Page 1 of 2
Monster vark
Posted: Sat Jun 03, 2017 10:00 am
by dehacked
Vriend van my het gister die meneer geskiet.//uploads.tapatalk-cdn.com/20170603/9ec3266cdb1435d6434f1a3e9f847ff4.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/20170603/90ec8e90ed734d6a7eaa52fe85bbc321.jpg
Re: Monster vark
Posted: Sat Jun 03, 2017 10:19 am
by lalvisser2
Bitter mooi skaal daai. Hulle is akkuraat en goud werd.
Sent from my SM-A320FL using Tapatalk
Re: Monster vark
Posted: Sat Jun 03, 2017 10:23 am
by tripodmvr
Met of sonder binnegoed en kop?
Re: Monster vark
Posted: Sat Jun 03, 2017 10:34 am
by dehacked
Alles nog in en aan.
Re: Monster vark
Posted: Sat Jun 03, 2017 1:54 pm
by Flip Nel
dehacked wrote:Alles nog in en aan.
Lekker groot vark, het gister een hier geskiet wat 51kg week sonder binnegoed met kop en vel aan.
Re: Monster vark
Posted: Sat Jun 03, 2017 2:41 pm
by dehacked
Skoon karkas was toe 40kg.
Re: Monster vark
Posted: Sat Jun 03, 2017 4:50 pm
by Ashley
40kg karkas is n lekker groot vark hoor...geluk
Re: Monster vark
Posted: Sun Jun 04, 2017 1:18 pm
by James Wilson
Mooi vark. 70 kg is groot maar nog ver van n monster af. Lekker stir ek nou!!!
Daai tanne is idiaal vir kierries
Re: Monster vark
Posted: Sun Jun 04, 2017 2:27 pm
by Plaashaas
Ek het in Makopa n vark geskiet, 73kg karkas.
Re: Monster vark
Posted: Sun Jun 04, 2017 9:04 pm
by Ashley
Plaashaas wrote:Ek het in Makopa n vark geskiet, 73kg karkas.
Dis nou n "monster"

Re: Monster vark
Posted: Mon Jun 05, 2017 7:37 am
by sako 30-06
Plaashaas wrote:Ek het in Makopa n vark geskiet, 73kg karkas.
Ek hoop jy het n foto geneem?
Re: Monster vark
Posted: Mon Jun 05, 2017 7:55 am
by Plaashaas
sako 30-06 wrote:Plaashaas wrote:Ek het in Makopa n vark geskiet, 73kg karkas.
Ek hoop jy het n foto geneem?
Ongelukkig nie. Dit was in 2000 toe cell fone nie kameras gehad het nie. Wat ek wel onthou is dat hy so lank soos die bakkie se tailgate was. Snaaks genoeg was dit nog in die droigte en die boer was bly want hy se die vark moes heeldag net sy beeste se voer gevreet het. Ek het lekker aan die slaap geraak by die krip en toe ek wakker word is die vark al opad uit. Ek het hom geskiet net toe hy deur die draad gaan. My swaertjie het nog geslaap toe die skoot klap.
Re: Monster vark
Posted: Mon Jun 05, 2017 7:56 am
by Dolf014
As julle weer n groot vark skiet; weeg bietjie sy kop alleen. Jy sal verbaas wees hoe swaar is sy kop.
Re: Monster vark
Posted: Tue Jun 06, 2017 10:13 am
by Plant
Ek het so maand terug n "mielievreter" geskiet, ek sukkel net om die foto's te laai. Kop af, vel af, binnegoed uit, na n nag in die koelkamer en hy het 51 kg geweeg. Is nogal spyt ekt hom nie heel geweeg nie, maar ek was klaar stokvlou van hom op die bakkie laai!!
Re: Monster vark
Posted: Tue Jun 06, 2017 1:30 pm
by airhunter
Ken iemand die storie van hierdie vark?
Die foto is rondgestuur maar ek kry geen detail daarvan.
