit.
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Tue Jun 27, 2017 7:44 am
by andre007
Max kontak gerus vir Henk Slilent Hunter. Hy het n nuwe 'tipe' KD wat bietjie meer byt uithaal, hy sal jou meer kan vertel.
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Tue Jun 27, 2017 8:36 am
by Supacow
Lyk my n silencer is n silencer. As ek so na die voorstelle kyk is almal happy met wat hul het.
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Tue Jun 27, 2017 9:18 am
by Monster
EK is baie gelukkig met die HOG op my 375H&H
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Tue Jun 27, 2017 10:30 am
by Swede
andre007 wrote:Max kontak gerus vir Henk Slilent Hunter. Hy het n nuwe 'tipe' KD wat bietjie meer byt uithaal, hy sal jou meer kan vertel.
Henk sal jy asb ons meer kom vertel van hierdie nuwe KD.
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jul 17, 2017 11:50 am
by Max Rossle
Dag manne
Ek het toe 'n Silhent Hunter Hunt Buddy op die 338 Winchester Magnum gesit en dit werk soos 'n droom!
Die wapen se recoil is BAIE verminder en die ekstra gewig speel 'n groot rol daarin.
Die knaldemper verhoed nie uit die skouer uit skiet nie en ek kan gemaklik met die wapen deur die dik goed stap.
Die knal is goed gedemp vir so kort knaldemper en ek skiet nou vir die eerste keer LEKKER met my .338 Win Mag...
Dit is 'n uitstekende produk vir 'n uitstekende prys.
Groete
Max
Re: Kort ligte knaldemper vir Magnum kaliber - Enige voorste
Posted: Mon Jul 17, 2017 2:07 pm
by Swede
Max Rossle wrote:Dag manne
Ek het toe 'n Silhent Hunter Hunt Buddy op die 338 Winchester Magnum gesit en dit werk soos 'n droom!
Die wapen se recoil is BAIE verminder en die ekstra gewig speel 'n groot rol daarin.
Die knaldemper verhoed nie uit die skouer uit skiet nie en ek kan gemaklik met die wapen deur die dik goed stap.
Die knal is goed gedemp vir so kort knaldemper en ek skiet nou vir die eerste keer LEKKER met my .338 Win Mag...
Dit is 'n uitstekende produk vir 'n uitstekende prys.
Groete
Max
Soos ons nou praat word my draad gesny, sal die naweek my Hunt Buddy se baffles gaan in skiet