Re: Monster vark
Posted: Tue Jun 06, 2017 2:49 pm
by Trompie
airhunter wrote:Ken iemand die storie van hierdie vark?
Die foto is rondgestuur maar ek kry geen detail daarvan.
Ja nee het hom laas jaar gesien die rondtes doen. Massive vark!!!
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Re: Monster vark
Posted: Fri Jun 16, 2017 6:03 pm
by tripodmvr
Hier is 'n monster vark uit Australiƫ. Al 160 kg van hom.
Boar 160KG.jpg
Re: Monster vark
Posted: Fri Jun 16, 2017 6:26 pm
by Geno
Ek sien die vark vandag op Facebook. Heinrich v Heerden by This Is Africa Safaris...
FB_IMG_1497630406782.jpg
Re: Monster vark
Posted: Fri Jun 16, 2017 7:22 pm
by PierrieT
Ek het laat middag verlede Saterdag die oukie met die boog geklop. Hy het 54kg uitgeslag, daai cabanossis en cheese griller loop mooi!
Groot varke raak deesdae maar aan die skaars kant.
Re: Monster vark
Posted: Thu Jun 29, 2017 9:16 pm
by Eduard Venter
Nou nie monster varke nie, maar ons het 'n paar groot varke geskiet die laaste 2 weke. Gister sin was 37kg uitgeslag maar dit was 'n ou man wat baie maer was. Ander een 47kg (spekvet) dan nog 2 wat omtrent selfde gewig as hy was. Net om dinge uit te balanseer toe skiet ek 'n 20kg varkie. Hy was heel kruepel maar daar was niks ooglopend fout met hom nie.
Ek het ongelukkig net foto's van 2 van die varke. (jammer vir die swak gehalte fotos)
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170629/d18bee413c6b41e0747f9ad032cdfa15.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170629/bb4fcfab284d4bef4ae94118d5864dfe.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170629/8b29bb53ffcafe93d861fbacbd63fe52.jpg
Groete
Re: Monster vark
Posted: Thu Jun 29, 2017 10:23 pm
by dehacked
Lekker man lekker.
Re: Monster vark
Posted: Fri Jun 30, 2017 2:36 am
by Flip Nel
dehacked wrote:Lekker man lekker.
nou wanneer trek jy weer 'n varkie plat
Re: Monster vark
Posted: Fri Jun 30, 2017 12:04 pm
by dehacked
Nee jong ek weet nie. Seker maar volgende maand weer 'n naweek op die plaas probeer.
Re: Monster vark
Posted: Fri Jun 30, 2017 1:14 pm
by Henlo
airhunter wrote:Ken iemand die storie van hierdie vark?
Die foto is rondgestuur maar ek kry geen detail daarvan.
Ek het daardie vark geskiet op pongola game reserve toe ek nog daar gewerk het in 2014 of 2015 kan nie presies onthou nie, ekt hom geskiet vir vleis vir die baas, die ou op die foto is steve wiggel wat nou die ashbags maak en verkoop hy het saam my daar gewerk vir n ruk. Ek het hom met die plaas se 308 brno geskiet met pmp fmj patrone, kopskoot op so 70m. Ek het nog n paar fotos op my computer sal dit bietjie soek en opsit
Re: Monster vark
Posted: Fri Jun 30, 2017 3:19 pm
by Trompie
Henlo wrote:airhunter wrote:Ken iemand die storie van hierdie vark?
Die foto is rondgestuur maar ek kry geen detail daarvan.
Ek het daardie vark geskiet op pongola game reserve toe ek nog daar gewerk het in 2014 of 2015 kan nie presies onthou nie, ekt hom geskiet vir vleis vir die baas, die ou op die foto is steve wiggel wat nou die ashbags maak en verkoop hy het saam my daar gewerk vir n ruk. Ek het hom met die plaas se 308 brno geskiet met pmp fmj patrone, kopskoot op so 70m. Ek het nog n paar fotos op my computer sal dit bietjie soek en opsit
Wat het hy geweeg?
Sent from my SM-G925F using Tapatalk